Skip to main content

Psalm 31:15-19

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid bevestig in die derde deel van die Psalm sy vertroue op die Here. Hy leer ons dat vertroue meer tot sy reg kom in die smeltkroes van die lewe. Vertroue wys sy ware karakter in swaar tye. En Dawid kan vertrou, omdat hy glo: “My tye is in u hande” (vers 16 in 1983-vertaling en 2020-vertaling). Hierdie sin kan ook vertaal word met “My toekoms is in u hande” (Craigie; NLV). Terwyl hy pleit dat hy uit die hande van sy vyande en vervolgers gered word, en hy pleit dat God hom sal red deur sy onfeilbare liefde, en hy smeek dat die Here hom nie teleurgestel sal laat staan in sy verwagting nie, neem hy dus nie God se rol oor deur in die uitkoms te glo nie, maar net in God.

Bid die Psalm

“Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: “U is my God!” My toekoms is in u hande. Red my van vyande en vervolgers. Laat u guns oor u dienaar skyn, red my deur u troue liefde. Moenie dat ek in die skande kom nie, Here, want ek roep tot U om hulp. Laat die goddeloses in die skande kom, en in stilte neerdaal in die graf. Laat die leuenaars stilgemaak word, dié wat vol hoogmoed en veragting teen regverdiges praat.” NLV

Boodskap en betekenis

Jesus wys vir ons aan die kruis dat ons ernstig en volhardend vir uitkoms kan bid, soos ’n Dawid van ouds, maar altyd die spesifieke uitkoms in die Here se hande moet laat. Maar, bid kan ons bid. Dit is juis wanneer almal skinder oor hom en sy ondergang beplan – d.w.s. in dié haglike situasie – wat Hy sy vertroue op die Here plaas, bid vir verlossing van vervolgers, maar steeds sy toekoms in God se hand los. Jô! Watter gebed!

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 31:20-25

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid bemoedig ons in die vierde deel van die Psalm met die prentjie van God se goedheid wat soos ’n belegging groter en groter groei vir dié wat Hom vrees. Trouens, Hy word ’n skuilplek weg van dié wat teen ons saamsweer. Dit laat ons uitbars in liefde teenoor Hom en bemoedig ons om sterk te staan en moed te hou in vertroue op sy ingrype.

Bid die Psalm

“Hoe groot is die goedheid wat U weggebêre het vir hulle wat U dien, wat U voor die oë van die mense gee aan hulle wat op U vertrou. U verberg hulle veilig in u teenwoordigheid teen komplotte van mense. U bedek hulle in u skuilplek, veilig van dié wat hulle beskuldig. Prys die Here, want Hy het sy troue liefde aan my bewys toe ek in nood was, soos in ’n beleërde stad. Toe ek bang was, het ek geroep: “Ek is afgesny van die Here!” Maar U het na my gebede geluister toe ek na U om hulp geroep het. Getroues, julle moet die Here liefhê! Hy beskerm almal wat getrou is, maar verwaandes straf Hy swaar. Daarom, wees sterk en vol moed, almal wat op die Here vertrou.” NLV

Boodskap en betekenis

Waaraan Dawid vashou, is alles wat hy weet van God. Dink net weer terug aan wat hy regdeur die hele Psalm sê oor God se getrouheid (vers 5, 21), sy getroue en onfeilbare liefde (vers 7, 16), dat Hy raaksien (vers 7), dat Hy ’n veilige staanplek gee (vers 8), sy goedheid (vers 19) en sy guns en beskerming (vers 24). Hoe Dawid vashou hieraan, is om te vertrou, sterk te wees, moed te hou. Dit is inderdaad so dat die Here dié beskerm wat aan Hom getrou is. Daarom moet ons oorloop van liefde vir Hom en dit gereeld vir Hom sê. Terwyl ons sterk is, goeie moed hou, en ons vertroue altyddeur in die Here bly stel.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 32

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 32 besing in die eerste deel van die Psalm die geluk van een wat vergifnis ontvang het, want om te swyg oor jou sonde tap jou kragte soos in ’n uitmergelende hittegolf. Dawid besing in die tweede deel ook die beskerming wat God verleen aan een wat vroom lewe sowel as die leiding wat Hy gee aan enigeen wat die Here daarvoor vertrou.

Bid die Psalm

“’n Dawidslied. Geseënd is die mens wie se opstand vergewe is, wie se oortredings afgeskryf is. Geseënd is die mens wie se sonde die Here nie toereken nie, in wie se lewe daar geen bedrog is nie! Toe ek oor my sonde stilgebly het, het my liggaam gekwyn van ellende, het ek die hele dag lank gekreun. Dag en nag was u hand swaar op my. My krag het verdwyn soos water in somerhitte. Sela Maar ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek bely my opstand teen die Here.” En my sonde en oortredings het U vergewe. Sela Daarom moet al die vromes U aanbid in tye van nood. Die groot vloedwaters sal dié mens beslis nie oorval nie. U is vir my ’n skuilplek. U beskerm my teen teëspoed. U omring my met liedere van redding. Sela Die Here sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees. Moenie redeloos wees soos ’n perd of muil wat met stang en toom beheer moet word nie.” Baie leed tref die goddeloses, maar onfeilbare liefde omring húlle wat op die Here vertrou. Daarom, wees bly in die Here en juig, regverdiges! Roep uit van vreugde, julle almal wat opreg is!” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid skets in die eerste deel van die Psalm op diepsinnige manier dat sondebelydenis en vergifnis ’n mens regtig gelukkig maak. As jy ervaar dat die boek van jou lewe skoongemaak word van alles wat skadelik en skandelik is, dan lewe jy eers regtig! Dit is waarom die wegsteek of ontkenning van sonde so destruktief is. Sondebelydenis maak jou egter vry en bring jou binneste tot bedaring. Vergifnis gee almal die vrymoedigheid om God as skuilplek op te soek en te ervaar. Maar, sondebelydenis is nie al nie. God wil ons in die tweede deel van die Psalm leer watter pad ons moet inslaan. Maar dan moet ons Hom vertrou en ons in Hom verbly, en nie soos ’n steekse perd in ’n verkeerde rigting beur, omdat ons dink Hy weet nie wat Hy doen nie. Vir dié wat ja sê vir só ’n lewe, ervaar dat God hulle met sy liefde omvou! En dit is die aanleiding tot ’n lewe van lof aan God in die byeenkoms van die regverdiges.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 33:1-12 

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 33 is een van die min Psalms wat nie ’n opskrif het nie. Soos iemand van dié tipe Psalms sê, dit is weeskind-Psalms! Maar watter spraaksame weeskind! Dit roep al die nasies sowel as die hele wêreld op om God te loof, want Psalm 33 ‘n loflied oor vertroue. Die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. Dit is sigbaar in die skepping, dit is duidelik deur die geskiedenis. En wat die skepping en die geskiedenis oor God sê, is dat die Here sorg vir dié wat Hom vertrou. Ons lees dit in twee dele: vers 1-12 en vers 13-22.

Bid die Psalm

“Jubel, regverdiges, oor die Here! Dit pas opregtes om Hom te loof. Prys die Here met die lier; met musiek op die tiensnareharp. Sing vir Hom ’n nuwe lied, speel met vaardigheid en jubel. Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. Hy het regverdigheid en reg lief, en sy troue liefde vul die aarde. Deur die woord van die Here is die hemele geskape; en deur sy woord al die hemelliggame. Hy stel grense vir die see, in die diepwaters versamel Hy hulle. Laat elkeen op die aarde die Here dien. Laat die inwoners van die wêreld ontsag hê vir Hom. Want Hy het gepraat, en dit was daar; Hy het beveel, en dit was so. Die Here verydel die beraadslaging van die nasies en dwarsboom die planne van mense. Maar die Here se planne staan vir altyd vas; sy beplanning geld vir geslag na geslag. Geseënd is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Homself as sy eiendom gekies het.” NLV

Boodskap en betekenis

In hierdie eerste deel van die Psalm moedig Dawid ons aan om gereeld ’n uitbundige loflied te sing tot God se eer. Om Hom te loof vir sy Woord (vers 4-9) en sy planne (vers 10-12). God doen wat Hy sê. Die hele skepping getuig daarvan. Ons moet in ontsag vir Hom lewe. Sy planne is onbreekbaar vas. Hy verydel die planne van die nasies.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 33:13-22

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In hierdie tweede deel van die Psalm word ons aangemoedig om God vir sy alwetendheid (vers 13-15) en almag (vers 16-19) te loof. God vorm ons denke en dade as ons in ontsag vir Hom lewe. Hy sorg vir almal wat hulle hoop op Hom stel in dood en hongersnood. Met ons hele wese wag ons op sy hulp.

Bid die Psalm

“Die Here kyk vanuit die hemel en sien die hele mensdom. Vanaf sy woning sien Hy al die bewoners op die aarde. Omdat Hy hulle harte gemaak het, verstaan Hy alles wat hulle doen. ’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Dis valse hoop dat ’n oorlogsperd veiligheid verseker, en deur groot krag redding bring. Maar die Here waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou. Ons vertrou op die Here om ons te red. Hy is ons hulp en beskerm ons soos ’n skild. In Hom is ons harte verheug, want ons vertrou op sy heilige Naam. Laat u troue liefde ons oordek, Here, want ons hoop op U alleen.” NLV

Boodskap en betekenis

Hoe pragtig sluit die Psalm nie af met ’n getuienis nie: “In Hom is ons harte verheug, want ons vertrou op sy heilige Naam (vers 21).” Wat weer opgevolg word met ’n gebed: “Laat u troue liefde ons oordek, Here, want ons hoop op U alleen.” (vers 22). Loof die Here vir wat jy al ervaar het van sy alwetendheid en almag.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar