Skip to main content

Esra 7 – God stuur Esra as Skrifgeleerde om die onderrig en regspraak vanuit die wet van God te behartig

Die verhaal hervat in 458 n.C. in die 7de regeringsjaar van Artasasta (in Persies Artaxerxes) ’n hele 58 jaar na die tempel voltooi en ingewy is deur Serubbabel.

Esra, ’n direkte afstammeling van Aäron, verskyn op die toneel as Skrifgeleerde wat onderleg is in die eksegese van die wet van Moses.  Let op hoe hy die regte kwaliteite het – geslagsregister en geleerdheid – maar dat dit steeds die Here is wat sy hand oor Esra gehou het, sodat die koning hom alles gegee het wat hy van hom gevra het.

Dit neem hom ongeveer 4 maande om die trek van Babel na Jerusalem te onderneem onder die beskermende hand van die Here, saam met ’n aantal ander Jode, veral mense wat in die tempeldiens gebruik kon word: priesters, Leviete, tempelsangers, poortwagte en tempelslawe.

Esra het bekend gestaan as iemand wat hom gewy het aan die wet van die Here. Letterlik staan daar dat sy hart op die studie van die wet gerig was. Meer in die besonder was Hy ’n praktiese teoloog.  Hy wou die teorie van die wet in die praktyk toepas en die geloofsgemeenskap elke voorskrif en bepaling leer wat nodig is om gehoorsaam aan die Here te wees.

Vervolgens hoor ons van die volmag wat die koning aan hom verleen het, geskrywe in Aramees.  Interessant genoeg lyk dit uit die skrywe van die koning asof hy baie goed ingelig was oor die wet en voorskrifte van die Here.

Sy opdrag behels ses aspekte:

  • Hy verleen goedkeuring aan enige Jood om saam met Esra na Jerusalem te gaan.
  • Hy gee opdrag aan Esra om deeglik ondersoek in te stel na die stand van sake in Jerusalem.
  • Hy gee ook ’n vrywillige gawe wat vir die tempel gebruik kan word, beide vir die offerkultus en vir enige ander benodigdhede.  Interessant genoeg tel wyn onder die offers, soos dit ook op ’n paar ander plekke in die OT genoem word (Eks. 29:40; Hos. 9:4).
  • En hy gee die parameters waarbinne Esra die Wes-Eufraat provinsie se ondersteuning in terme van geld, voedsel en offers kan verwag.
  • Hy skeld ook die hele personeel wat aan die tempel verbonde is van enige belasting, heffing of tol kwyt.
  • Sy opdrag aan Esra behels verder dat hy ook die regspraak moet hanteer vir al die Jode van die Wes-Eufraat aan die hand van die wet van God, d.w.s. nie net in Juda en Jerusalem nie.  Dit moes insluit dat mense die wet van God geleer word wat dan ook ’n rigsnoer vir die lewe sou word.  Ongehoorsaamheid aan die wet van God kon streng gestraf word.

Esra was baie verheug daaroor, veral oor die goedgesindheid wat die Here by die koning en sy personeel teenoor hom geskep het.  Dit het hom vol moed gemaak om die leiers van die Jode te inspireer om saam met hom te trek.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Esra


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders