Skip to main content

Tag: Wie is God?

Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?

1. Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? Het jou gedagtes deur die jare verander daaroor? Waarom? Waarom nie?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

  1. Jy mag nie nog ander gode buiten God aanbid nie.

  2. Jy mag nie vir jouself afgode maak en hulle aanbid nie.

  3. Jy mag nie die Naam van God sonder respek gebruik nie.

  4. Jy moet die rusdag vir God vier.

  5. Behandel jou ouers met respek.

  6. Moenie mense doodmaak nie.

  7. Moenie egbreuk pleeg nie.

  8. Moenie iets steel nie.

  9. Moenie valse verklarings aflê nie.

  10. Moenie afgunstig raak nie.

3. Hoe verryk hierdie antwoord jou gedagtes oor die Tien Gebooie?

4. Lees die wet Eksodus 19:1-6; 20:1-17. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

God het die Israeliete uit Egipte gered. Hulle het by die Sinaiberg kamp opgeslaan. God het vir Moses gesê dat Hy hulle as’t ware op die vlerke van ’n arend opgelig het en hier na Hom toe gedra het. As hulle regtig gehoorsaam is aan God en vashou aan sy verbond met hulle, sal hulle sy persoonlike volk wees tussen al die nasies van die wêreld. Die hele wêreld behoort aan Hom, maar hulle sal in besonder die nasie wees wat aan God toegewy is. God het toe vir Moses die Tien Gebooie gegee sodat hulle Hom kan gehoorsaam.

6. Watter dele van die Tien Gebooie spreek jou aan. Hoe kan dit jou maatstaf word vir wat jy glo, dink en doen?

Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12

Ek hou van tegnologie. Innoverende maniere van dinge doen.

Die nuwe sagteware vir Apple se iPhones het ‘n wonderlike app: Measure. Jy kan dit gebruik as ‘n waterpas. Dit is ongelooflik. Jy sit dit bv neer op ‘n tafel. Dan sien jy die tafel is gelyk, of ‘n graad of twee uit. Wat egter nog meer verstommend is. Jy kan dit gebruik as ‘n maatband. Jy kan die afstand tussen enige twee punte meet. Jy klik net met jou kamera op die twee punte en siedaar, die afstand word vir jou gegee. Of jy kan die mate van ‘n oppervlak bereken. Eenvoudige maalsom van die lengtes van die sye. ‘n Toonbank of ‘n kamer se oppervlak.

Maar, as jy nou regtig akkuraat wil meet, sal jy iets beter moet kry. Die iPhone meet in cm. As jy ‘n ruit by jou huis wil vervang, het jy ‘n maatband nodig wat darem in mm kan meet. En as jy regtig akkuraat wil wees met iets soos bv die frekwensies van lig, dan sal die iPhone nie werk nie. Dan het jy ‘n spektrometer nodig.

Die iPhone werk dus tot op ‘n punt. Maar, as jy nou regtig akkuraat wil wees, het jy iets anders nodig. En die iPhone werk net met afstande. Dit kan nie hoeveelhede meet nie. Dit kan nie volumes meet nie. Dit kan nie as maatstok in die mikrowêreld van die biologie gebruik word nie. Ook nie in die makrowêreld van die heelal nie.

Die iPhone is ook heeltemal nutteloos om as maatstaf vir ons lewe te dien.

Waarmee meet jy die lewe? Watter maatstaf gebruik jy om ons idees van die lewe, en ons gedrag in die lewe, te meet? Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink en doen?

Continue reading

Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die lees van die Bybel? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 7

Artikel 7

DIE VOLKOMENHEID VAN DIE HEILIGE SKRIF

Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie – ja, al was dit ook ‘n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal. 1:8). En aangesien dit verbode is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deut. 12:32), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is. Ons mag ook geen geskrifte van mense, hoe heilig die mense ook al was, met die Goddelike Skrif gelykstel nie; ook mag ons nie die gewoonte of die groot getalle of oudheid of opvolging van tye of van persone of kerkvergaderings, verordeninge of besluite met dié waarheid van God gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Ps. 62:10). Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê:  …maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is’ (1 Joh. 4: 1), en: ‘As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie…’ (2 Joh. :10).

2 Tim. 3:17; 1 Pet. 1:11-12; Spr. 30:6; Gal. 3:15; Op. 22:18; 1 Tim. 1:3; Gal. 1:8-11; 1 Kor. 15:2; Hand. 26:22; Rom. 15:4; Hand. 18:28-29; 1 Pet. 4; Luk. 11:13; 2 Tim. 3:24; 2. Tim. 1:13; Kol. 2:8; Hand. 4:19; Joh. 3:13; 2 Pet. 2:16; Joh. 15:15; 1 Joh. 1:5; Hand. 20:27; 2 Joh. 1; Joh. 4:25; Deut. 12:32; Heb. 8:9; Matt. 15:3; 17:5; Mark. 7:7; Jes. 1:12; Hand. 1:21; Rom. 3:4; Jes. 8:20; 2 Tim. 4:(3); 1 Kor. 1:13; 2:4; 3:11; 1 Pet. 5:12; 2 Tess. 2:2; Ps. 12:7; 19:8-9, 12; Deut. 4:6; 6:9,. Ef. 4:5; Joh. 5; Kol. 1:16, 18; 1 Kor. 8:6.

Westminster Geloofsbelydenis 1.6-7

6. The whole purpose of God about everything pertaining to his own glory and to man’s salvation, faith, and life is either explicitly stated in the Bible or may be deduced as inevitably and logically following from it.11Nothing is at any time to be added to the Bible, either from new revelations of the Spirit or from traditions of men.12Nevertheless we do recognize that the inward illumination of the Spirit of God is necessary for a saving understanding of the things which are revealed in the word.13We also recognize that some provisions for the worship of God and the government of the church are similar to secular activities and organizations; these are to be directed according to our natural understanding and our Christian discretion and should conform to the general rules of the word, which are always to be observed.14

11. Mk 7.5-7.

12. 2 Tm 3.15-17, Gal 1.8-9, 2 Thes 2.2. This statement is an inference from the sufficiency of the Scriptures.

13. Jn 6.45, 1 Cor 2.9-10, 12.

14. 1 Cor 11.13-14, 14.26,40.

7. The meanings of all the passages in the Bible are not equally obvious, nor is any individual passage equally clear to everyone.15However, everything which we have to know, believe, and observe in order to be saved is so clearly presented and revealed somewhere in the Bible that the uneducated as well as the educated can sufficiently understand it by the proper use of the ordinary means of grace.16

15. 2 Pt 3.16, Jn 6.60, 16.17.

16. Ps 119.105, 130, Acts 17.11-12.

Westminster Korter Kategismus 90

90. How is the Word to be read and heard, that it may become effectual to salvation?

That the Word may become effectual to salvation, we must attend thereunto with diligence, preparation, and prayer;treceive it with faith and love, lay it up in our hearts, and practice it in our lives.u

t. Deut. 6:16ff; Ps. 119:18; 1 Pet. 2:1–2.

u. Ps. 119:11; 2 Thess. 2:10; Heb. 4:2. James 1:22-25

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die inhoud van hierdie geloofsbelydenisse jou gee.

Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17

Bly getrou aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. Jy ken die Heilige Skrif van kindsbeen af en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen. (NLV)

1. Dit is waar die Christelike lewe begin. By die Heilige Skrif. By gelowige ouers en leraars wat jou van kindsbeen aan die Skrif blootstel. Onderstreep en oordink die waarde wat die Skrif vir jou het, soos Paulus dit hier vir Timoteus verduidelik.

2. Loof die Here vir getroue diensknegte van die Here wat jou bevestig het in die Skrif. Verbind jou opnuut aan getrouheid aan die Skrif.

3. Lees die gedeelte later vandag weer om jou getrouheid aan die Skrif te bevestig.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 2 Timoteus 3 sowel as my bydrae daaroor: 2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord.

Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35

Filippus het nadergedraf en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra hom toe: “Verstaan u wat u lees?” Die Etiopiër het geantwoord: “Hoe kan ek as niemand dit vir my verduidelik nie?” Hy het Filippus toe mooi gevra om op te klim en by hom te kom sit. Filippus het toe by hierdie Skrifgedeelte begin en die evangelie oor Jesus aan hom vertel. (NLV)

1. Hoe belangrik is dit dat iemand die Bybel vir ons verduidelik?

2. Dink aan mense wat die Bybel vir jou al verduidelik het. Dank die Here vir hulle. Dink aan mense vir wie jy die Bybel kan verduidelik. Bid vir wysheid en geleenthede om dit te doen.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die krag van die Woord.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Handelinge 8 sowel as my bydrae daaroor:  Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte.

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…