Skip to main content

Tag: Wie is God?

Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14

13Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. 14God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad. (Pred 12:13-14)

1. Die Prediker som sy hele betoog oor die lewe op met hierdie waarheid. Dit is waar die geestelike lewe begin. By die dien van die Here soos Hy Homself aan ons in die Skrif openbaar. Dink na oor die waarde wat die Skrif vir jou het.

2. As God nou van jou rekenskap sou vra, hoe sou jy vaar?

3. Lees die gedeelte later vandag weer om jou gehoorsaamheid aan die Skrif te bevestig.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Prediker 12 sowel as my bydrae daaroor: Prediker 12:9-14 – Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder.

Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128

121Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie. 122Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie. 123My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid. 124Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge. 125Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken. 126Dit is tyd vir die Hereom te handel: hulle het u wet verbreek. 127Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. 128Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek. (Ps 119:121-128)

1. Hoe belangrik is dit om die wet en die waarheid daarvan na te volg ten spyte van teenstand en leuens?

2. Dink aan mense wat hulle lewe daaraan gewy het. Dank die Here vir hulle. Verbind jou daaraan om die Here in alles te gehoorsaam.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan jou belofte van gehoorsaamheid ten spyte van.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 119 sowel as my bydrae daaroor: Die hele Psalm 119 en Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid.

Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80

73U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer. 74Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek. 75Ek weet, Here, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het. 76Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg. 77Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging. 78Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het;maarék oordink u bevele. 79Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken. 80Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie. (Ps 119:73-80)

1. Die Here het ons nie net gemaak nie, maar inspireer ons om sy gebooie te kan leer en daaruit te leef. Oordink die blywende betekenis van die wet vir jou lewe.

2. Loof die Here vir die wonder van die boodskap van die hele Skrif wat die blywende basis bly vir ons lewe in en vir God.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die Skrif.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 119 en my bydrae daaroor: Die hele Psalm 119 en Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee.

Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56

18Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar. (Ps 119:18)

49Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het. 50Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak. 51Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie. 52Ek het gedink, o Here, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos. 53Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat. 54U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap. 55Here, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou. 56Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.” (Ps 119:49-56)

1. Die wet is een van die kragtigste werkinge van God in die lewe. Wat staan vir jou uit van die beskrywing van die wet in Psalm 119? Wat leer jy daaruit?

2. Die doel van die lees van die Bybel is dat God se wet ons deel word. Loof die Here dat sy Gees die wet in ons harte skrywe.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat die Tien Gebooie jou aan God se krag blootstel.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Psalm 119 en my bydraes daaroor: Die hele Psalm 119 en Psalm 119:49-56 – ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg.

Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies

1. Jesus se ouers kom die wet na met sy geboorte en grootword

“En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel, soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;      en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: ’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe … toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet … En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret.” (Luk 2:22-39)

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…