Skip to main content

Psalm 37:30-40

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Watter wonderlike wysheid is daar nie die laaste deel van die Psalm nie! Die regverdige word met die goddelose gekontrasteer. Die regverdige praat en doen wat reg is, want die wet van sy God is in sy hart en hy volg die Here se voorskrifte. Die goddelose kan die wet egter nie verdra nie en doen alles in sy vermoë om die regverdige te laat struikel en op sy bose vlak te kry. Die belofte is egter dat die Here weet hoe om die regverdige te bevestig en die goddelose uit te wis. Op Hom moet die regverdige wag terwyl hy steeds in gehoorsaamheid volhard.

Bid die Psalm

“Die regverdige het wyse raad; wat hy sê, is regverdig. Die gebooie van sy God is in sy hart. Hy sal nie ’n voet verkeerd sit nie. Die goddelose wag die regverdige in, en wag vir die kans om hom dood te maak. Maar die Here verhoed dat hy in hulle mag val sodat hulle hom skuldig kan bevind wanneer hy voor die gereg kom. Vertrou die Here en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. Ekself het dit sien gebeur: Hoogmoedige en bose mense floreer soos welige bome. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie! Maar kyk na hulle wat eerlik en opreg is, want die toekoms van so ’n mens is vol vrede. Maar oortreders word saam vernietig; hulle toekoms sal tot ’n einde kom. Die Here red die regverdiges; Hy is ’n toevlug in moeilike tye. Die Here help hulle, en red hulle van goddelose mense. Hy red hulle, want hulle skuil by Hom.” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid moedig ons aan om op die Here te vertrou en elke enkele voorskrif van Hom na te volg. Dit is die wysheid wat die toets van die tyd deurstaan het. Bose mense kan vir ‘n tyd lank die skyn van voorspoed vertoon, soos welige bome, maar dit is alte gou verby, en hulle hoogmoed en boosheid om tot ‘n val. Dit het geen ewige waarde nie. Daarteenoor is die toekoms van eerlike en opregte mense nie net beperk tot hierdie lewe nie, maar ook die toekomstige. Die Here se redding is vir altyd.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 38:1-12 

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie is ‘n Psalm om te gebruik in siekte en vervolging as ’n smeekgebed na God se ingrype. Dit word ’n Herinnering genoem in vers 1, wat beteken dat dit ook gebruik is as lering oor die verband tussen siekte, sonde en skuldbelydenis. Dit is in baie persoonlike taal geskryf en beskryf Dawid se pyn en wroeging in siekte vanweë die afstand wat dit van God sowel as van sy vriendekring bring. Dit stel hom ook bloot aan vervolging. Die Psalm wentel dus om “sonde met siekte” – in meer as een sin.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm. ’n Herinnering. Here, moenie my in toorn straf en my in u woede kasty nie! U pyle het my getref, u hand lê swaar op my. As gevolg van u toorn is my hele liggaam beseer; as gevolg van my sonde is elke been gebreek. My oortredings het my oorweldig soos ’n las wat vir my te swaar is. My wonde sweer en stink weens my eie dwaasheid. Ek is krom en heeltemal geboë. Ek loop die hele dag en treur. My liggaam brand van koors; daar is geen deel wat gesond is nie. Ek is uitgeput en heeltemal platgeslaan. Ek kreun met ’n versugting uit ’n gebroke hart. U weet wat ek begeer, Here. U hoor elke versugting van my. My hart klop onstuimig, my krag begeef my. Daarby kan ek ook nie meer sien nie. My familie en vriende bly weg en is bang vir my siekte. Selfs my bure bly op ’n afstand.” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalm skets op amper onvergelyklike trant die worsteling en onsekerheid wat siekte as sodanig in ’n mens se lewe bring. Daar is die afstand van God en van vriende wat boonop jou ‘n skyf vir jou vyande maak. En dit trek ’n verband tussen sonde en siekte met die besef van en behoefte aan skuldbelydenis in die verwagting van God se genade, vergifnis en genesing. Die hoop in die Psalm is die feit dat Dawid in sy worsteling al hoe dieper besef dat die Here weet wat aan die gang is en dat Hy elke versugting van sy hart hoor. Dit is die een ankerpunt wat hom staande hou in die oorweldigende aanvegting wat hy beleef.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 38:13-23

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid se siekte is ’n aanleiding vir sy vyande om vir hom strikke te stel, hom kwaad aan te doen en vals beskuldigings na hom te slinger.  Let op hoe Dawid kies om nie na hulle te luister nie, nie eers te antwoord op hulle aanklagte nie, maar sy vertroue op God self te stel terwyl hy ook sy ongeregtigheid teenoor Hom bely.  Die Psalm eindig met die roerende pleidooi dat God hom tog nie sal verlaat nie, nie ver van hom af sal bly nie en gou sal maak om hom te help. God alleen is sy Redder.

Bid die Psalm

“Hulle wat my lewe soek, stel vir my ’n lokval; hulle wat my ondergang soek, maak planne om my te vernietig. Hulle dink die hele dag aan verraderlike planne. Maar ek hou my doof vir hulle dreigemente. Voor hulle bly ek stil soos iemand wat stom is. Ek is soos iemand wat doof is en wat niks het om te sê nie. Maar ek hoop op U, Here. U sal antwoord, Here my God. Ek vra U: “Moenie dat hulle bly word oor my leed, of hulle oor my verhef as ek struikel nie.” Ek is op die punt van ineenstorting, ek beleef voortdurende pyn. Maar ek bely my sondes; ek is baie jammer oor wat ek gedoen het. My vyande is baie en magtig; hulle haat my sonder rede, hulle wat so baie is. Hulle vergeld my kwaad vir goed en staan my teen omdat ek najaag wat reg is. Moet my tog nie verlaat nie, Here my God, moenie ver van my af bly nie. Kom tog gou om my te help, Here, my redder.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie Psalm bly een van die uitsoek Psalms wat enige kind van God in die krisis wat siekte bring, kan bid. Maar, ons het ook die voorreg dat ons deur die NT gewys word daarop dat die verband tussen sonde en siekte meer genuanseerd getrek kan word. Jesus wys bv. met die verhaal van die genesing van die blinde man dat sy gebrek met God se verheerliking verband hou, nie met sy sonde nie (Joh. 9). Siekte is immers ook die gevolg van die verganklikheid van die lewe, waaraan ’n mens deel het, sonder dat dit noodwendig met jou eie persoonlike skuld te make het. Wat ook al jou situasie dus is, jy kan met vrymoedigheid vir die Here vra om hulp. Hy sal antwoord, want Hy is die Redder, soos Dawid hier bely.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 39:1-6 

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalm word in die 1983-vertaling as ’n Belydenis vir die koorleier beskryf. Dit is egter beter om daardie Hebreeuse woord, Jedutun, as ’n eienaam te neem (vgl. 1953- en 2020-vertalings en talle Engelse vertaling; dit kom ook in Ps. 62:1; 77:1 voor). Jedutun was een van Dawid se musiekleiers (vgl. 1 Kron. 9:16; 16:38,41) saam met Asaf en Heman, wat ook self vir ‘n paar Psalms verantwoordelik was. Die Psalm van Dawid was dus bedoel om deur die koorleier Jedutun uitgevoer te word. Hierdie Psalm wys hoe uiters belangrik nadenke en gebed is vir iemand wat worstel met die impak wat slegte mense op sy of haar lewe het.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Op die wysie van “Jedutun”. ’n Dawidspsalm. Ek het gesê: “Ek sal bedag wees op wat ek doen en nie sondig met wat ek sê nie. Ek sal versigtig wees om nie te praat in die teenwoordigheid van die goddelose nie.” Maar toe ek daar in stilte bly staan en nie oor goeie dinge kon praat nie, het my ontsteltenis groter geword. Dit het in my begin kook. Terwyl ek nagedink het, het ek kwaad geword, en toe het ek begin praat: “Here, sê my tog wanneer is my einde. Wat is die getal van my lewensdae? Laat my besef hoe lank my lewe nog sal wees! Kyk, U het my lewe ’n blote handbreedte lank gemaak. My lewensduur is byna niks in u oë nie. Al is hy hoe selfversekerd, die mens is verganklik.” Sela” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalm leer ons dat om in direkte gesprekke met slegte mense te gaan, baie keer eerder meer konflik bring as wat dit oplossings bring. Dawid beperk daarom sy gesprek met hulle sodat hy nie self sondig met wat hy sê nie. Maar om jou wroeging en ontsteltenis nou net weer in te hou, en niks te sê nie, maak ’n mens weer siek van binne. Twee optredes het meriete in sulke situasies, soos Dawid hier uitspel. 1) Refleksie en nadenke: “Ek sal bedag wees op wat ek doen…” (vers 2). Ironies genoeg laat dit hom besef dat kwaad word eintlik sinloos is. Die lewe is te kort. Om dit in wroeging oor slegte mense te spandeer, is dom. 2) Indringende smekende gebed oor jou eie situasie. Dit is met God wat elke emosie deur gesels moet word.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 39:7-14

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In die laaste twee dele van die Psalm (geskei deur die Sela) reflekteer Dawid oor die verganklikheid van die mens waar die hoop nie in rykdom of eie geregtigheid lê nie, maar in God self. Die enigste hoop om hierdie lewe met ‘n glimlag te leef,  lê in God se hulp en redding.

Bid die Psalm

“Die mens is net ’n bewegende skaduwee. Al sy gejaagdheid is tevergeefs: Hy versamel rykdom, maar weet nie wie dit gaan gebruik nie. Here, waarop kan ek dan hoop? U is my enigste hoop. Red my van my oortredings. Moenie dat ek die spot van dwase mense word nie. Ek swyg voor U. Ek sal nie ’n woord sê nie, want U het dit gedoen. Neem tog u beproewing weg van my! Ek is uitgeput weens die las wat U op my lê. As U ’n mens straf oor sy sondes, verteer U dit wat hy begeer soos ’n mot. Daar is geen twyfel nie: Elke mens is waarlik verganklik. Sela Luister tog na my gebed, Here! Luister na my geroep om hulp! Moenie my trane miskyk nie. Want ek is soos ’n vreemdeling by U, ’n bywoner soos my voorouers. Spaar my lewe sodat ek weer kan glimlag voordat ek doodgaan en nie meer bestaan nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Terwyl Dawid vra dat hy van teëstanders en dwase verlos sal word, selfs ook van sy eie oortredings, is sy verwagting uiteindelik net in God se besluit en optrede geleë. En vra Dawid dat hy weer blydskap sal ervaar in God se teenwoordigheid. Dawid hou hier rekening daarmee dat niks van wat hy ervaar buite God se betrokkenheid by sy lewe gebeur nie. Soos Richard Niebuhr sê: “God is acting in all actions upon you. So respond to all actions upon you as to respond to His action.” (The Responsible Self).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar