Lees, Luister, Leef
Vandag wil ek iets sê oor ons lees van die Bybel in hierdie Bybelskool en jou daarna net herinner aan ‘n verskeidenheid ander maniere om die Bybel te lees. In die volgende paar weke kan jy enigeen van dié metodes gebruik (of afwissel) om die betekenis van die teks vir daardie dag te ontsluit.
My passie is om die Woord só oop te sluit vir ons dat ons – in die woorde van Eugene Peterson – daarvan ‘n woonplek maak. My droom is dat die Bybel vir ons ‘n ruimte word waarbinne ons God sal ontmoet en waardeur Hy ‘n lewende metgesel op ons reis deur die wêreld raak.
Daarom is dit so belangrik om 1) die Bybel self eers te lees … voordat jy my bydraes daaroor lees … EN 2) daaroor te reflekteer. Geestelike groei kom as ‘n mens albei doen, deeglik lees EN deeglik nadink daaroor. Eers daarna kan jy lees wat ek daaroor skrywe, en met my ook in gesprek tree daaroor, ook jou vrae vra, en met ons almal deel wat die Here vir jou in die gedeelte laat duidelik word het.
‘n Nuwe manier wat ek wil voorstel – veral as jy, soos nou, ‘n hoofstuk op ‘n slag lees – is die volgende:
- LEES – Lees die gedeelte deeglik deur, desnoods 2 of 3 keer.
- Bestudeer die karakters – Maak ‘n lys van die persone of groep in die gedeelte en dink na oor wat van hulle gesê word en hoekom.
- Oorweeg die sleutelgedagte – Kies ‘n vers of frase wat die hoofstuk vir jou die beste opsom.
- Maak ‘n opsomming – Skryf ‘n kort opsomming van die inhoud met die klem op wat jou getref het. Dit help ook om ‘n opskrif vir die gedeelte te kies.
- LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die gedeelte wil sê.
- LEEF – Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag.
Hier is nog ander metodes wat jy by jou eie behoeftes kan aanpas.
View all posts in this series
- Aan die Galasiërs - Oct 7, 2010
- Die hart van die Christelike geloof - Oct 8, 2010
- Vryspraak, verbondsgemeenskap en vryheid - Oct 11, 2010
- Lees, Luister, Leef - Oct 12, 2010
- Paulus en sy briewe - Oct 13, 2010
- Leesplan
- Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef - Oct 14, 2010
- Galasiërs 3:1-4:20 – VRYSPRAAK: dié wat glo, is kinders van Abraham - Oct 15, 2010
- Galasiërs 4:21-5:12 – VERBONDSGEMEENSKAP: geloof wat deur dade tot liefde oorgaan - Oct 18, 2010
- Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges - Oct 19, 2010
- Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid - Oct 21, 2010
- Thabiti Anyabwile | Gospel Freedom, Gospel Fruit | Galatians 5 - Apr 18, 2017
Bybelstudie, Bybelstudie metodes, Galasiërs