Skip to main content

Esra 1 – God beweeg Kores en die volk om na Juda terug te keer

Dit bly ’n wonderlike werklikheid van die geskiedenis dat Kores, die koning van Persië, met ’n hele ander strategie begin werk in sy koninkryk wat tot groot vrede in sy gebied gelei het.  Hy het die voortou geneem om alle volkere toe te laat om nie net hulle eie kultuur en godsdiens te beoefen nie, maar dit ook in hulle eie land te doen.  Daarmee het hy ’n tradisie van respek vir ander kulture en godsdienste ingevoer wat tot groot voordeel van onder andere die Jode was. 

Terselfdertyd het hy verseker dat hulle sy koningskap met respek sou bejeën uit dankbaarheid vir die lewensruimte wat hy vir almal gegun het.  Lees meer uit Kores se eie opsomming van sy aksies in die sogenaamde Kores Silinder wat in die 19de eeu in Irak opgegrawe is.

Dat dié manier van doen reeds jare tevore deur die profeet Jesaja (45:1) voorspel is en die tydperk wanneer dit sou gebeur deur die profeet Jeremia voorspel is (25:12), maak dié ontwikkeling dubbeld so spesiaal vir ons as Christene.  Nie dat Esra baie maak van dié feit nie.  Ons lees net terloops in die eerste vers dat die belofte vervul is wat die Here by monde van Jeremia uitgespreek het dat die Here koning Kores van Persië laat besluit het om dwarsoor sy ryk ‘n proklamasie vir hulle terugkeer te laat afkondig. Dit vind plaas in sy 1ste regeringsjaar in 539 v.C.

Hoewel dit dus ’n wonderwerk is, word dit meer as ’n stille getuienis van wat agter die skerms gebeur, weergegee, as in ’n donderende verheerliking van God se werk in die geskiedenis.  Dieselfde werkswyse word gevolg in die mededelings oor God se werk in die lewe van koning Artaxerxes wat Esra en Nehemia se bedieninge radikaal beïnvloed het (Es 7:27; Neh. 2:6).

Die skriftelike proklamasie maak gewag van die feit dat Kores in opdrag van die Here – die God van die hemel – optree, omdat Hy al die koninkryke van die aarde aan Kores gegee het.  Dit gaan vêrder oor die meer spesifieke opdrag om vir God ‘n tempel in Jerusalem in Juda te bou wat dan insluit dat enigiemand van die Jode kan gaan help om die tempel te bou vir die Here die God van Israel.

Let op hoe die proklamasie sê dat Hy God is in Jerusalem, wat ’n meer lokale kleur aan sy Godheid verleen – gegewe dat Kores waarskynlik vir Marduk in sy eie land aanbid het – hoewel Kores ook Jahwe se meer soewereine karakter erken in die feit dat Hy ook as God van die hemel geteken word.

In ’n optrede wat herinner aan die eerste Uittog uit Egipte (vgl. Eks. 11 – die Egiptenare moes goud en silwer as voorsiening vir hulle Uittog aan die Jode verskaf), word die Jode deur hulle bure van middele voorsien vir hulle terugreis sowel as vir die bou van die tempel. Koning Kores het ook die goed laat haal wat in die huis van die Here was en wat Nebukadnesar uit Jerusalem weggevat en in die tempel van sy god gesit het.

Die eerste mense wat op hierdie vrygewige aanbod gereageer het, was die familiehoofde van Juda en Benjamin, asook die priesters en die Leviete, presies die geslagte wat so prominent in die eerste 9 hoofstukke van 1&2 Kronieke gelys word.

Interessant genoeg word ook dié reaksie aan God se stille werking gewyt: “elkeen in wie God die voorneme gegee het, het toe klaargemaak om die huis van die Here in Jerusalem te gaan bou.”

Sesbassar (vgl. ook 5:14-16), die hoof (prins) van die stam van Juda, neem die leiding in die terugkeer van ’n kleinerige groep mense.  Hy is moontlik dieselfde persoon as Serubbabel (vgl. 2:2; 3:8; 4:2; 5:2 asook Haggai 1:1) wat ook soos Daniël en sy drie vriende Hebreeuse en Babiloniese name gehad het, hoewel baie geleerdes dink dat die twee name onderskeidelik aan die amptelike en nie-amptelike leiers van die teruggekeerde ballinge behoort óf dat die een die ander opgevolg het.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Esra


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders