Skip to main content

Hosea 2:1-3:5 – God kla Israel aan, maar belowe tog weer ‘n nuwe toekoms

prayer-shawl2:1-22 – “Ek gaan van haar rekenskap eis oor die Baäls

Hoofstuk 2 is uiters noukeurig saamgestel en voer die boodskap van hoofstuk 1 verder. Met taal wat herinner aan ‘n egskeiding – “want sy is nie my vrou nie en ek is nie haar man nie”, vers 1 – word die saak wat die Here teen die volk het oor hulle afvalligheid in die eerste perikoop aangeroer (2:1-4) en fokus dit op hulle “stank vir dank” houding teenoor Hom.

Hulle vereer nie die Here vir sy versorging nie, maar eeder die Baäls (vgl. 2:12 – die meervoud dui op die afgodsbeelde). Dit is die bron van die konflik tussen God en die volk, dat hulle wat HY gee, aan Baäl toeskryf.

Daarna word drie strawwe van die Here in drie opeenvolgende perikope aangekondig waarmee ons ‘n diep insig in God se regstellende aksie in die uitvoering van sy oordeel kry:

  • God dwarsboom die volk se planne in verhouding met die “minnaars” – die Baälaanbidding – in die hoop dat hulle sal raaksien dat dit beter is vir hulle in ‘n verhouding met God – 2:5-6.
  • God laat hulle ontberinge ly, veral ekonomies, om hulle tot erkenning van sy versorging te begelei – 2:7-12.
  • God isoleer hulle – uitgedruk met die metafoor van die woestyn – om die verhouding met hulle te herstel in ‘n omgewing waar daar geen kompetisie is nie (2:13-22 – Akorlaagte verwys na die Akan gebeure in Jos. 7:24-26, wat nou metafories gesproke omgekeer word).

Hy wil hulle só oorhaal om nie langer ontrou te wees nie. Hy wil hê dat hulle Hom sal erken as die Gewer van alle goeie dinge, en sy liefde sal beantwoord met gehoorsaamheid. Hy wil die verbond met hulle herstel wat voorspoed op alle terreine sal bring: ekologies, polities en sosiaal (2:17). Dán sal God hulle aan Hom bind: “met reg en geregtigheid, met troue liefde en ontferming” (2:18).

3:1-5 – “Hulle sal vol eerbied terugkom na die Here toe”

God se oordeel het dus verlossing in die oog, soos dit ook in hoofstuk 3 verder uitgespel word. In ‘n nuwe opdrag aan die profeet moet hy weer ‘n liefdeverhouding gaan aanknoop – sommige dink dat steeds met Gomer was, maar dit is meer waarskynlik iemand anders – en moeite doen om die verhouding met haar te vestig en bou.

Die boodskap daarvan is dat dit ook ‘n lang tyd sal duur – verwysende waarskynlik na die ballingskap – om die verhouding met Israel te herstel, ‘n tyd waarin hulle polities, kulties en geestelik-godsdienstig geïsoleerd sal moet leef, voordat hulle sal terugkeer. “Hulle sal vol eerbied terugkom na die Here toe en na die oorvloed toe wat Hy in die toekoms sal skenk.” (3:5).

Interessant is dat die volk ná die ballingskap nooit weer ander gode aanbid het nie. Dit leer die geskiedenis van die Jode ons. Die ballingskap het dus die problematiek van die gode, meer spesifiek die Baäls, aangespreek in die lewe van die Joodse volk, presies soos die Here dit bedoel het.

Boodskap

‘n Mens moet uiteraard nie die metafore wat hier gebruik word te letterlik opneem nie. Wat ‘n mens wel kan aflei, is dat ontberinge en isolasie in die lewe van die volk nie net ‘n negatiewe ding was nie. In die hand van God was dit sy regstellingsaksie in hulle verhouding met Hom, trouens ‘n die aanleiding tot nuwe lewe.

Daarom is die eerste vraag wat ‘n mens moet vra wanneer jy in jou eie situasie dwarsboming ervaar, óf ontberinge ly, óf isolasie op wattter manier ook al ervaar: “Waarmee is God besig in dít wat met my gebeur?”  ‘n Antwoord daarop sal jou help om uit te kom by die uitkoms wat God vir jou in moeilike omstandighede het.

God is immers altyd in alles besig om in verhouding met jou op te tree. Wat ook al met jou gebeur, selfs negatiewe goed, is iets wat uiteindelik sin maak binne ‘n verhouding met Hom. Só kan ‘n mens die genade van “Redemption in pain” beleef – soos Joni Eareckson Tada dit beskryf in A Place of Healing. Wrestling with the Mysteries of Suffering, Pain and God’s Sovereignty.

Die evangelie vra van ons om ons pyn ernstig te neem en vierkantig in die oë te staar en met brose dapperheid op God te vertrou.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Hosea


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏