Esra 1 – God beweeg Kores en die volk om na Juda terug te keer

Dit bly ’n wonderlike werklikheid van die geskiedenis dat Kores, die koning van Persië, met ’n hele ander strategie begin werk in sy koninkryk wat tot groot vrede in sy gebied gelei het.  Hy het die voortou geneem om alle volkere toe te laat om nie net hulle eie kultuur en godsdiens te beoefen nie, maar dit ook in hulle eie land te doen.  Daarmee het hy ’n tradisie van respek vir ander kulture en godsdienste ingevoer wat tot groot voordeel van onder andere die Jode was. 

Terselfdertyd het hy verseker dat hulle sy koningskap met respek sou bejeën uit dankbaarheid vir die lewensruimte wat hy vir almal gegun het.  Lees meer uit Kores se eie opsomming van sy aksies in die sogenaamde Kores Silinder wat in die 19de eeu in Irak opgegrawe is.

Dat dié manier van doen reeds jare tevore deur die profeet Jesaja (45:1) voorspel is en die tydperk wanneer dit sou gebeur deur die profeet Jeremia voorspel is (25:12), maak dié ontwikkeling dubbeld so spesiaal vir ons as Christene.  Nie dat Esra baie maak van dié feit nie.  Ons lees net terloops in die eerste vers dat die belofte vervul is wat die Here by monde van Jeremia uitgespreek het dat die Here koning Kores van Persië laat besluit het om dwarsoor sy ryk ‘n proklamasie vir hulle terugkeer te laat afkondig. Dit vind plaas in sy 1ste regeringsjaar in 539 v.C.

Hoewel dit dus ’n wonderwerk is, word dit meer as ’n stille getuienis van wat agter die skerms gebeur, weergegee, as in ’n donderende verheerliking van God se werk in die geskiedenis.  Dieselfde werkswyse word gevolg in die mededelings oor God se werk in die lewe van koning Artaxerxes wat Esra en Nehemia se bedieninge radikaal beïnvloed het (Es 7:27; Neh. 2:6).

Die skriftelike proklamasie maak gewag van die feit dat Kores in opdrag van die Here – die God van die hemel – optree, omdat Hy al die koninkryke van die aarde aan Kores gegee het.  Dit gaan vêrder oor die meer spesifieke opdrag om vir God ‘n tempel in Jerusalem in Juda te bou wat dan insluit dat enigiemand van die Jode kan gaan help om die tempel te bou vir die Here die God van Israel.

Let op hoe die proklamasie sê dat Hy God is in Jerusalem, wat ’n meer lokale kleur aan sy Godheid verleen – gegewe dat Kores waarskynlik vir Marduk in sy eie land aanbid het – hoewel Kores ook Jahwe se meer soewereine karakter erken in die feit dat Hy ook as God van die hemel geteken word.

In ’n optrede wat herinner aan die eerste Uittog uit Egipte (vgl. Eks. 11 – die Egiptenare moes goud en silwer as voorsiening vir hulle Uittog aan die Jode verskaf), word die Jode deur hulle bure van middele voorsien vir hulle terugreis sowel as vir die bou van die tempel. Koning Kores het ook die goed laat haal wat in die huis van die Here was en wat Nebukadnesar uit Jerusalem weggevat en in die tempel van sy god gesit het.

Die eerste mense wat op hierdie vrygewige aanbod gereageer het, was die familiehoofde van Juda en Benjamin, asook die priesters en die Leviete, presies die geslagte wat so prominent in die eerste 9 hoofstukke van 1&2 Kronieke gelys word.

Interessant genoeg word ook dié reaksie aan God se stille werking gewyt: “elkeen in wie God die voorneme gegee het, het toe klaargemaak om die huis van die Here in Jerusalem te gaan bou.”

Sesbassar (vgl. ook 5:14-16), die hoof (prins) van die stam van Juda, neem die leiding in die terugkeer van ’n kleinerige groep mense.  Hy is moontlik dieselfde persoon as Serubbabel (vgl. 2:2; 3:8; 4:2; 5:2 asook Haggai 1:1) wat ook soos Daniël en sy drie vriende Hebreeuse en Babiloniese name gehad het, hoewel baie geleerdes dink dat die twee name onderskeidelik aan die amptelike en nie-amptelike leiers van die teruggekeerde ballinge behoort óf dat die een die ander opgevolg het.

Esra


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: