Skip to main content

Esra 6 – Darius gee opdrag dat die tempel voltooi word met die ondersteuning van die staat

Darius se soektog in die argiewe in Babel het die nodige dokumente opgelewer wat sy voorganger Kores se bevel in verband met die bou van die tempel in Jerusalem uitgespel het.  Die bedoeling met, die planne vir en die koste van die bouprojek is in geen onseker taal daarin uitgespel nie.

Darius het daarom vir die goewerneur van die Wes-Eufraat en sy bondgenote streng opdrag gegee in ’n brief van sy eie, dat hulle nie mag inmeng nie, maar alles in hulle vermoë moet doen om te help en die werk aan die tempel te ondersteun.  Trouens die koste moet uit die belastings wat aan die Wes-Eufraat betaal word, kom.  Bykomend moet selfs genoeg voorsiening gemaak word vir die bring van die daaglikse offers sodat die doel met die terugkeer van die volk bereik kan word, gemeenskap met die God van die hemel.

Esra skryf daarom met blydskap dat die goewerneur gehoor gegee het aan die koninklike opdrag, maar vermeld weereens dat hulle vordering ook aan die optrede van die twee profete, Haggai en Sagaria, te danke was en daarom kon hulle die tempel klaarmaak soos die konings hulle beveel het.  Die vermelding van Artasasta in dié verband is duidelik ‘n fout, moontlik weens die briefwisseling met hom wat in hoofstuk 4 “tussen hakies” genoem is en die feit dat dié koning in die volgende hoofstuk genoem gaan word.  Dit kan ook wees dat die skrywer eintlik die voltooiing van die stadsmure in Artasasta se tyd in gedagte het.

Die tempel is voltooi in 516 v.C., ses jaar na Darius koning geword het en 23 jaar ná die opdrag deur koning Kores daartoe gegee is.  Dit is feestelik gevier waarna ook die Paasfees  en die fees van die ongesuurde brood gehou is in die volgende maand, die eerste maand van 515 v.C. (April maand volgens ons kalender).  Die verwysing na Assirië is waarskynlik ook ’n fout en moet as ’n verwysing na Persië verstaan word.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Esra


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.