Skip to main content

Psalm 34:1-9

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 34-37 staan bekend as wysheidsPsalms. Psalm 34 is ook ‘n akrostiese Psalm met die verse wat opeenvolgend met letters van die Hebreeuse alfabet begin. Die verwysing in vers 1 is waarskynlik na koning Akis wat die titel Abimelek – my vader is koning – gehad het. Akis het Dawid met ‘n valkoog dopgehou en sy vryheid aan bande gelê (1 Sam. 27-29; vgl. ook 1 Sam. 21). Twee temas bind die Psalm se onderskeie uitsprake saam: dankbaarheid en wysheid. Dawid begin in die eerste deel van die Psalm om die Here te loof en die geloofsgemeenskap uit te nooi om dieselfde te doen. Hy roem in of spog oor die grootheid van die Here, as aanmoediging vir ander om Hom te dien.  Hy loof God omdat Hy hoor en optree. Hier praat hy spesifiek daarvan dat die Engel van die Here (vers 8) intree en die dienaars van die Here beskerm.

Bid die Psalm

“Van Dawid, toe hy hom voor Abimelek kranksinnig gehou het sodat Abimelek hom weggejaag het en hy gevlug het. Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal net in die Here roem. Die nederiges sal dit hoor en bly wees. Kom verheerlik die Here saam met my; laat ons saam sy Naam prys. Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is. Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie. Hierdie ellendige mens het geroep, en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered. Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle. Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!” NLV

Boodskap en betekenis

Daar is nie ’n spesifieke verhaal van Dawid in die OT wat ’n mens met die verwysing na die Engel van die Here in hierdie Psalm kan verbind nie, maar daar is natuurlik baie ander verhale in die OT wat wel as agtergrond kan dien. Dink bv. aan Josua 5:13-15 met die oorwinning oor Jerigo, waar die Engel van die Here ‘n rol gespeel het. Ook die verhaal van Elisa in die konflik met die Arameërs, 2 Konings 6, waar Gehasi se oë oopgemaak word om die engeleskaar te sien wat hulle beskerm. Deur die eeue het baie mense al vertel dat hulle beskerm is soos vers 8 getuig. Die punt van hierdie eerste deel van die Psalm is, dié wat by Hom skuil, word nie teleurgestel nie. En daaroor kan ’n mens net juig, en dankbaar wees.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 34:10-15

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In die tweede deel van Psalm 34 brei Dawid verder uit op die tema van dankbaarheid en wysheid, en wys hoe die Here weet hoe om sy mense van kwaaddoeners en uit (baie) teëspoed te red, want in die volgende deel sal hy ons herinner daaraan dat die Here naby is aan dié wat gebroke is van hart en verslae van gees. “If your heart is broken, you’ll find God right there; if you’re kicked in the gut, he’ll help you catch your breath.” (Vers 18 in The Message). Omdat dié wat by God skuil nie teleurgestel word nie, gee dit ons die motivering om nog beter te leer hoe om die Here te dien – en met wysheid en oorleg te leef.

Bid die Psalm

“Dien die Here, julle wat aan Hom toegewy is! Hulle wat Hom eer, ly geen gebrek nie. Selfs jong leeus ly gebrek en is honger, maar wie op die Here vertrou, kort niks wat goed is nie. Kom, kinders, luister na my! Ek sal julle leer hoe om die Here te dien. Wie is die mens wat ’n lang lewe begeer, wat baie goeie dae begeer? Hy moet sy tong weerhou van kwaad en sy lippe om leuens te vertel. Vermy die kwaad en doen wat goed is. Soek vrede en streef dit na.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie laaste gedagtes lei my na die NT, en veral hoe Paulus oor wysheid en die dien van die Here gedink het. In Filippense 4:2 raai hy Euodia en Sintige (en daarmee die hele gemeente) om eensgesind te wees (letterlik: “saam te dink in die Here”) en in Efesiërs 4:3 moedig hy die gemeente ook aan om vrede na te jaag, omdat dit presies is wat die Gees doen in die geloofsgemeenskap, om hulle een te maak. Soos Dawid dit stel: “Soek vrede en streef dit na.”

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 34:16-23

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Let in die derde deel van Psalm 34 op hoe Dawid twee maniere van leef, kontrasteer: die wysheid van die regverdiges wat in God hulle fokus vind, en die dwaasheid van die goddeloses wat in hulleself hulle fokus soek. En sy ervaring is dat die Here sorg vir die regverdiges, maar nie vir die goddeloses nie.

Bid die Psalm

“Die Here waak oor hulle wat reg doen; Hy luister na die geroep om hulp. Maar die Here tree op teen hulle wat kwaad doen en verwyder die herinnering aan hulle op die aarde. Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle. Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom. Want die Here beskerm selfs elke been. Nie een van hulle sal gebreek word nie. Onheil sal sekerlik die goddeloses inhaal; hulle wat die regverdiges haat, sal veroordeel word. Maar hulle wat die Here dien, sal Hy bevry. Nie een wat by Hom skuil, sal veroordeel word nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Let op dat die goddeloses se ondergang as die gevolg van hulle eie kwaad beskryf word: “Onheil sal sekerlik die goddeloses inhaal.” (vers 22). Dwaasheid boemerang op hulle! Dit is asof God eintlik sy hand van bewaring terugtrek en hulle aan hulle eie planne oorlaat, wat op rampspoed afstuur. Maar God sorg vir die gebrokenes, en die moedeloses (spiritually crushed!), dié wat na Hom vra en dié wat Hom soek en wat toelaat dat Sy wil hulle lewens bepaal. Let weereens op dat God se teenwoordigheid IN krisisse ervaar word, en dat wysheid beteken om aan die Here vas te klou ten spyte van wat ook al met jou gebeur. Dit is hierdie karakter van God – dat Hy sorg vir gebrokenes en moedeloses – wat ons motiveer om te volhard in ons gebede. Vers 21 het ‘n besondere toepassing in die Nuwe Testament gekry aan die kruis. Johannes gebruik waarskynlik hierdie vers in Joh. 19:26: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.”

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 35:1-8

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 35 kan miskien die beste verstaan word teen die agtergrond van een of ander internasionale konflik wat Dawid met sy buurstate gehad het, waarskynlik een van Dawid se bondgenote, wat teen hom gedraai het. Die regstaal veronderstel een of ander vorm van verdrag wat verbreek is. Die situasie het oënskynlik so versleg dat oorlog onvermydelik geraak het, en die hele geloofsgemeenskap ingetrek word in voorbereiding vir die oorlog (soos dit ook die geval was met Psalm 20 en 21). In die eerste deel van Psalm 35 bid Dawid oor sy vyande wat hom sonder oorsaak vervolg en verguis – hetsy in ’n regs- of oorlogsomgewing. Dawid smeek die Here om vir hom in te tree en hom te verlos van hulle venyn en verraad. Hy maak veral staat op die Engel van die Here wat hulle soos kaf voor die wind sal wegvee.

Bid die Psalm

“Van Dawid. Kla dié aan wat my aankla, Here. Val húlle aan wat vir my aanval. Vat kleinskild en grootskild. Maak gereed en kom tot my redding. Neem u spies en werpspies op teen hulle wat my agtervolg. Laat ek hoor dat U sê: “Ek is jou redding!” Verneder hulle wat my lewe soek, en maak hulle tot skande. Laat hulle wat kwaad teen my beplan, in verwarring omdraai. Laat hulle wees soos kaf voor die wind wat die engel van die Here wegblaas. Maak hulle pad donker en glibberig terwyl die engel van die Here hulle agtervolg. Al het ek hulle geen kwaad aangedoen nie, het hulle vir my ’n strik gestel. Al het ek hulle nie benadeel nie, het hulle vir my ’n gat gegrawe. Daarom, laat sy verderf skielik kom: Laat hy in sy eie strik gevang word. Laat hy val in die gat wat hy gegrawe het.” NLV

Boodskap en betekenis

In enige situasie van aanvegting is dit nodig vir ‘n bidder om sy afhanklikheid van God te bely, selfs al sou hy, soos Dawid, oor baie vermoëns besit. Want, dit is nie die bidder se vermoë wat tel nie. Dit is God s’n. Dink daarom oor jou lewe, veral waar jy aanvegting ervaar, en bely jou afhanklikheid van God se ingrype. Bid dan dat Hy as jou Verlosser sal optree.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 35:9-18

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In die tweede en derde deel van Psalm 35 gaan Dawid se pleidooi oor in ’n geloofsbelydenis oor God wat sal optree. Hy sien al die verlossing wat God sal bring. Met sy hele wese sien Hy uit na die Here wat sy mag sal toon deur die magtelose te red van dié wat sterker is as hy. Die agtergrond vir die oorlog word geskets waarin die onskuld van Dawid, die koning, verklaar word en geworstel word met die onreg van die vyandige optrede. Dawid kontrasteer hulle venyn en skoorsoekery met sy eie omgee en gebed vir hulle, en roep om optrede deur die Here: “Hoe lank, Here, sal U net toekyk?” “Red my van hulle vernietiging…” (vers 17) “Dan sal ek U dank… ek sal U prys voor die groot skare van mense.” (vers 18).

Bid die Psalm

“Dan sal ek juig in die Here, ek sal my verheug oor sy redding. My hele wese sal uitroep: “Here, wie is soos U wat die hulpelose red uit die mag van die sterke, en die armes en behoeftiges van dié wat roof?” Kwaadwillige getuies staan teen my op. Hulle vra vir my dinge waarvan ek niks weet nie. Die goeie wat ek doen, vergoed hulle met boosheid terwyl ek siek is van wanhoop. Maar toe hulle siek was, het ek van droefheid rouklere gedra. Ek het myself verneder deur te vas, maar my gebede het teruggekom sonder ’n antwoord. Soos ’n vriend of ’n broer het ek opgetree, soos een wat treur oor sy moeder, geboë en in rou. Maar nou is hulle bly wanneer ek struikel. Hulle kom bymekaar, en lasteraars span saam teen my. Dié wat ek nie eers ken nie, trek my uitmekaar sonder ophou. Toe ek gestruikel het, het hulle my gespot, teen my hulle tande gekners. Hoe lank, Here, sal U net toekyk? Red my van hulle vernietiging, beskerm my van hulle wat my lewe soos leeus bedreig. Dan sal ek U dank in die groot vergadering; ek sal U prys voor die groot skare van mense.” NLV

Boodskap en betekenis

Deur spesifiek in gebed te wees, kom ‘n mens self beter agter wat regtig aangaan, en kan jy ook jou motivering voor God deurdink. Let op dat dit ook nie net oor jouself gaan nie, maar dat die verlossing ook as getuienis in die geloofsgemeenskap sal dien. Vir enige bidder wat sy saak só voor God bepleit, kom daar dan ook ‘n tyd waar jy só bewus raak van God se teenwoordigheid en bereidheid om op te tree dat dit in ‘n geloofsbelydenis oorgaan. ‘n Mens sien die oorwinning. ‘n Mens dank God dat Hy sal optree. Doen dit nou in terme van jou eie situasie.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar