Hosea 12:1-15 – Die Here het ‘n regsaak teen sy volk

prayer-shawlInleiding

Ons kom by die derde en laaste hoofdeel van die boek van Hosea.

Onthou dat hoofstuk 1-3 die onverkwiklike verhouding tussen die Here en sy volk met ‘n huweliksmetafoor – simbolies geïllustreer met die huwelik van Hosea met Gomer – beskryf het as basis vir die res van Hosea se boodskap. Hoofstuk 4-11 het daarom hoofsaaklik onheilsprofesieë op die tafel gesit waarin die “regsaak” (4:1) wat die Here teen die volk het oor hulle ontrouheid aangevoer word. Tóg het Hy ook verskillende beloftes van herstel gegee onder andere gebaseer op sy deernisvolle liefde vir hulle (11:1-11).

Hoofstuk 12-14 herhaal nou in ‘n tweede rondte weer dié onheilsprofesieë van ‘n “regsaak” (12:3) van die Here teen die volk sowel as die beloftes van herstel van hulle afvalligheid as hulle hulle tot Hom sal bekeer (14:2-10).

Die Here het ‘n regsaak teen sy volk

Let op hoe dieselfde temas van hoofstuk 4-11 weereens hier opgetel en aangeroer word steeds as deel van die “regsaak” wat die Here met die volk het (12:3):

  • Die wispelturigheid in diens van die Here waar hulle lojaliteit telkens van die Here na afgode verskuif – vers 2. Hulle weet nie dat dit so vrugteloos is soos om die wind te probeer vasvang of nog erger agter die wind aan te leef nie.
  • Die alliansies wat hulle met Assirië en Egipte probeer sluit om hulleself polities te handhaaf, uitgedruk met die pragtige metafoor: “Met Assirië sluit hulle ‘n verdrag, maar olyfolie word na Egipte gestuur.” – vers 2.
  • Die skelm ekonomiese uitbuiting van mense, en nog erger, die ontkenning daarvan – vers 8.
  • Die verwysing na Gilead (vgl. hfst. 6) waarskynlik weens die staatsgreep wat daar uitgevoer is deur Peka wat Pekahia doodgemaak het (2 Kon. 15) – vers 12. Gilead se vernietiging word hier ook metafories beskryf.
  • Die verwysing na Gilgal (vgl. hfst 3 en 9) wat nie net die plek is waar ‘n ongesanksureerde heiligdom opgerig, en Baäl (bulle) aanbid is nie, maar ook die plek waar die volk ‘n koning in die plek van die Here se direkte begeleiding verkies het (1 Sam. 15) – vers 12.
  • En darem ook die aanduiding van die pad terug, die pad van bekering, as hulle net na die Here toe sal terugkeer en Hom alleen sal liefhê – vers 7. Onthou die gretige verwagting van die Here wat so pragtig in hfst. 6:2 uitgespel is, sy hoop dat hulle sal sê: “Hy sal ons na twee dae ‘n nuwe lewe laat begin. Hy sal ons op die derde dag weer krag gee sodat ons in sy teenwoordigheid kan leef.

Wat nuut in dié hoofstuk verwoord word, is die wyse waarop die geskiedenis van Jakob ingeweef word as deel van die motivering vir die oordeel wat die Here nou oor die volk gaan voltrek, sowel as die positiewe verwysing na Moses – hy is die profeet wat in vers 14 genoem word (‘n omkeer van die negatiewe verwysing na die “Ek is” van Gen. 3:14 in Hos. 1:9 wat ook implisiet met Moses verbind word) – wat die rol van die profete as God se gesagvolle woordvoerders motiveer.

Dat dié aanbod in die wind geslaan is, is daarom dubbeld jammersoos dit aan die einde van dié stuk verwoord word: “Maar Efraim het My aangehou tart en verdien die dood. Ek sal hom straf vir sy skandelike gedrag.” (vers 15).

Die verhaal van Jakob as motivering vir terugkeer

Let op hoe vier aspekte van die verhaal van Jakob gebruik word om aan die een kant die volk se ongehoorsaamheid op die tafel te sit, en die ballingskap te motiveer (vgl. vers 13), maar tegelykertyd ook sy inkeer en verhouding met God as model en uitkoms aan hulle voor te hou as belofte van terugkeer.

Die eerste aspek is Jakob se ondermyning van Esau (Gen. 25 en 27), die tweede sy gebed tot God in sy nood, juis by Bet-El (Gen. 28) en die derde sy worsteling met God in die gedaante van ‘n engel (Gen. 32) wat vertel word as motivering en aanmoediging om die Here te soek, ten spyte van hulle verkeerde dade. Daaraan word die ongelooflike belofte gekoppel: “Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou.

In woorde waarop Miga 6:8 later sal uitbrei, word die pad om na God terug te keer, uitgespel: “Jy moet Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, jy moet jou hoop altyd op jou God vestig.” (NAV). Die meer direkte vertaling maak die verband met Miga nog helderder en duideliker: “Lê jou toe op troue liefde en geregtigheid en wag altyddeur op jou God.” (BDV voorgestel).

Jakob se verblyf in Haran (die landstreek van Aram, die Arameërs) en sy “slawediens” van veertien jaar om vir Lea en Ragel as vroue te “verdien” (Gen. 29-30) word in die vierde plek as motivering in herinnering geroep om hulle te bemoedig dat die Here hulle sal beskerm en ook sal terugbring.

Die verhaal van Moses as motivering om te luister na die profete

Na die verhaal van Moses word net kortliks in vers 14 verwys om die begeleiding en beskerming van die Here: “deur die diens van ‘n profeet,” in woestyn in herinnering te roep as belofte dat die Here weer iets soortgelyks vir hulle sal doen. Die belangrike punt om hier te onthou, is dat dit die Here self is wat deur bemiddeing van Moses die volk begelei het, en dat die Here dit eintlik eksplisiet vir die volk aanbied, hoewel hulle nie positief daarop gereageer het nie.

Let ook op in vers 11 hoe God se sanksionering van die profetiese arbeid die huidige woorde van Hosea ook bevestig. Dit gee ons ook ‘n kykie in van die maniere wat God as openbarings gebruik het: woorde, visioene en gelykenisse. Hosea se huwelik was in sy bediening ook op unieke wyse ‘n simboliese gelykenis aan die volk, soos ons reeds vroeër na verwys het.

Boodskap

Wat in hierdie gedeelte tref is die positiewe gebruik van die verhale van Jakob en Moses om die volk uit hulle verstrikking in hulle afvalligheid los te ruk. Die Here wil hulle geheue wakker maak sodat hulle die toekoms wat ingebed lê in hulle eie verhale uit die verlede weer kan toe-eien. Bet-El was die plek waar die Here hemel en aarde laat ontmoet het in Jakob se lewe, al was hy ‘n aartsbedrieër. Die probleem is dus nie in die eerste plek dat hulle Bet-El as heiligdom gebruik het nie, maar dat hulle Baäl daar aanbid het, en nie die Here nie. Hulle moet dus net hulle fokus na die Here toe verskuif, en Hy sal hulle weer die werklikheid van sy teenwoordigheid in hulle midde laat ervaar.

Die pad wat God wil hê dat hulle met Hom moet stap, is steeds die pad wat Hy met ons ook wil stap. Hy wil hê dat ons Hom sal liefhê en sy bevele gehoorsaam. Hy wil hê dat ons ons hoop altyd op Hom sal stel. In die woorde van die direkte vertaling van vers 7:

Lê jou toe op troue liefde en geregtigheid en wag altyddeur op jou God.

Doen dit vandag, en altyd, en jy sal die lewe hê, en dit in oorvloed.

Hosea


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: