Skip to main content

Datumvolgorde van die NT boeke

Codex Sinaiticus: Matteus 6:4-32

Ek het ‘n navraag gekry oor die kronologie van die NT boeke en briewe.  Hier is ‘n kort bydrae daaroor.

Die NT is nie kronologies geskrywe nie en ook nie kronologies geplaas in ons Bybel nie. Die vier evangelies en Handelinge word altyd eerste geplaas, omdat die evangelies die bron van die hele boodskap van Christus is, en die res van die NT die skrywes van die apostels is wat daarop gebaseer is. Daarom word die dertien briewe van Paulus ná die evangelies en die Handelinge van langer na korter geplaas, en dan die res van die briewe van die ander apostels sowel as die Openbaring van die apostel Johannes.

Die NT is dus in sy samestelling duidelik die boodskap van Christus soos dit in die evangelie van Jesus Christus self (evangelies en Handelinge) en die boodskap van die apostels (briewe en die Openbaring) na vore kom.

Ons het wel ‘n idee van die volgorde waarin Paulus se briewe geskryf is, maar dit is gebaseer op ’n hele reeks afleidings, omdat daar geen datums in die briewe self voorkom nie.  Dit is egter wel redelik waarskynlik dat hy die eerste NT boeke geskrywe het, omdat bv. Petrus na van sy briewe verwys.

Die moontlike volgorde van Paulus se briewe is soos volg:

  • 1 en 2 Tessalonisense – ongeveer 50-52 n.C. op Paulus se tweede sendingreis uit Korinte.
  • Galasiërs – ook ongeveer 50-52 n.C. (op grond van Handelinge 13 se vertelling van die gelowiges in dié gebied wat tot bekering gekom het – Suid-Galasië teorie) op Paulus se tweede sendingreis uit Korinte (dit kan ook die eerste brief wees, geskryf uit Antiogië in 49 n.C., indien dit die “sinodale vergadering” in Jerusalem voorafgegaan het soos Frank Viola in The Untold Story of the New Testament Church argumenteer – baie leesbare boek!).
  • 1 en 2 Korintiërs – ongeveer 54-57 n.C. uit Efese op Paulus se derde sendingreis.
  • Romeine – ongeveer 57 n.C. uit Korinte op Paulus se derde sendingreis.
  • Filippense, Filemon, Kolossense en Efesiërs – die vroeë 60er jare n.C. uit Rome.
  • 1 en 2 Timoteus en Titus – die middel 60er jare n.C. uit Rome, indien aanvaar word dat Paulus eers vrygelaat is en later in die sestigerjare tereggestel is.

Petrus se twee briewe sowel as die brief van Judas is waarskynlik in die vroeë 60er jare n.C. uit Rome geskrywe.

Markus se evangelie word waarskynlik eers hierna geskrywe in die middel 60er jare n.C begrond op die herinneringe van Petrus.  Dit is ook die eerste evangelie omdat daar so kwistig in Matteus en Lukas uit aangehaal word.

Matteus en Lukas sowel as Handelinge word in die laat 60er jare n.C. gedateer vóór die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C.  Daar is ook ander teorieë daaroor.

Dan volg die ander evangelie van Johannes waarskynlik in die 70er jare n.C. – hoewel daar sommige geleerdes is wat dit vroeër dateer – sowel as die briewe van Johannes, Jakobus (dit kan reeds in die vroeë 50er jare geskryf gewees het as ‘n mens dit as ‘n reaksie op ‘n verkeerde verstaan van Paulus se boodskap verstaan) en die boodskap van Hebreërs.

Heel laaste is die Openbaring van Johannes, waarskynlik in die vroeë 90er jare n.C., geskrywe vanuit Patmos naby Efese, hoewel daar weereens geleerdes is wat dit vroeër dateer.

Al dié datums is natuurlik by benadering en onderhewig aan korreksie, omdat die datums nie in die briewe of boeke self aangebring word nie.  Ons moet deurgaans afleidings gebruik om by ons moontlike datums uit te kom.  Maar dit gee jou ‘n idee van hoe die NT min of meer geskrywe is.

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms