Skip to main content

Psalm 35:19-28

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In die vierde deel van die Psalm plaas Dawid sy vertroue volledig in God se optrede om hom te red en vry te spreek van die ongegronde aanklagte of aanvalle teen hom sodat dié wat hulle verbly oor sy ongeluk beskaamd sal staan, en dié wat wil hê dat hy vrygespreek word, bly sal wees. God is regverdig. Dit vorm die basis van sy vertroue. Dawid sluit die Psalm af met sy gebed vir verlossing en oorwinning, waarin hy homself beroep op ’n God wat nie blind of doof is nie. En vra hy dat God nie ver van hom af sal bly nie. Laat dié wat vir sy saak is, bly wees, en dié wat hom leed wil aandoen, teleurgestel word.

Bid die Psalm

“Moenie toelaat dat my verraderlike vyande oor my lekkerkry, of dat hulle wat my sonder rede haat, hulle verlekker oor my leed nie. Hulle praat nie oor vrede nie, maar bedink vals beskuldigings teen onskuldige mense. Hulle rek hulle monde oop teen my en sê: “Aha! Aha! Ons het dit met ons eie oë gesien!” Here, U het alles gesien. Moenie stilbly nie! Here, moenie ver van my af wees nie. Word wakker! Staan op! Kom tot my verdediging! Verdedig my saak, my God en my Here! Gee uitspraak oor my in ooreenstemming met u regverdigheid, Here my God. Moenie dat hulle oor my lekkerkry nie. Moenie dat hulle sê: “Dis net wat ons wou hê!” nie. Moenie dat hulle sê: “Ons het hom vernietig!” nie. Mag hulle wat juig oor my nood, verneder word en in skande kom. Mag hulle wat op my neersien met skaamte en oneer bedek word. Laat hulle wat juig oor my vryspraak, uitroep van vreugde en blydskap. Laat hulle voortdurend sê: “Groot is die Here wat Hom verheug in die vrede van sy dienaar.” Ek sal u geregtigheid verkondig, ek sal U die hele dag lank prys.” NLV

Boodskap en betekenis

Jesus skets in aansluiting van hierdie Psalm die dilemma van gelowiges wat in die wêreld gehaat sal word in terme wat ontleen is aan hierdie Psalm in Johannes 15:25. Waar Dawid egter vir verlossing gevra het, en uitwissing van die vyand, kies Jesus om Homself te offer – en dit is wat Hy van ons ook verwag. Die gebede van vervloeking in die Psalms is deur Jesus getransformeer tot ’n gebed en ’n offer om verandering, selfs vir die vyande. Maar, dit beteken nie dat Jesus nie ook uiteindelik sal oordeel nie, want waar sy genade verwerp word, is daar geen verlossing meer moontlik nie, en sal Hy die teenstanders in oneer dompel en hulle vernietig.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 36

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 36 konfronteer ons met die waarheid dat daar net twee maniere is om te leef. Die goddelose leef in oorgawe aan die wil van sy eie hart; sy opstand teen God kom diep uit sy binneste. Die gelowige daarenteen leef in oorgawe aan die wil van God. Let op hoe Dawid se beskrywing van die gelowige lewenswyse nie in die eerste plek fokus op wat hy of sy vir God doen, of hoe hulle lewe anders is as die goddelose nie. Die fokus is op wie God vir hulle is – die fontein van die lewe; die lig waarin die lig gesien word. Dit is hierdie God by wie hy skuiling soek weg van die invloed van die goddeloses.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Psalm van Dawid, die dienaar van die Here. Die goddelose se opstand kom uit sy hart. Hy het nie ontsag vir God nie. In sy blinde verwaandheid sien hy nie sy sonde om dit te haat nie. Alles wat hy sê, is sondig en vals. Hy is nie verstandig nie en doen nie die goeie nie. Hy beplan kwaad wanneer hy gaan lê. Hy kies ’n pad wat nie goed is nie en verwerp nie die kwaad nie. Here, u goedheid is eindeloos soos die heelal; u trou tot by die wolke. U regverdigheid is soos die hoogste berge, u oordeel soos die diepste waters. U sorg vir mense en diere, Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! Die hele mensdom vind skuiling in die skadu van u vleuels. U voed hulle uit die oorvloed van u huis, en laat hulle drink uit strome van vreugde. Want by U is die fontein van die lewe, in u lig sien ons die lig. Laat u goedheid bly by dié wat U erken en u regverdigheid by dié wat opreg is. Moenie dat die hoogmoediges my vertrap nie. Moenie dat die goddeloses my wegdryf nie. Die kwaaddoeners val daar waar hulle is, hulle word neergegooi en kan nooit weer opstaan nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid kan nie uitgepraat raak oor God se trou, sy beskerming, die oorvloed wat Hy gee, die strome van goedheid wat Hy sy mense laat drink nie. God is die bron van die lewe. Deur sy lig lewe ons. Wat Dawid in gebed laat vertoef by die versugting dat hierdie belydenis oor God in die werklikheid van gelowiges se lewe tot sy reg sal kom, en dat hulle nie onder die aanslag van die eiegeregtige goddelose mense platgeslaan sal word nie. Dié lot moet eerder die goddeloses self tref. Hulle invloed moet deurbreek word, sodat hulle nie gelowiges van God se teenwoordigheid wegdryf nie.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 37:1-11

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Twee maniere van leef word weereens in hierdie wysheid Psalm met mekaar gekontrasteer, dié van die goddelose wat hom of haar nie aan God steur nie en dié van die gelowige wat dit wel doen – soos ons reeds in Psalm 1 en 36 gesien het. Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe. Dwaasheid is om Hom te probeer vermy en ignoreer, en God-loos te probeer lewe. Die eerste deel van hierdie akrostiese Psalm, verkondig die waarheid dat die vertroue in God se regverdigheid uiteindelik beloon sal word.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm. Moenie jou vererg oor boosdoeners nie. Moenie die kwaaddoeners beny nie. Want soos gras verlep hulle gou. Soos plante verdroog hulle vinnig. Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die lig, en die regverdigheid van jou saak soos die middagson. Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie. Moenie kwaad word nie; laat staan liewer jou woede. Moenie ander beny nie; dit lei net tot jou nadeel. Want die bose mense sal vernietig word, maar dié wat op die Here vertrou, sal die land besit. Binnekort sal die boosdoeners nie meer daar wees nie; al soek jy na hulle, sal jy hulle nie kry nie. Maar sagmoediges sal die land besit, hulle sal oorvloedige vrede geniet.” NLV

Boodskap en betekenis

Dit is duidelik dat hierdie wyse woorde gerig word aan mense wat dit nie maklik het in die wêreld nie. Hulle lei onder skelms en skurke, het te kampe met boosdoeners en kwaaddoeners wat op hulle manier floreer. Die wyse optrede is dus om jou nie te vererg vir boosdoeners of kwaaddoeners te beny nie, maar te volhard op jou pad met die Here in die vertroue dat Hy jou hartsbegeertes sal gee. Die Here sal die goddelose en die kwaaddoeners uitroei, en die sagmoediges wat op die Here vertrou die aarde laat beërwe. Daarom kan jy stil wees in die Here en geduldig op Hom en sy tyd wag. Jesus sluit by hierdie belofte aan in die Bergrede met sy eerste saligspreking (Matt. 5:5). Gelukkig is dié mense wat weet hoe afhanklik hulle van God is, wat nie net voortgaan om Hom in alles met integriteit te dien nie, maar die uitkoms van hulle begeertes aan God oorlaat. Dit is hulle wat regtig gelukkig sal wees.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 37:12-22

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die tweede deel van die Psalm onderstreep die beginsel dat ’n mens moet werk met die einde as vertrekpunt. Die goddelose bedink bose planne teen die regverdiges, maar God lag vir hulle, omdat Hy kan sien dat hulle dag kom. Hulle sal ly onder hulle eie planne. Die Here hou dag vir dag wag oor die onskuldiges en gee aan hulle ’n onsterflike besitting, ’n verwysing na die ewige lewe. Wat ’n belofte! Bose mense sal soos rookmis voor die son verdwyn. Luister na Peterson in The Message: “Bad guys have it in for the good guys, obsessed with doing them in. But God isn’t losing any sleep; to him they’re a joke with no punch line.” (vers 12-13)

Bid die Psalm

“Die goddelose sweer saam teen die regverdiges en kners op die tande vir hulle. Maar die Here lag vir hom, want Hy sien sy dag van oordeel kom al nader. Die goddelose trek die swaard en span die boog om die armes en behoeftiges tot ’n val te bring, om hulle wat reg doen, dood te maak. Maar hulle swaard sal hulle eie hart deurboor en hulle boog sal stukkend gebreek word. Dit is beter om vroom te wees en min te besit as om boos te wees en baie besittings te hê. Want die mag van die bose sal verpletter word, maar die Here sal die regverdiges beskerm. Die Here ken die lewensdae van die opregtes, en hulle erfdeel sal vir altyd bly bestaan. In slegte tye sal hulle nie verleë wees nie; selfs in hongersnood sal hulle genoeg hê. Maar die goddelose sal vergaan. Die vyande van die Here sal wees soos mooi weivelde wat soos rook verdwyn. Die goddelose leen en betaal nie terug nie, maar die regverdige gee vrygewig. Hulle vir wie die Here seën, sal die land besit, maar hulle wat Hy vervloek, sal uitgeroei word.” NLV

Boodskap en betekenis

Die ongemaklike waarheid van die lewe is dat goddeloses die regverdiges se ondergang soek en hulle lewe bedreig. Hulle wil die hulpelose en armes dood maak; dié wat die regte pad loop uitwis. Dit lei baie keer daartoe dat regverdiges gebrek lei. Daarom is dit een van die groot versoekings vir gelowiges, wat onder druk verkeer, dat as dit lyk asof dit goed gaan met die goddeloses, terwyl hulleself baie keer ly as gevolg van getrouheid aan die Here, om self in opstand te kom teen die goddeloses en die reg in eie hand te neem (Wanneer ons by Psalm 73 kom sal ons nog dieper hieroor gesels.) Dawid vind egter berusting deur van God se kant af na die goddeloses te kyk en raak te sien dat die Here vir hulle lag; dat Hy sal sorg dat hulle vergaan, en dat God se belofte is dat die opregtes vir altyd in sy teenwoordigheid sal floreer.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 37:23-29

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die belydenis van die Psalmis is dat die Here die koers bepaal van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en dat Hy sulke mense ondersteun. Dit is Dawid se persoonlike ervaring en ook sy waarneming van die ervaring van ander gelowiges. Trouens, dit is die getuienis van alle gelowiges deur die eeue.

Bid die Psalm

“Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. Ek was jonk, en nou is ek oud. Maar ’n regverdige mens wat verlate is, het ek nooit gesien nie, of dat sy kinders vir kos moes bedel nie. Hy leen altyd ruimskoots aan ander, en sy kinders is tot ’n seën. Vermy die kwaad en doen wat goed is, dan sal jy vir altyd woon in die land. Want die Here het die reg lief, en sal sy getroue dienaars nie verlaat nie. Hy sal hulle vir altyd veilig bewaar, maar die goddelose se kinders sal vergaan. Die regverdiges sal die land besit en daar vir altyd woon.” NLV

Boodskap en betekenis

‘n Mens moet die opdrag in die Psalm goed raaksien – vermy die kwaad en doen wat goed is – want, die belofte van groot seën is daaraan gekoppel: voorsiening en veiligheid in God se sorg. Maar, wat ‘n mens net so goed moet raaksien, is dat dit begin by ‘n lewe wat in die regte verhouding met God is, want, sê Dawid, dit is iemand met wie se lewe die Here tevrede is wat Hy op die regte pad begelei. En uit die NT weet ons dat om in die regte verhouding met God te kom, ‘n geskenk van Jesus Christus is, dié Een wat deur geloof ons met God versoen sodat Hy die rigting van ons lewe kan bepaal.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar