Skip to main content

Tag: Kronieke

WEEK 7: 2 Kronieke 25-32

Ons lees hierdie week die lotgevalle van die 5 konings van die 8ste eeu v.C. in Juda: Amasia, Ussia (Asarja), Jotam, Agas en Hiskia.

Dit is ook die tydperk waarin 5 belangrike profete optree, die groot profeet Jesaja, sowel as van die kleiner profete Jona,  Amos, Hosea en Miga van Moreset.  Daar was natuurlik ook ander profete (Sagaria – 2 Kron. 26:5; Oded – 2 Kron. 28:9), waarvan sommige anoniem genoem word (bv. 2 Kron. 25:15), wat in dié tyd opgetree het.

Continue reading

2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here

Die hoofstuk val in twee helftes uiteen:

  • Die eerste gedeelte is ’n verheffende storie oor Joas wat die tempel herstel en doen wat sy mentor en pleegpa, Jojada, hom leer – vers 1-16.
  • Die tweede gedeelte handel oor die tragiese einde van Joas wat val vir die vleitaal van die leiers van Juda en nie net die Here verlaat nie, maar ook sy pleegpa se seun, Sagaria, laat doodmaak op valse aanklagte toe dié hom aangespreek het oor sy oortreding van God se gebooie – vers 17-27.  Stank vir dank wil ’n mens uitroep!

Continue reading

2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie

Ahasia is ‘n tragiese koning

Ahasia se verhaal word ook in 2 Kon. 8:25-29 vertel met enkele sydelingse verwysings na hom in hfst. 9-10 van Konings.  Die Kronis brei daarop uit met meer detail oor Jehu se optredes teen Ahasia en sy broers.

Continue reading

2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf

Die verhaal van koning Joram van Juda, seun van Josafat, vind ons ook in 2 Kon. 8:16-23 hoewel die Kronis ’n hele paar ander detail byvoeg, onder andere oor die teregwysing van Elia en Joram se ongeneeslike siekte.  Daar is ook kort verwysings na hom in 1 Kon. 22:5 en 2 Kon. 1:17.  Interessant genoeg het Joram dieselfde naam as Agab se kleinseun, Joram, en regeer hulle ongeveer vir ’n jaar (843 v.C.) gelyktydig vir Juda en Israel onderskeidelik (2 Kon. 1:17).

Continue reading

2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp

Ons lees vandag twee hoofstukke:

  • In hoofstuk 19 lees ons van Josafat wat korrupsie beveg met regters van integriteit en
  • In hoofstuk 20 lees ons van die groot oorwinning wat hy met God se hulp behaal.

Continue reading

Onlangse kommentaar