Skip to main content

Tag: Wie is God?

Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie?

1. Wat beveel God in die eerste drie gebooie (Eks 20:3-7) Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Ek moet God met my hele hart liefhê. Ek moet God reg aanbid. Ek moet God se Naam respekteer.Ek moet Hom alleen as die enigste ware en lewende God leer ken, eer en vertrou. Ek mag geen afgod in God se plek duld nie. Ek mag nie sy Naam laster of misbruik nie, maar net met ontsag en eerbied gebruik.

3. Die eerste drie gebooie van die wet fokus op ons liefde vir God. Verbeel jou ‘n wêreld waar alle mense God liefhet, reg aanbid en sy Naam respekteer. Hoe sal dit anders wees as nou? Hoe sal dit ‘n werklikheid word?

4. Lees die verhaal van die agtjarige koning Josia se ontdekking van die wet in 2 Kronieke 34. Wat tref jou van sy reaksie en van die ander mense rondom hom?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Koning Josia was net agt jaar oud toe hy die Here lief gekry het. Hy het die wetboek van Moses in die tempel gekry en begin lees. Hy het besef niemand van hulle doen soos wat daarin geskrywe is nie. Die profetes Gulda het hom gehelp om nie net spyt te wees daaroor nie. Hy het begin doen wat die Here vra. Hy het onderneem dat almal God se opdragte, eise en voorskrifte met hulle hele hart sal gehoorsaam. Gedurende die res van sy lewe het niemand af gewyk van die gebooie van die Here die God van hulle voorouers nie.

6. Verbeel jou dat jy koning Josia is. Maar, in jou eie konteks en situasie. Hoe sou jy te werk gaan om die liefde vir God, die regte aanbidding en respek vir sy Naam te bevorder? Wat verhinder jou om dit inderdaad te begin doen? Waarmee sal jy begin? Hoe kan julle mekaar as geloofsgemeenskap ondersteun?

Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40

Die musiek van Beethoven

Wie ken die musiek wat met hierdie vier note begin: ta, ta, ta, DA? Ja, Beethoven se Vyfde Simfonie (1804-1808). Wêreldbekend. Interessant, Beethoven was al doof toe hy dit gekombineer het. Hy kon die note net in sy kop hoor. So lyk die musiek van die eerste blad:

Hierdie Vyfde Simfonie word uitgevoer deur groot simfonie orkeste. Dit word deur bands uitgevoer. Dit is verwerk vir klavier. Selfs vir ghitaar – gaan luister na Kelly Valleau se uitvoering daarvan. Tegnies uitdagend. Pragtig.

En sommige uitvoerings van die musiek is meesleurend mooi. Ander weergawes is nie so musikaal nie. Veral nie die elektroniese midi weergawes nie wat half dowwerig en blikkerig klink. En ‘n groot simfonie orkes het net ‘n groter klank as ‘n enkel ghitaar, selfs al is die ghitaar ook hoe goed.

Maar, die musiek is altyd herkenbaar. Hoekom? Want daar is bladmusiek. Die note is heilig. Onaantasbaar. Dit kan nie verander word nie. Ta, ta, ta, DA.

Jy kan wel die musiek op baie maniere interpreteer, mooi of minder mooi. Maar as jy van die bladmusiek afwyk, speel jy nie meer Beethoven se musiek nie. Is dit nie meer die Vyfde Simfonie nie. Jy kan nie ‘n noot weglaat óf ‘n noot bysit van Beethoven se vyfde nie. Nooit nie. Jy sal altyd uitgevang word.

Die teks van die Bybel

Dit is nie anders met die Bybel nie, al is daar baie wat dit probeer doen. Jy mag en kan jou eie interpretasie gee van hoe ‘n gedeelte jou raak, wat dit vir jou beteken, hoe dit ander raak, en wat dit vir ander kan beteken. Jy moet dit in die konteks wat dit geskryf is, uitlê, wat natuurlik tot beter of slegter interpretasie kan lei. Die konteks kan jou ‘n gedeelte beter laat verstaan, of ‘n gebrek daaraan weer slegter. Jy kan dit meesleurend vertel of aframmel.

Maar, die oomblik as jy die teks verander, is jy nie meer met die Bybel besig nie. Is jy met jou eie Bybel besig.

Wat ons versigtig moet maak vir mense wat vir jou sê, maar ‘n sekere verstaan van die teks is net jou eie interpretasie. Wat sê, ek maak my eie interpretasie van die Bybel. En as dit verskil van jou interpretasie, moet jy maar verlief neem daarmee.

Trouens, baie keer word jou interpretasie van die teks, veral waar jy by die teks wil hou, in die proses verdag gemaak, en talle keer nog jyself ook. Die boodskapper word saam met die boodskap aangeval.

Daarop sal ‘n mens moet antwoord, ja, dit is reg so, jy mag jou eie interpretasie van die teks voorstel … maar, die oomblik as dit duidelik word dat jy aan die teks verander, of dele van die teks weglaat, of dele daarby voeg, dan is jy nie meer met interpretasie besig nie, maar met ‘n ander teks.

Beethoven se Vyfde Simfonie begin met vier note, nie vyf of drie nie. Só ook die Bybel, by wyse van spreke. Daar is 66 boeke. Die kanon is afgesluit. Ons kan nie meer daartoe byvoeg nie. Ons kan ook nie dele van die Bybel weglaat nie. En dit geld die hele Bybel.

Die verskil tussen Jesus en die Fariseërs en wetgeleerdes

Dit is belangrik om hierdie vertrekpunt in die lees van die Bybel te beklemtoon, want dit was die hart van die verskil tussen Jesus en die Fariseërs en skrifgeleerdes.

Jesus het met die teks van die Bybel gewerk. Die Fariseërs en skrifgeleerdes met hulle eie interpretasie van die Bybel.

Continue reading

Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis

1. Lees die aanhalings uit die Westminster Geloofsbelydenis hieronder. Wat leer jy van wat God van ons verwag in die wet? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Chapter 19

The Law of God

1. God gave Adam a law as a covenant of works. He required Adam and all his descendants to obey this law, individually, completely, perpetually, and in precise accordance with its provisions. God promised life for keeping it and threatened death for disobeying it, and he gave man the power and ability to keep it.1

1. Gn 1.26-27, 2.17, Rom 2.14-15, 10.5, 5.12,19, Gal 3.10,12, Eccl 7.29, Jb 28.28, Eph 4.24.

2. After the fall this law continued to be a perfect rule of righteousness and was given, as such, by God on Mount Sinai in the Ten Commandments, written on two tablets.2The first four commandments establish our obligations to God and the remaining six our obligations to human beings.3

2. Jas 1.25, 2.8,10-12, Rom 13.8-9, Dt 5.32, 10.4, Ex 34.1, Rom 3.19, Gal 3.12, Hos 6.7, Gn 2.16-17; compare Rom 5.12-14, 1 Cor 15.22, Lk 10.25-28, and the covenants made with Noah and Abraham; Gn 1.26, Dt 30.19, Jn 7.17, Rv 22.17, Jas 1.14.

3. Mt 22.37-40, Ex 20.3-18.

3. In addition to this law, ordinarily called the moral law, it pleased God to give the people of Israel, as a pre-Christian assembly of believers, ceremonial laws, containing many typical ordinances. Some of these ordinances pertain to worship and foreshadow Christ, his grace, actions, suffering, and the benefits to be had from believing in him.4The rest of these ordinances contain various instructions about moral duties.5All of these ceremonial laws are now nullified under the New Testament.6

4. Heb 9, 10.1, Gal 4.1-3, Col 2.17.

5. 1 Cor 5.7, 2 Cor 6.17, Jude 23; see Lv 5.1-6, 6.1-7, and similar passages, Ex 12.14.

6. Col 2.14,16-17, Dn 9.27, Eph 2.15-16, Mk 7.18-19, Gal 2.4.

4. God also gave the Israelites, as a political body, various judicial laws. These expired with the state of Israel and make no further obligation on God’s people than seems appropriate in contemporary legal codes.7

7. Ex 21, 22.1-29, Gn 49.10, 1 Pt 2.13-14, Mt 5.17,38-39, 1 Cor 9.8-10.

5. The moral law, however, does pertain to everyone, saved and unsaved, forever, not just with respect to its content but also in relationship to the authority of God, the Creator, who gave it.8In the gospel Christ does not in any way remove this obligation, but rather strengthens it.9

8. Rom 13.8-10, Eph 6.2, 1 Jn 2.3-4,7-8, Rom 3.31, 6.15, Jas 2.8,10-11, Rom 3.19.

9. Mt 5.17-19, Jas 2.8, Rom 3.31.

6. Although true believers are not justified or condemned by the law as a covenant of works,10the law is nevertheless very useful to them and to others. As a rule of life, it informs them of God’s will and of their obligation to obey it.11It also reveals to them the sinful pollution of their nature, hearts, and lives,12so that, examining themselves from its point of view, they may become more convinced of the presence of sin in them, more humiliated on account of that sin, and hate sin the more.13Thus they gain a better awareness of their need for Christ and for the perfection of his obedience.14The prohibitions against sin15in the law are also useful in restraining believers from pursuing the desires of their old nature, and the punishments for disobedience in the law show them what their sins deserve and what afflictions they may expect for them in this life, even though they have been freed from the curse threatened in the law.16The promises of the law similarly show them that God approves obedience and that blessings may be expected for obedience,17although not as their due from the law as a covenant of works.18The fact that the law encourages doing good and discourages doing evil does not mean that a person who does good and refrains from evil is under the law and not under grace.19

10. Rom 6.14, Gal 2.16, 3.13, 4.4-5, Acts 13.39, Rom 8.1.

11. Rom 7.12,22,25, Ps 119.4-6, 1 Cor 7.19, Gal 5.14,16,18-23.

12. Rom 7.7, 3.20.

13. Jas 1.23-25, Rom 7.9,14,24.

14. Gal 3.24, Rom 7.24-25, 8.3-4.

15. Jas 2.11, Ps 119.101,104,128.

16. Ezr 9.13-14, Ps 89.30-34.

17. Lv 26.1-14, 2 Cor 6.16, Eph 6.2-3, Ps 37.11, Mt 5.5, Ps 19.11.

18. Gal 2.16, Lk 17.10.

19. Rom 6.12,14, 1 Pt 3.8-12, Ps 34.12-16, Heb 12.28-29.

7. None of these uses of the law is contrary to the grace of the gospel. They rather beautifully comply with it,20because the Spirit of Christ subdues and enables the will of man to do voluntarily and cheerfully what the will of God, revealed in the law, requires to be done.21

20. Gal 3.21, Ti 2.11-14;

21. Ez 36.27, Heb 8.10, Jer 31.33, Gal 3.13.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenis jou gee oor wat God van jou in sy wet verwag.

Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus hieronder. Wat leer jy van wat God van ons verwag in die wet? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Vraag 3: Waaruit ken jy jou ellende?

Antwoord: Uit die wet van God (a).

(a) Rom 3:20.

Vraag 4: Wat eis die wet van God van ons?

Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete (a).

(a) Deut 6:5; Lev 19:18; Mark 12:30; Luk 10:27

Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here?

Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis uitgelei het.

Die eerste gebod

Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

Die tweede gebod

Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder die aarde is of van wat in die water onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en nie dien nie, want Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God, wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en die vierde geslag van die wat My haat. En Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.

Die derde gebod

Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

Die vierde gebod

Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, maar die sewende dag is die sabbat van die Here, dan mag jy geen werk doen nie – jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het Hy die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Die vyfde gebod

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Die sesde gebod

Jy mag nie doodslaan nie.

Die sewende gebod

Jy mag nie egbreek nie.

Die agste gebod

Jy mag nie steel nie.

Die negende gebod

Jy mag geen vals getuienis teen jou naaste spreek nie.

Die tiende gebod

Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg, of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

93 Vraag: Hoe word hierdie gebooie ingedeel?

Antwoord: In twee tafels (a), waarvan die eerste in vier gebooie ons leer hoe ons ons teenoor God moet gedra, die tweede in ses gebooie, wat ons aan ons naaste verskuldig is (b).

(a) Deut 4:13; Eks 34:28; Deut 10:3, 4. (b) Matt 22:37, 40.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenis jou gee oor wat God van jou in sy wet verwag.

Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11

Ons weet dat die wet goed is as ’n mens dit gebruik soos God dit bedoel het en besef die wet is nie soseer gemaak vir mense wat reg optree nie, maar eerder vir mense wat ongehoorsaam en opstandig is, wat teen God is en sondig, wat niks as heilig beskou nie en dit wat heilig is, besoedel; wat hulle vader of moeder of ander mense doodmaak. Die wet is vir mense wat seksueel immoreel is, vir seksuele perverte, vir slawehandelaars, vir leuenaars, eedbrekers en vir hulle wat enigiets anders doen wat die gesonde leer weerspreek – dié leer wat ooreenstem met die heerlike Goeie Nuus wat aan my toevertrou is deur ons goeie God. (NLV)

1. Dink na oor die gerigtheid van die wet asook oor die ooreenstemming met die Goeie Nuus van die evangelie. Wat leer jy uit hierdie gedeelte daaroor?

2. Dink na oor die sondes wat hier genoem word as dinge wat deur die wet sowel as die evangelie verbied word. Verbind jou daaraan om die Here in alles te gehoorsaam, ook om dié dinge te vermy.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die heilige lewe wat God van ons vra.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Timoteus 1 sowel as my bydrae daaroor:  1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer.

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…