Skip to main content

Hosea – God volhard altyd in sy liefde

prayer-shawlInleiding

Die profeet Hosea, tydgenoot van Jesaja, Jona, Miga en Amos, tree op in die agste eeu v.C. Dit was volgens vers 1 die tyd van die Judese konings Ussia, Jotam, Agas en Hiskia, sowel as die koning van Israel, Jerobeam II (vgl. vroeëre tabel vir die onderskeie regeringstye). Sy boodskap is veral gemik teen die tienstamme noordryk van laasgenoemde koning, hoewel die suidryk ook betrek is in die boodskap. Hy was dus waarskynlik self van die noordryk afkomstig.

Hy voer die “regsaak” van die Here aan veral teen die afvalligheid van die volk in navolging van die geestelike en politieke leiers (5:1: “Luister hierna, priesters; gee ag, huis van Israel; en koningshuis, gee aandag, want die oordeel is vir julle bedoel.”). Tóg verkondig hy ook die deernisvolle liefde van die Here wat herstel belowe as hulle hulle tot Hom sou bekeer, self al moet hy hulle straf vir hulle ontrouheid.

Deur die boek Hosea in die OT ordening van die twaalf boeke eerste te plaas, word die problematiese verhouding tussen God en Israel met die treffende metafoor van ‘n huwelik beskrywe, ‘n gepaste inleiding vir die geheelboodskap. Hosea vertel vir ons dus in die boek van God se volhardende liefde ten spyte van Israel se volgehoue ongehoorsaamheid, iets wat in die res van die profete geëggo sal word. Hosea se problematiese huwelik met Gomer illustreer dit as ‘n treffende lewende gelykenis aan die volk.

Maleagi word daarom waarskynlik laaste van die twaalf Kleiner Profete geplaas, nie net omdat dit kronologies waarskynlik die laaste Skrifprofeet was nie, maar om dié boodskap af te rond deur die volk op te roep om nie net fisiese egskeiding te haat nie – soos God dit inderdaad doen – maar veral Hom nie te minag deur ‘n verhouding van halfhartige gehoorsaamheid nie.   Hulle moet God navolg in sy lojale liefde.

Dié twee boeke gee dus ‘n verbondsraamwerk vir die boodskap van die twaalf boeke, uitgespel in terme van die liefde wat hoort in die metaforiese huweliksverhouding tussen God en die volk. Die verdere boodskap van God se ingrype in die lewe van die volk en die nasies beide in terme van verwoesting en oordeel as in voorspoed en herstel, kan dus hierbinne deur die res van die boeke uitgespel word.

Die betekenis hiervan is dat God se oordeel en genade daarmee in sy liefde en binne verhoudings gefundeer word.

Indeling

Hoewel die fyner indeling van die onderskeie profesieë in die boek Hosea nie altyd maklik gedoen kan word nie, is die breë indeling van die boek heel duidelik:

  • Hoofstuk 1-3 vertel van die opdrag van die Here aan Hosea om ‘n ontroue vrou, Gomer, te neem, en kinders by haar te hê. Sy bly egter nie getrou aan hom nie. Dié onverkwiklike huweliksverhouding word dan deur die Here as metafoor gebruik om sy verhouding met die ontroue Israel (en Juda) te beskryf as basis vir die res van Hosea se boodskap.
  • Hoofstuk 4-11 bevat hoofsaaklik onheilsprofesieë waarin die “regsaak” (4:1) wat die Here teen die volk het oor hulle ontrouheid aangevoer word. Hy kla hulle vir hulle afvalligheid aan en kondig daarmee ook sy strawwe vir hulle sonde aan. Tóg gee Hy ook ‘n belofte van herstel gebaseer op sy deernisvolle liefde vir hulle (11:1-11).
  • Hoofstuk 12-14 herhaal dié onheilsprofesieë van ‘n “regsaak” (12:3) van die Here teen die volk sowel as die belofte van herstel van hulle afvalligheid as hulle hulle tot Hom sal bekeer (14:2-10).

Ons gaan dit as volg lees:

  • 1:1-12 – Hosea trou met die ontroue Gomer
  • 2:1-3:5 – God kla Israel aan, maar belowe tog weer ‘n nuwe toekoms
  • 4:1-5:7 – Die Here het ‘n regsaak teen die leiers en die volk
  • 5:8-7:16 – Julle getrouheid is soos ‘n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn
  • 8:1-9:9 – Die tyd van afrekening het gekom
  • 9:10-10:15 – Hulle sal swerwers wees onder die nasies
  • 11:1-11 – My hart is diep ontroer in My, die deernis brand in My
  • 12:1-15 – Die Here het ‘n regsaak teen sy volk
  • 13:1-14:1 – Daarom sal hulle word soos ‘n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn
  • 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Hosea


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏