Hosea 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê

prayer-shawlHosea sluit met drie kragtige boodskappe af wat die boek nie net afsluit nie, maar ook die hoop vir die toekoms uitspel, vir Israel en vir alle geloofsgemeenskappe regdeur die eeue:

  • 14:2-4 – ‘n Oproep tot bekering
  • 14:5-9 – ‘n Belofte van genesing en seën
  • 14:10 – ‘n Uitdaging tot ‘n wyse lewe

14:2-4 – ‘n Oproep tot bekering

Let op dat die bekering die belofte van die Here ontsluit. Die Here nooi hulle uit om met woord en daad na Hom toe terug te keer, aan die een kant hulle sonde te erken en bely en van Hom vergifnis te vra, en aan die ander kant afstand te doen van politiese eiesinnigheid: “Assirië hou vir ons niks goeds in nie,” en godsdienstige afvalligheid: “Ons sal ook nie meer vir ons eie handewerk sê: ‘Ons god’ nie.” Dit bly die wyse waarop bekering werk, ‘n erkenning van God en ‘n wegdraai van alles wat die verhouding met Hom in gedrang bring. Net by God is daar ontferming en genesing beskikbaar.

14:5-9 – ‘n Belofte van genesing en seën

Die Here belowe nie net vergifnis, ‘n oorsien van hulle skuld nie, maar ‘n genesing van hulle ontrou en afvalligheid. Dit herinner aan die belofte in 1 Joh. 1:9: “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” Inderdaad.

Die Here belowe verder dat Hy hulle van harte sal liefhê, ‘n mens kan selfs vertaal: “uit vrye wil liefhê.” Hy maak uit eie keuse die besluit om hulle lief te hê. Waar hulle ontrou was soos die dou wat gou verdamp (6:4) en dit hulle bestaan bedreig het (12:3), raak die Here self nou vir hulle die dou wat hulle groei sal verseker. ‘n Pragtige omkeer van die negatiewe gebruik van die metafoor van dou. Vandaar die beskrywing van Israel met verdere botaniese metafore: lelie, olyfboom, seders (waarskynlik wat “plante van die Lebanon” bedoel), koring en wingerde.

God sal hulle dus genees en hulle op omvattende wyse seën. Hy maak egter staat op hulle lojaliteit, want Hy is die een wat dié genesing en seën vir hulle gee. Hy is soos ‘n immergroen sipres wat vir hulle gee wat hulle nodig het: “Alles wat jy het, sal van My af kom,” ‘n uitspraak wat met vrugbaarheid te make het.

14:10 – ‘n Uitdaging tot ‘n wyse lewe

Hosea sluit af met ‘n wyse nawoord wat met Psalm 1 verbind kan word. Daarin daag hy die volk uit tot ‘n wyse lewe: “Wie is wys dat hy hierdie dinge kan verstaan, en verstandig dat hy dit kan begryp? Ja, die paaie van die Here is reguit – regverdiges loop daarop, maar oortreders sal daarop struikel.” (BDV se voorlopige vertaling).

Boodskap

Hosea se boodskap net voor die ballingskap van 722 v.C. spel God se agenda uit vir die toekoms. God het wel die volk oorgegee aan hulle eie dwase politiese keuses en die afvalligheid van hulle afgodediens. Dit het onafwendbaar gelei tot die oordeel van die ballingskap. Daarvoor kon hulle egter net hulleself blameer.

Maar, soos Hosea regdeur sy boek beklemtoon het, God se liefde brand te sterk om hulle uiteindelik heeltemal ten gronde te laat gaan: “Hoe kan Ek jou prysgee … My hart is diep ontroer in My, die deernis brand in My.” (BDV). God is immers nie so gewelddadig soos die volk self in hulle onderlinge gemeenskapslewe nie. God se genade is groter as sy oordeel.

Al wat nodig is om dié liefde in ontvangs te neem, is om hulle sonde te erken en die Here met onwrikbare lojaliteit aan te hang. Hy sal nie net vergewe nie, maar genees, en die volle seën waaroor Hy beskik oor hulle uitgiet. God is inderdaad soos ‘n immergroen sipres op wie se seën ons altyd kan staatmaak.

Hosea


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Ek het so pas deur Hosea gewerk….dankie vir die uiteensetting en inligting Ek het nooit werklik verstaan waaroor alles gaan nie…nou is dit soveel duideliker..baie dankie.

    Susan

    • Hi Susan. Ek is dankbaar. My boek oor die Twaalf Kleiner Profete word binnekort by CUM gepubliseer. Dit sal meer mense in staat stel om deur die profete te werk in hulle stiltetyd sowel as in Bybelstudiegroepe:

      Die Twaalf Kleiner Profete

  • Chris, baie dankie. Dit is ‘n wonderlike ontdekking dié. Ek het nou Hosea gebruik vir die Bybelstudie. Wat ‘n openbaring. Ons kan dit deurtrek na ons land wêreld vandag. Gaan die ander boeke ook nou gebruik. Groete. Leon

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: