Hosea 13:1-14:1 – Daarom sal hulle word soos ‘n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn

prayer-shawlDie laaste twee hoofstukke van Hosea sluit sy boodskap van oordeel op die korttermyn (hfst. 13) en sy belofte van herstel op die langtermyn af (hfst. 14). Ons lees dit afsonderlik, maar onthou dat dit uiteindelik sáám die geheelboodskap van Hosea vorm.

Waar Hosea vroeër die volk se gebrekkige getrouheid vergelyk het met ‘n môrewolk of dou wat vroeg verdwyn (6:4), verkondig hy hier dat hulle wispelturigheid nou hulle oordeel word: “Daarom sal hulle word soos ‘n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn.” Hulle word soos hulle kies om te wees. Hulle voortbestaan is daarom in gedrang, want deur die komende ballingskap sal hulle word: “soos kaf wat van die dorsvloer, soos rook wat uit ‘n gat weggewaai word.

Die hart van die aanklag teen hulle, is dat hulle die Here nie erken het vir wat Hy in hulle lewe sedert hulle Uittog uit Egipte vir hulle beteken het. Hulle het hulle lojaliteit geskuif na Baäl weens hulle voorspoed en hoogmoed. “Daarom het hulle My vergeet.

Die Here het nou vir hulle soos ‘n roofdier geword – drie diere word genoem: ‘n leeuwyfie, ‘n luiperd en ‘n beerwyfie wat haar kleintjies verloor het – wat hulle sal verslind. Hulle het téén hulle Helper gedraai, soos geïllustreer deur hulle keuse vir ‘n monargie in die tyd van die rigters (1 Sam. 15). Die Here het toe na hulle geluister en vir hulle ‘n koning gegee, maar dié gaan nou weer weggeneem word, omdat die konings hul primêre taak versaak het, om die volk aan die Here te verbind.

Die Here worstel met die goddeloosheid en sondige afvalligheid van sy volk. Hulle is soos ‘n kind wat gebore moet word, maar nie reg lê in die baarmoeder nie, en daarom bestem is vir die dood. Die Here vra daarom op retoriese manier: moet Hy help, moet Hy hulle red uit die mag van die dood? En dan antwoord die Here self met dié ongelooflike tragiese woorde: “Ek sal vir Efraim nie jammer kry nie.” Letterlik: “Medelye is vir my oë verberg.

Daarom sal Assirië soos ‘n oostewind – wat terselfdertyd die wind van die Here is – Efraim se waterbron, sy bestaan as volk, wegdroog. Al was hulle soos ‘n blom tussen die riete, hulle sal tot niet gaan en verskrommel. Hulle opstand teen die Here sal op die alleraakligste manier tot hulle vernietiging lei: “Deur die swaard sal hulle val; hulle kinders sal verpletter word, hulle swanger vroue sal oopgesny word.” Goddelike toorn en internasionale politiek vorm onlosmaaklik die twee kante van die een werklikheidsmunt.

Boodskap

Erkenning en dankbaarheid. Herinnering en lojaliteit. Dit is die dinge wat prioriteit moet kry in die verhouding met die Here. Waar dit ontbreek, taan die Godsbewussyn, en neem eie belang en begeerte oor. Dit is op ‘n persoonlike vlak al destruktief, maar waar dit op ‘n nasionale vlak gebeur, lei dit tot erge konflik tussen die nasies, veral weens die gebrek aan ‘n gemeenskaplike waardesisteem wat hulle onderlinge verhouding kan reguleer.

Let op dat die betrokkenheid van die Here by die konflik nie op ‘n direkte wyse geteken word nie. Efraim se ballingskap kom in werklikheid weens die optrede van die oostewind, Assirië. Maar, dit is op ‘n indirekte wyse ook die wind van die Here. Hy gebruik agter die skerms van die werklikheid dié gebeure as ‘n ingrype in sy volk se lewe om hulle tot die regte Godsbewussyn te ruk. Hoe dit gebeur weet ons nie presies nie, maar uit die profetiese interpretasie daarvan, kan ons die uitwerking daarvan sien en insien.

Dit is waarom ons as profete geroep word om God se beoordeling van situasies vanuit sy openbaring deur te gee. Ons is, soos Hosea, God se woordvoerders. Maar, ons het ook die dure plig om die nood in die lewe van mense en mensegroepe na die Here toe te neem en op sy ingrype agter die skerms van ons werklikheid te bid. Ons is ook voorbidders. Veral waar ons ook God se beloftes van genesing het om mee te werk, soos ons in hoofstuk 14 gaan lees …

Hosea


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: