Skip to main content

Hosea 13:1-14:1 – Daarom sal hulle word soos ‘n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn

prayer-shawlDie laaste twee hoofstukke van Hosea sluit sy boodskap van oordeel op die korttermyn (hfst. 13) en sy belofte van herstel op die langtermyn af (hfst. 14). Ons lees dit afsonderlik, maar onthou dat dit uiteindelik sáám die geheelboodskap van Hosea vorm.

Waar Hosea vroeër die volk se gebrekkige getrouheid vergelyk het met ‘n môrewolk of dou wat vroeg verdwyn (6:4), verkondig hy hier dat hulle wispelturigheid nou hulle oordeel word: “Daarom sal hulle word soos ‘n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn.” Hulle word soos hulle kies om te wees. Hulle voortbestaan is daarom in gedrang, want deur die komende ballingskap sal hulle word: “soos kaf wat van die dorsvloer, soos rook wat uit ‘n gat weggewaai word.

Die hart van die aanklag teen hulle, is dat hulle die Here nie erken het vir wat Hy in hulle lewe sedert hulle Uittog uit Egipte vir hulle beteken het. Hulle het hulle lojaliteit geskuif na Baäl weens hulle voorspoed en hoogmoed. “Daarom het hulle My vergeet.

Die Here het nou vir hulle soos ‘n roofdier geword – drie diere word genoem: ‘n leeuwyfie, ‘n luiperd en ‘n beerwyfie wat haar kleintjies verloor het – wat hulle sal verslind. Hulle het téén hulle Helper gedraai, soos geïllustreer deur hulle keuse vir ‘n monargie in die tyd van die rigters (1 Sam. 15). Die Here het toe na hulle geluister en vir hulle ‘n koning gegee, maar dié gaan nou weer weggeneem word, omdat die konings hul primêre taak versaak het, om die volk aan die Here te verbind.

Die Here worstel met die goddeloosheid en sondige afvalligheid van sy volk. Hulle is soos ‘n kind wat gebore moet word, maar nie reg lê in die baarmoeder nie, en daarom bestem is vir die dood. Die Here vra daarom op retoriese manier: moet Hy help, moet Hy hulle red uit die mag van die dood? En dan antwoord die Here self met dié ongelooflike tragiese woorde: “Ek sal vir Efraim nie jammer kry nie.” Letterlik: “Medelye is vir my oë verberg.

Daarom sal Assirië soos ‘n oostewind – wat terselfdertyd die wind van die Here is – Efraim se waterbron, sy bestaan as volk, wegdroog. Al was hulle soos ‘n blom tussen die riete, hulle sal tot niet gaan en verskrommel. Hulle opstand teen die Here sal op die alleraakligste manier tot hulle vernietiging lei: “Deur die swaard sal hulle val; hulle kinders sal verpletter word, hulle swanger vroue sal oopgesny word.” Goddelike toorn en internasionale politiek vorm onlosmaaklik die twee kante van die een werklikheidsmunt.

Boodskap

Erkenning en dankbaarheid. Herinnering en lojaliteit. Dit is die dinge wat prioriteit moet kry in die verhouding met die Here. Waar dit ontbreek, taan die Godsbewussyn, en neem eie belang en begeerte oor. Dit is op ‘n persoonlike vlak al destruktief, maar waar dit op ‘n nasionale vlak gebeur, lei dit tot erge konflik tussen die nasies, veral weens die gebrek aan ‘n gemeenskaplike waardesisteem wat hulle onderlinge verhouding kan reguleer.

Let op dat die betrokkenheid van die Here by die konflik nie op ‘n direkte wyse geteken word nie. Efraim se ballingskap kom in werklikheid weens die optrede van die oostewind, Assirië. Maar, dit is op ‘n indirekte wyse ook die wind van die Here. Hy gebruik agter die skerms van die werklikheid dié gebeure as ‘n ingrype in sy volk se lewe om hulle tot die regte Godsbewussyn te ruk. Hoe dit gebeur weet ons nie presies nie, maar uit die profetiese interpretasie daarvan, kan ons die uitwerking daarvan sien en insien.

Dit is waarom ons as profete geroep word om God se beoordeling van situasies vanuit sy openbaring deur te gee. Ons is, soos Hosea, God se woordvoerders. Maar, ons het ook die dure plig om die nood in die lewe van mense en mensegroepe na die Here toe te neem en op sy ingrype agter die skerms van ons werklikheid te bid. Ons is ook voorbidders. Veral waar ons ook God se beloftes van genesing het om mee te werk, soos ons in hoofstuk 14 gaan lees …


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Hosea


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda