Skip to main content

Psalm 47

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dit is ’n jubelende Psalm wat nie net die volk van die aartsvaders (Jakob, Abraham) oproep om God se lof te besing bo alles nie, maar alle nasies en hulle leiers saam wil intrek in hierdie loflied aan God.  Want, God is die Groot Koning oor die hele aarde (vers 3, 8) en oor al die nasies (vers 9, 10). Die motivering vir hierdie oproep tot lof is tweërlei en vorm die hart van die twee dele van die Psalm: 1) Lof aan God vanweë sy onderwerping van die nasies – vers 2-5; 2) Lof aan God vanweë sy vereniging van die nasies – vers 6-10. Let op in vers 9 dat God op sy troon sit (soos die NLV en 2020-vertaling korrek vertaal) waarmee sy beheer en heerskappy uitgedruk word.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Van die Koragiete. ’n Psalm. Al julle volke, klap julle hande! Juig voor God met groot gejubel! Want ontsagwekkend is die Here, die Allerhoogste, die groot Koning wat heers oor die hele aarde. Hy onderwerp volke aan ons, maak mense onderhorig aan ons. Hy het vir ons ’n erfdeel gekies, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela God gaan op met groot gejuig, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas. Prys God, prys Hom; prys ons Koning, prys Hom! Want God regeer oor die hele aarde. Sing vir Hom ’n pryslied! God regeer oor die nasies, God sit op sy heilige troon. Die heersers van die volke vergader saam met die volk van die God van Abraham. Die konings van die aarde behoort aan God. Hy is hoog verhewe.” NLV

Boodskap en betekenis

Dit is hierdie perspektief op God in die OT wat duidelik ’n groot rol gespeel het ook in die beskrywing van God in die NT, bv. in die Openbaring van Johannes. God word daar op verskeie plekke uitgebeeld as die Een wat op die troon sit as teken van die absoluutheid van sy heerskappy (Openb. 4:2, 9, 10; 5:1, 7, 13; 6:16; 7:10, 15; 19:4). Dit is ’n perspektief wat ook op Jesus in die NT van toepassing gemaak is, veral na Jesus se opstanding en hemelvaart, wanneer bely word van Hom dat Hy aan die regterhand van God op die troon gaan sit het. Jesus se troonsbestyging is fundamenteel tot sy werk en ons begrip daarvan (Matt. 23:22; Mark. 16:19; Luk. 22:69; Rom. 8:34; Kol. 3:1; Heb. 1:3; 10:12; 12:2). Geen wonder dit het só ’n belangrike invloed op ons geloofsbelydenisse van die eerste paar eeue van ons jaartelling gehad nie. Onthou ook dat hierdie Psalm die inspirasie is vir die lied: “Alle volke, klap julle hande – juig tot eer van God. Verhef julle stem en roem Sy Naam in elke stad op aarde. Sing en sing en sing dan saam; loof en prys Sy grote Naam, want Hy is ewig Koning in die Hemel en op aarde! Sing en sing en sing dan saam; loof en prys Sy grote Naam, want die Hemelkoning skenk ons Sy genade!” (LB 547 vers 1). Laat die woorde van die lied in jou binneste bly vandag. God is koning oor die hele aarde. Hy voer heerskappy oor alle nasies.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 48

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm besing met passie die berg van die Here in Jerusalem, Sion, soos ook in ‘n hele paar ander Psalms gedoen word (Ps. 76, 84, 87, 122). Op ’n dieper vlak gaan dit egter natuurlik oor God self wat lofwaardig oor die hele aarde is.  Dit is Sy teenwoordigheid wat met Sion geassosieer word waardeur Sion ’n simbool van God self geword het. Die Psalm het 4 dele: 1) God se grootheid word besing soos dit gesimboliseer word deur Sion – vers 2-3.  Let op dat die grootsheid daarvan nie net bedoel is vir die volk van God nie, maar as vreugde vir die hele aarde.  Jesus het in die Bergrede ’n frase uit vers 2 gebruik om God se verbintenis aan Jerusalem te beskrywe: ”die stad van die groot Koning” (Matt. 5:35). 2) God se beskerming vanaf Sion word geloof aan die hand van konkrete ervarings daarvan, beide in die verlede as in die hede – vers 4-9.  3) God se trou word oordink in die tempel op Sion as ’n getuienis vir die nasies van die aarde en almal aangemoedig om daaroor bly te wees – vers 10-12. 4) God se leiding word bewonder as getuienis vir die volgende geslag van God se mense – vers 13-15.

Bid die Psalm

“’n Lied. ’n Psalm van die Koragiete. Die Here is groot! Hom kom toe die grootste lof in die stad van ons God, op sy heilige berg! Sionsberg, daar teen die noorde, is pragtig daarbo, dis ’n vreugde vir die hele aarde, die stad van die Groot Koning! God self is in haar vestings; Hy is bekend as ’n toevlugsoord. Konings het saamgespan, saam teen die stad opgeruk. Toe hulle die stad sien, was hulle sprakeloos en het verskrik op die vlug geslaan. Angs het hulle aangegryp, soos ’n vrou met geboortepyne; angs soos toe die oostewind die skepe van Tarsis verwoes het. Ons het dit verneem, dit self so gesien, in die stad van die Here, die Almagtige, in die stad van ons God. God sal dit vir altyd vas laat staan. Sela O God, ons oordink u troue liefde wanneer ons in die tempel aanbid. Soos dit pas by u Naam, o God, so sal U geprys word tot aan die eindes van die aarde. U sterk hand is vol regverdigheid. Sionsberg sal bly wees, die dorpe van Juda sal juig, want u oordele is regverdig. Gaan loop in Sion. Loop rond en tel al die torings. Kyk na die versterkte mure en bekyk al die vestings, sodat jy dit kan vertel aan die geslagte ná jou. Want dié God is ons God vir altyd. Hy is ons God. Hy sal ons tot die einde toe lei.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie Psalm teken vier van God se belangrikste eienskappe wat ook vir ons in ons gebede en lewe voor God kan inspireer: God is groot, God beskerm, God is betroubaar, God lei sy mense. Neem vandag genoeg tyd om God vir sy grootheid te loof, Hom te dank vir sy beskerming, na te dink oor sy betroubaarheid en leiding in verskillende situasies waardeur jy al gekom het en jou verbintenis aan Hom in die woorde van vers 15 te bevestig: “Want dié God is ons God vir altyd. Hy is ons God. Hy sal ons tot die einde toe lei.”

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 49:1-14

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie is die laaste Psalm van die Koragiete in die 2de Psalmboek.  Dit is ook die 1ste van ’n reeks van 5 wysheid Psalms. Die fokus van hierdie Psalm word in vers 5 gegee. In die eerste deel van die Psalm wil die Koragiete die raaisel van die vrees vir rykes verklaar, want dit is dwaasheid om rykes te vrees, of om op rykdom te vertrou: “Niemand kan ooit genoeg betaal sodat hy vir altyd sal lewe en die dood nie sal sien nie.” Rykes se voorspoed is immers nie in hulle eie hande nie. So ook nie die ewige lewe nie. Die enigste hoop vir die ewige lewe lê in God opgesluit wat ’n mens van die mag van die dood kan verlos. Daarom hoef, trouens, mag gelowiges nie vir rykes bang wees of hulle rykdom beny nie.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Van die Koragiete. ’n Psalm. Luister hierna, al julle volke! Gee ag, al julle bewoners van die wêreld: eenvoudiges en mense van aansien, dié wat ryk is en dié wat arm is! My mond sal wyse woorde praat, my gedagtes sal getuig van insig. Ek sal luister na spreuke en raaisels oplos by die speel van die lier. Waarom sal ek bang wees in tye van nood, wanneer bose bedrieërs my omsingel, hulle wat vertrou op hulle welvaart, wat spog met hulle rykdom? Geen mens kan enigsins ’n ander loskoop deur ’n losprys aan God te gee nie. Die redding van ’n mens is te duur. Niemand kan ooit genoeg betaal sodat hy vir altyd sal lewe en die dood nie sal sien nie. Almal kan sien: Wyse mense sterf, ook die dwaas en die stommerik, en laat hulle rykdom agter vir ander. Hulle graf is hulle tuiste vir altyd. Daar sal hulle bly van geslag tot geslag, selfs al het hulle die grond na hulleself vernoem. Die mens in weelde leef nie vir altyd nie, maar sterf self net soos die diere. Dit is die lot van dwase mense, en dié wat hulle woorde beaam. Sela” NLV

Boodskap en betekenis

Die lewe moet in ’n noue verhouding met God geleef word, deur Hom te erken en in ag te neem in alles. Hy het totale mag oor lewe en dood. Soortgelyke gedagtes word in Job 21 uitgespreek oor hierdie verskynsel van die rykes wat God nie wil ken nie en moet uitvind, “hulle voorspoed is nie in hulle eie hande nie” (vers 16). Ook Psalm 73 sal in die 3de Psalmboek soortgelyke gedagtes kwytraak. Só leer Jesus ons ons in die NT ook. Dink aan die gelykenis van die ryk dwaas waar die ryk man nie ook ryk in God was nie en in sy dwaasheid rykdom opgegaar het vir die toekoms, maar uiteindelik niks daarvan kon geniet nie (Luk. 12:13-21). Vergelyk ook die ontstellende en tragiese verhaal van die ryk jongman wat die kans van sy lewe mis om ‘n dissipel van Jesus te word, omdat hy te verknog was aan sy besittings (Matt. 19:16-30).  Sowel as die bekende verhaal van Lasarus en die ryk man, waar die ryk man nie tyd gemaak het om na God se wil te luister nie, en ook nie tyd gemaak het om deernis met die arm Lasarus te betoon nie, en dit suur bekom in die hiernamaals (Luk. 16:19-31).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 49:15-21

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die tweede deel van die Psalm waarsku dwase rykes dat hulle soos skape vir die doderyk bestem is waar die dood hulle “herder” sal wees. Maar, die Koragiete bemoedig die opregtes wat op God vertrou, dat Hy hulle sal loskoop uit die mag van die dood ongeag hulle status in hierdie lewe. Daarom moet ‘n mens jou nie kwel oor ryk mense en hulle mooi “wonings” nie, want sonder God sal hulle net soos diere vergaan.

Bid die Psalm

“Soos skape is hulle vir die doderyk bestem, daar waar die dood hulle herder sal wees. Die opregtes sal oor hulle seëvier wanneer die dag aanbreek; hulle sal verrot in die graf wat vir hulle ’n tuiste sal wees. Maar God sal my verseker loskoop uit die mag van die doderyk en my saam met Hom neem. Sela Moenie ontsteld word as die goddelose ryk word en sy woning nog mooier maak nie. Hy kan niks met hom saamneem wanneer hy sterf nie; sy besittings sal hom nie volg nie. Hoewel hy voorspoedig kan wees, en hulle hom toejuig oor sy sukses, sal hy sterf soos sy voorouers voor hom wat nie weer die daglig sal sien nie. Die mens met rykdom sonder insig is net soos diere wat vergaan.” NLV

Boodskap en betekenis

Die waarskuwing dat rykdom as sodanig geen ewige waarde het nie, is ‘n sterk bemoediging vir ons om in opregtheid te volhard in ons gehoorsaamheid aan die Here, maak nie saak wat ons status of situasie in hierdie lewe is nie. Vers 16 is ‘n OT beskrywing van die opstanding uit die mag van die doderyk: “Maar God sal my verseker loskoop uit die mag van die doderyk en my saam met Hom neem.” Soos God die aardse lewe aan ons gegee het, en absolute mag daaroor het, kan Hy die ewige lewe ná die dood vir sy mense gee, want ook dít is ook sy domein. Dit leer die NT ons nog meer volledig (vgl. Joh. 3:16; 1 Kor. 15).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 50:1-15

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 50 is die eerste van die Psalms van Asaf (vgl. ook Ps. 73-83), een van die hoof sangleiers van ’n Levitiese  sangersgeslag in die dae van Dawid (1 Kron. 6:39).  Getrou aan die aard van ‘n sangleier van formaat, is dié Psalm in die vorm van ‘n liturgie, wat lofsang as ‘n sleutel deel van elke gelowige se geestelike lewe uitspel.  Trouens jy kan God nie reg vereer en dien as jy dit nie doen nie, sê Asaf. Lof bestaan vir Asaf ten diepste in die dankbare erkenning en verering van God se teenwoordigheid in alles. Dit is eintlik net die gebrek aan hierdie lof wat God se toorn laat ontvlam (Ps. 50:7), veral in reaksie op die goddeloses wat nie met Hom rekening hou nie (Ps. 50:22). God wil niks anders as lof van ons hê nie (Ps. 50:14), wat gelowiges die voorreg gee om ook nog tot Hom in nood te kan roep (Ps. 50:15).  Offers is nie vir Hom wesenlik nie, lof wel! Komende van die amptelike liturg, wie se familie baat gevind het by die offers, is dit nogal ‘n mondvol! Asaf se liturgie beslaan drie dele waarvan ons die eerste twee dele vandag doen: ‘n Oproep om te bely dat  Jahwe alleen God is – vers 1-6 – en ‘n Appèl aan die gelowiges om God te loof deur Hom te erken en vereer – vers 7-15. Môre sal ons die laaste deel hanteer – ‘n Appèl aan die goddeloses om met God rekening te hou – vers 16-23.

Bid die Psalm

“’n Asafpsalm. Die Here is God, net Hy is God. Hy praat en roep die hele aarde op van waar die son opkom tot waar dit ondergaan. Vanuit Sion, in volmaakte prag, skyn God in heerlikheid. Ons God kom nader, maar nie in stilte nie: Voor Hom verteer ’n vuur en rondom Hom woed ’n storm. Hy roep die hemel en die aarde om sy getuies te wees wanneer Hy regspreek oor sy volk: “Versamel dié wat getrou is aan My, en met offers ’n verbond met My sluit.” Die hemele maak sy regverdigheid bekend, want God self is die regter. Sela “My volk, luister as Ek praat, Ek sal teen jou getuig, Israel. Ek is God, jou God! Dis nie weens jou offers dat Ek jou berispe, of oor jou brandoffers wat gedurig voor My is nie. Ek soek geen bul uit jou stal, of bokke uit jou kraal nie. Want al die diere van die bos is Myne, ook die wild op duisende berge. Ek ken elke voël op die berge; al wat roer in die veld is Myne. Sou Ek honger wees, sal Ek jou dit nie sê nie, want aan My behoort die aarde en alles daarop. Eet Ek dalk die vleis van bulle, of drink Ek die bloed van bokke? Offer dankoffers aan God, en betaal jou geloftes aan Hom die Allerhoogste. Roep na My in die dag van nood. Ek sal jou verlos en jy sal My eer.”” NLV

Boodskap en betekenis

Let op dat hierdie liturgiese besig wees met God in lofsang nie opsioneel is nie.  Ek dink baie mense kom na ‘n erediens om na ‘n preek te luister.  En natuurlik is dit van veel waarde.  Maar ‘n erediens is baie meer as ‘n preekdiens.  Dit is ‘n liturgiese besig wees met God wat HY voorskryf.  Hy eis van ons lofsang, Hy luister na ons verering, ons erkenning van Hom in alles, en lofsang beweeg Hom om op nog meer maniere vir ons te sorg, veral wanneer ons Hom dan aanroep in die dag van benoudheid.  Lof is ‘n sleutel deel van jou geestelike lewe (vgl. Hebr. 13:15). Terloops – Paulus gebruik gedagtes uit hierdie deel van die Psalm in sy begronding van sy Godsbeeld in die preek op die Areopagus in Atene (Hand. 17:24-25).  Net so in sy voorskrif aan die Korintiese gelowiges om nie ander te veroordeel oor hulle eetgewoontes nie, want alles – ook die kos wat ons eet – behoort aan God en kan met dankbaarheid en erkenning van God geniet word (1 Kor. 10:26).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar