Esra 7 – God stuur Esra as Skrifgeleerde om die onderrig en regspraak vanuit die wet van God te behartig

Die verhaal hervat in 458 n.C. in die 7de regeringsjaar van Artasasta (in Persies Artaxerxes) ’n hele 58 jaar na die tempel voltooi en ingewy is deur Serubbabel.

Esra, ’n direkte afstammeling van Aäron, verskyn op die toneel as Skrifgeleerde wat onderleg is in die eksegese van die wet van Moses.  Let op hoe hy die regte kwaliteite het – geslagsregister en geleerdheid – maar dat dit steeds die Here is wat sy hand oor Esra gehou het, sodat die koning hom alles gegee het wat hy van hom gevra het.

Dit neem hom ongeveer 4 maande om die trek van Babel na Jerusalem te onderneem onder die beskermende hand van die Here, saam met ’n aantal ander Jode, veral mense wat in die tempeldiens gebruik kon word: priesters, Leviete, tempelsangers, poortwagte en tempelslawe.

Esra het bekend gestaan as iemand wat hom gewy het aan die wet van die Here. Letterlik staan daar dat sy hart op die studie van die wet gerig was. Meer in die besonder was Hy ’n praktiese teoloog.  Hy wou die teorie van die wet in die praktyk toepas en die geloofsgemeenskap elke voorskrif en bepaling leer wat nodig is om gehoorsaam aan die Here te wees.

Vervolgens hoor ons van die volmag wat die koning aan hom verleen het, geskrywe in Aramees.  Interessant genoeg lyk dit uit die skrywe van die koning asof hy baie goed ingelig was oor die wet en voorskrifte van die Here.

Sy opdrag behels ses aspekte:

  • Hy verleen goedkeuring aan enige Jood om saam met Esra na Jerusalem te gaan.
  • Hy gee opdrag aan Esra om deeglik ondersoek in te stel na die stand van sake in Jerusalem.
  • Hy gee ook ’n vrywillige gawe wat vir die tempel gebruik kan word, beide vir die offerkultus en vir enige ander benodigdhede.  Interessant genoeg tel wyn onder die offers, soos dit ook op ’n paar ander plekke in die OT genoem word (Eks. 29:40; Hos. 9:4).
  • En hy gee die parameters waarbinne Esra die Wes-Eufraat provinsie se ondersteuning in terme van geld, voedsel en offers kan verwag.
  • Hy skeld ook die hele personeel wat aan die tempel verbonde is van enige belasting, heffing of tol kwyt.
  • Sy opdrag aan Esra behels verder dat hy ook die regspraak moet hanteer vir al die Jode van die Wes-Eufraat aan die hand van die wet van God, d.w.s. nie net in Juda en Jerusalem nie.  Dit moes insluit dat mense die wet van God geleer word wat dan ook ’n rigsnoer vir die lewe sou word.  Ongehoorsaamheid aan die wet van God kon streng gestraf word.

Esra was baie verheug daaroor, veral oor die goedgesindheid wat die Here by die koning en sy personeel teenoor hom geskep het.  Dit het hom vol moed gemaak om die leiers van die Jode te inspireer om saam met hom te trek.

Esra


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: