Skip to main content

Inleiding op die boek Esra

Die boeke Esra en Nehemia handel oor die tyd van die eerste terugkeer na die land Juda in 539 v.C. in die tyd van die Persiese koning Kores (vgl. die profesie in Jes. 45:1) tot by die bou van die mure van Jerusalem in die tyd van koning Artaxerxes (445 v.C. – Hebreeus Artasasta).

Continue reading

Esra 1 – God beweeg Kores en die volk om na Juda terug te keer

Dit bly ’n wonderlike werklikheid van die geskiedenis dat Kores, die koning van Persië, met ’n hele ander strategie begin werk in sy koninkryk wat tot groot vrede in sy gebied gelei het.  Hy het die voortou geneem om alle volkere toe te laat om nie net hulle eie kultuur en godsdiens te beoefen nie, maar dit ook in hulle eie land te doen.  Daarmee het hy ’n tradisie van respek vir ander kulture en godsdienste ingevoer wat tot groot voordeel van onder andere die Jode was. 

Continue reading

Esra 2-3 – Die Jode vestig hulle weer in die land en herstel hulle verhouding met God

Vandag lees ons twee dele.

  • Hoofstuk 2:1-67 handel oor die mense wat saam met Serubbabel teruggekom het (wat ook in Neh. 7:6-69 gelys word, maar ’n paar beduidende verskille vertoon – Nehemia se lys kan moontlik meer akkuraat wees omdat dit van ’n geslagregister af kom [Neh. 7:5]).
  • Hoofstuk 2:68-3:13 handel oor die bydraes wat vir die bou van die tempel gegee is, sowel as ’n beskrywing van die herinstelling van die brandoffers en die viering van die huttefees, sowel as die lê van die fondamente van die tempel.

Continue reading

Esra 4 – Die mense van die land bied sterk weerstand teen die bou van die tempel en die mure van die stad

Die weerstand teen die bou van die tempel

Dat die nie-Israelitiese inwoners (letterlik: “die mense van die land”) hier as vyande beskryf word – ’n mens kan hulle na alle waarskynlikheid die Samaritane noem – hou verband met die beskrywing in hfst. 3:3 van die Jode se vrees vir die ander bevolkingsgroepe in die land.  ’n Mens moet onthou dat die Jode nou na die ballingskap weer hulle intrek geneem het in hulle eie huise en woonplekke, maar dat dié plekke amper ’n eeu laas bewoon was.  Dat daar dus konflik was met die huidige inwoners van die land, selfs oor die Jode se eie eiendom, was dus onvermydelik.

Continue reading

Esra 5 – God ondersteun die leiers deur die profete Haggai en Sagaria in die bou van die tempel

Hoofstuk 5 en 6 van Esra hervat die verhaal van die bou van die tempel in die konteks van verbete teenstand van die goewerneur van die Wes-Eufraat, Tattenai en sy bondgenote.  Dit is net met:

  • die vasberade ondersteuning van twee Skrifprofete, Haggai en Sagaria,
  • die beskikking van God self om die leiers van Juda se hande te sterk en
  • die uiteindelike onomwonde steun van koning Darius van Persië wat die tempel voltooi is en met groot vreugde ingewy is. 

Continue reading

Onlangse kommentaar