Esra 2-3 – Die Jode vestig hulle weer in die land en herstel hulle verhouding met God
Vandag lees ons twee dele.
- Hoofstuk 2:1-67 handel oor die mense wat saam met Serubbabel teruggekom het (wat ook in Neh. 7:6-69 gelys word, maar ’n paar beduidende verskille vertoon – Nehemia se lys kan moontlik meer akkuraat wees omdat dit van ’n geslagregister af kom [Neh. 7:5]).
- Hoofstuk 2:68-3:13 handel oor die bydraes wat vir die bou van die tempel gegee is, sowel as ’n beskrywing van die herinstelling van die brandoffers en die viering van die huttefees, sowel as die lê van die fondamente van die tempel.
Mense wat uit die ballingskap teruggekom het
Die mense wat uit ballingskap teruggekom het, word in nege afdelings gelys, waarskynlik om onder andere as getuienis vir die nageslag te dien (volgens families), sowel as om hulle aanspraak op hulle grondgebied te bevestig (volgens plek name):
- Die leiers – 2:1-2a – hierdie Nehemia is nie dieselfde as dié een van wie ons in die boek Nehemia lees nie;
- Die gewone Jode in hulle families – 2:2b-20;
- Die gewone Jode volgens plek name – 2:21-35 – wat in ’n geografiese “zig-zag” verband gelys word, van suid na noord, van noord na noordwes, van noordwes na verder noord, dan weer na die suidweste om net weer gebiede in die noordweste te lys;
- Die priesters – 2:36-39 – ’n groot aantal;
- Die Leviete, sangers en poortwagte – 2:40-42 – ’n kleiner getal;
- Die tempelslawe – 2:43-54 – moontlik afstammelinge van die Gibeoniete (1 Kron. 8-9);
- Die dienaars van Salomo – 2:55-58 – wat nie bekend is uit ander bronne nie;
- Dié sonder geslagsregisters – 2:59-63 – waarvan sommige priesters was, maar nie hulle afstamming kon bewys nie en daarom van aktiewe diens uitgesluit is, waarvan Barsillai, interessant genoeg volgens sy skoonpa se afstamming in die geslagsregister ingeskryf is, omdat hy getroud was met ‘n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is;
- Die totale aantal – 2:64-67.
Die begin van die bou van die tempel
Die eerste plek waar die ongeveer 43 000 mense aangedoen het met hulle terugkoms was by die tempelterrein in Jerusalem. Dit wys net hoe belangrik dié simbool van God se teenwoordigheid vir hulle was. Die familiehoofde het leiding geneem deur vrywillige bydraes volgens hulle vermoë te gee vir die oprigting van die tempel op sy oorspronklike plek. Daarna het almal hulle weer gevestig in die plekke waar hulle vandaan gekom het.
In dieselfde jaar, toe die sewende maand aanbreek, het die Jode egter eendragtig in Jerusalem bymekaargekom om die altaardiens op die herboude brandofferaltaar te hervat onder die leiding van Jesua, die hoëpriester (vgl. Sag. 4) Dit het hulle gedoen ten spyte van die bedreiging wat die ander bevolkingsgroepe in die land vir hulle ingehou het. Hulle het selfs die voorgeskrewe huttefees gevier , trouens al die feeste wat deel van hulle godsdiens skat was.
Die herstel van die offer- en fees kultus van Israel is in die tweede jaar opgevolg met die lê van die fondamente van die tempel op die oorspronklike plek (vgl. Hag. 2). Soos met die vorige tempel is buitelandse klipkappers en ander vakmanne gehuur uit Sidon en Tirus. Dit het ook gepaard gegaan met die begeleiding van trompette (priesters) en simbale (Leviete van die Asafgroep) met die volk wat die Here geloof en gedank het met die refrein uit Psalm 136: “Want Hy is goed, aan sy liefde vir Israel is daar geen einde nie.”
Onder die luidkeelse gejubel van vreugde was daar ook ’n hele aantal wat hardop aan die huil gegaan, maar die groot vreugde het die trane getroef.
View all posts in this series
- Inleiding op die boek Esra
- Esra 1 – God beweeg Kores en die volk om na Juda terug te keer
- Esra 2-3 – Die Jode vestig hulle weer in die land en herstel hulle verhouding met God
- Esra 4 – Die mense van die land bied sterk weerstand teen die bou van die tempel en die mure van die stad
- Esra 5 – God ondersteun die leiers deur die profete Haggai en Sagaria in die bou van die tempel
- Esra 6 – Darius gee opdrag dat die tempel voltooi word met die ondersteuning van die staat
- Esra 7 – God stuur Esra as Skrifgeleerde om die onderrig en regspraak vanuit die wet van God te behartig
- Esra 8 –God bewaar Esra en sy geselskap en maak hulle reis voorspoedig
- Esra 9 – Esra verootmoedig hom namens die volk voor God oor hulle godsdienstig-gemengde huwelike
- Esra 10 – Die geloofsgemeenskap vernuwe die verbond deur godsdienstig-gemengde huwelike te ontbind
Tags: Esra
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.
Yunis Duimpies
| #
Goeie middag Ds Chris
Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankie
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/