Toe sê Jesus vir hulle: “O, hoe sonder begrip en traag van hart is julle om alles wat die profete gesê het, te glo! Moes die Messias nie hierdie dinge ly om sy heerlikheid in te gaan nie?” Hierna het Jesus begin om vanaf Moses en al die profete al die Skrifgedeeltes wat oor Hom handel, vir hulle te interpreteer. (NLV)
1. Jesus verduidelik die Skrif deur alles in die wet en die profete – die OT – met betrekking tot sy bediening te interpreteer vir die Emmausgangers. Oordink die blywende betekenis van die OT vir jou lewe. Watter gedeeltes in die OT laat jou vir Jesus beter verstaan?
2. Loof die Here vir die wonder van die OT se boodskap wat die blywende basis bly vir God se Woord aan ons.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die OT.
Dis my begeerte om u wil te doen, my God, want u voorskrifte is in my hart. (NLV)
Die mense het die skrywer Esra gevra om die wetboek van Moses waarin die bevele van die Here vir Israel was, te bring. Op die plein voor die Waterpoort het hy daaruit voorgelees vir almal wat kon verstaan. Hy het van vroeg die môre af tot die middag toe daaruit vir hulle voorgelees. Almal het baie aandagtig na die wetboek geluister. Die Leviete het die gebooie uitgelê aan die mense wat daar gestaan het. Hulle het uit God se wetboek voorgelees en mooi verduidelik wat dit beteken. Hulle het seker gemaak die mense verstaan wat gelees is. (NLV)
1. Dawid leer ons dat ons die Bybel moet lees met die vaste begeerte om te doen wat daarin staan. Wat staan vir jou uit van die beskrywing van die Jode se lees van die Bybel? Wat leer jy daaruit?
2. Die doel van die lees van die Bybel is dat God se voorskrifte in ons hart kom lê. Loof die Here dat sy Gees ons harte deur die Bybel verander.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om die Bybel te lees vir hartsverandering.
1. Hoe lees jy die Bybel? Wanneer? Waar? Hoeveel op ‘n slag? Volgens watter metode? Watter vertalings gebruik jy? Watter verklarings gebruik jy? Hoe reageer jy op die Bybel? Watter gesag dra dit in jou lewe?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Ek lees die Bybel as maatstaf vir wat ek glo, dink en doen. Dit bevat die volmaakte wil van God. Die Bybel is noodsaaklik en genoegsaam, betroubaar en duidelik. Die Bybel bevestig en begelei my om in alles volgens die wil van God tot sy eer en my saligheid te lewe.
3. Hoe verryk hierdie antwoord jou gedagtes oor die lees van die Bybel?
4. Lees die verhaal van hoe Esra-hulle die Bybel gelees het in Nehemia 8:1-12. Wat tref jou?
5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.
God het die Jode gestraf deur hulle 70 jaar na Babel weg te voer weens hulle sonde. Met hulle terugkoms het hulle Esra gevra om die wetboek van Moses te bring. Hy het daaruit voorgelees vir almal wat kon verstaan. Almal het baie aandagtig na die wetboek geluister. Die Leviete het die gebooie uitgelê en mooi verduidelik wat dit beteken. Hulle het seker gemaak die mense verstaan goed wat voorgelees is. Dit het die Jode baie bly gemaak. Die Bybel was weer hulle maatstaf vir wat hulle glo, dink en doen, die volmaakte wil van God.
6. Watter dele van die Bybel het jy nou nodig om te lees, sodat die Bybel in alles jou maatstaf kan word vir wat jy glo, dink en doen?
Hamer en beitel – simbool van die skryfwerk op die tafels van die wet.
Die pad met God kan net op een manier bewandel word, en dit is deur ‘n absolute gehoorsaamheid aan sy wil vir die lewe. Hierdie wil word uitgespel in die gawe en onderrig van die Tora. Dit is waarom ‘n mens nooit die wet kan lig skat of ignoreer nie.
Die Tora was die lig op die pad, die lamp vir die voet, die sleutel na die konstante teenwoordigheid van die Here. Daarom was die Tora ook so omvattend. Sodat Israel alle onsekerheid oor etiese goed, oor die regte aanbidding van God, oor hoe die verskillende tipe sosiale verhoudings moet werk, kon uitskakel.
Die Tora openbaar dus aan ons hoe ongelooflik ons behoefte aan begeleiding in die weë van die Here is. Die feit dat dit so uitvoerig uitgespel word, dui nie op ‘n puntenerige God nie, maar op ‘n vergeetagtige volk wat nie sonder gedetailleerde praktiese geestelike begeleiding aan hulle verhouding met God, mekaar en die wêreld reg kon laat geskied nie.
Die Tora sou mettertyd uitgebrei word soos daar nuwe vraagstukke na vore gekom het, en ook geïnterpreteer word deur die priesters en profete soos daar nuwe situasies ontstaan het deur die loop van Israel se geskiedenis, ‘n proses wat tot die kanon van die OT gelei het, en ook in die NT verder geneem sou word.
Ons moet egter vir geen enkele oomblik dink dat die Tora op enige manier onnodig was of minder geestelik was as bv. die dinamiese verhouding van die aartsvaders met hulle God. Die Israeliete kon nie sonder die wet klaarkom nie, omdat dit die onsekerheid oor die verhouding God en mekaar uit die weg geruim het. Dit was die maatstaf vir hulle verhouding met God en mekaar.
Dat dit uiteindelik geblyk het dat die wet nie mense se harte kon verander het nie, soos Paulus uitvoerig in Romeine skrywe, hef nie die noodsaak van die gawe van en gehoorsaamheid aan die wet op nie.
Dat Christus ons harte moes kom verander om die wet na te kan kom, bevestig dat die probleem by ons was weens ons sondigheid, nie dat die wet nie nodig en steeds geldig is of was nie. Ons is net in die bevoorregte posisie dat die Here Jesus se nakoming van die wet, sy geregtigheid, ons toegereken word.
Die noodsaak van gehoorsaamheid
Toe al die riglyne van die Here vir Moses gegee is – die Tien Gebooie en al die bepalinge van die verbondsboek – en Moses dit alles neergeskryf het, het hy dit aan die volk gaan bekend maak.
Hoe mooi is hulle reaksie nie! Hulle het twee keer soos een man gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het.”
Daarmee is die verbond met die Here formeel gesluit. Die verbondsboek met al sy riglyne sou die basis van dié verhouding wees.
Die voordeel van gehoorsaamheid
Hierdie is een van die mooiste verhale vir my in die hele Bybel. Moses, Aäron, Nadab, Abihu en die sewentig leiers van Israel het ná die belofte van gehoorsaamheid die berg uitgeklim soos die Here hulle uitgenooi en beveel het. Die volk moes agterbly.
Hierdie leiers het die ongelooflike voorreg beleef om op ‘n heel direkte wyse in God se teenwoordigheid te kom. Dit is wat gehoorsaamheid vir jou bied. Onbelemmerde toegang tot God self en sy heerlikheid.
Die beskrywing van God se teenwoordigheid kom ooreen met die visioene van Esegiël en Johannes se Openbaring. Onder sy voete was ’n plaveisel soos saffiersteen wat so blou was soos die hemel self. Die leiers het dit as geen bedreiging beleef nie, maar het saam met die Here geëet en gedrink, ‘n simbool van die tipe gemeenskap wat God met sy mense wou geniet, soos dit was in die Paradys, en volledig moontlik sou word in die nuwe bedeling wat sy Seun sou inlei.
Dit is waarheen gehoorsaamheid lei
Soos die Hebreërskrywer dit in die nuwe bedeling uitspel: “Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ’n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ’n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.” (Hebr 10:19-22).
Laat niks dus in jou pad staan om hierdie God te gehoorsaam nie. Presies en nougeset soos Hy dit in die Woord uitspel. Want, dit is die pad na die lewe.
Hamer en beitel – simbool van die skryfwerk op die tafels van die wet.
1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die Bybel? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 3 en 5
Artikel 3
DIE GESKREWE WOORD VAN GOD
Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van ‘n mens gestuur of voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit, deur die Heilige Gees gedrywe, gespreek, soos die heilige Petrus sê (2 Pet. 1:21). Daarna het God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte (die profete en apostels) beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel, en Hy self het met sy vinger die twee tafels van die wet geskrywe. Daarom noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike Skrif.
Ons aanvaar al hierdie boeke, en hulle alleen, as heilig en kanoniek om ons geloof daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig. Ons glo ook sonder twyfel alles wat daarin vervat is, nie juis omdat die kerk hulle aanvaar en as sodanig beskou nie maar veral omdat die Heilige Gees in ons hart getuig dat hulle van God is. Hulle het ook die bewys daarvan in hulleself, aangesien selfs die blindes kan tas dat die dinge wat daarin voorspel is, plaasvind.
Westminster Geloofsbelydenis
Chapter 1 Holy Scripture
4. The Bible speaks authoritatively and so deserves to be believed and obeyed. This authority does not depend on the testimony of any man or church but completely on God, its author, who is himself truth. The Bible therefore is to be accepted as true, because it is the word of God.9
5. We may be influenced by the testimony of the church to value the Bible highly and reverently, and Scripture itself shows in so many ways that it is God’s word; for example, in its spiritual subject matter, in the effectiveness of its teaching, the majesty of its style, the agreement of all its parts, its unified aim from beginning to end (to give all glory to God), the full revelation it makes of the only way of man’s salvation, its many other incomparably outstanding features, and its complete perfection. However, we are completely persuaded and assured of the infallible truth and divine authority of the Bible only by the inward working of the Holy Spirit, who testifies by and with the word in our hearts.10
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar