Skip to main content

Tag: Wie is God?

God bestaan en God praat – Psalm 19

SKEPPINGSPSALM

Psalm 19 is een van die skeppingspsalms (soos ook 29, 33, 65, 74, 104, 136, 147 en 148).  Dit roep die verloop van die skeppingsverhaal van Genesis 1-3 in herinnering.   Die Psalmis het gehoop dat dié Psalm mense in vervoering sou laat oor God, sodat hulle later as hulle van die tempel af huis toe gaan, met ‘n groter bewussyn van die heerlikheid van God sou lewe, sodat elke keer wat hulle weer kyk na die hemel en na die son en die normale gang van die dag en die nag ervaar, hulle van God bewus sou bly.

PSALM VAN DIE WOORD

Maar dié Psalm gaan nie net oor die heerlikheid van die skepping nie.  Dit beweeg van ‘n loflied oor die skepping na ‘n loflied oor die wet van God wat vir die mens doen wat die son doen vir die skepping.  Dit bring lig en krag en die teenwoordigheid van God self tot in die dieptes van die menslike hart (NT Wright).  En hierdie wet is natuurlik die spilpunt van die verbond wat Israel aan God verbind het, die hart van Sy Woord aan hulle.  Met die wet as hulle wegwyser, was Israel die uitverkore volk van die SkepperGod.

En die Psalmis het gehoop dat dié skets van die Woord, soos druppels heuning uit ‘n heuningkoek, hulle sou inspireer, sou laat begeer om in die Woord te lewe, dit hulle huis te maak, sodat God nie net ‘n veraf en van-bo-af God sou bly nie, maar die persoonlike God, dié een wat in die lewe deur sy Woord betrokke is, en hulle Hom sou ontmoet in die Woord en met sy Woord aan hulle sy en in hulle hart met Hom ‘n pad sou stap. Kortom, dat hulle Hom sal ken.

EIE VERTALING

Ek gee vandag my eie vertaling van hierdie gedeelte.  Ek doen dit 1) omdat daar nuanses is wat verlore gaan in die huidige vertaling, 2) omdat ek graag die gedagte-eenhede van die Psalm wil onderstreep, en 3) sodat jy in die lees daarvan geïnspireer kan word om elke oomblik van jou lewe bewustelik met dié God te lewe:

Continue reading

Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die kennis van God? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 2

DIE MIDDELE WAARDEUR ONS GOD KEN

Ons ken Hom deur twee middele:

Ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld. Dit is immers voor ons oë soos ‘n mooi boek waarin alle skepsels, groot en klein, die letters is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, duidelik laat sien, soos die apostel Paulus sê (Rom. 1:20). Al die dinge is genoegsaam om die mense te oortuig en hulle alle verontskuldiging te ontneem.

Ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en meer volkome aan ons bekend, en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot sy eer en tot die saligheid van hulle wat aan Hom behoort.

Ps. 19:2; Ef. 4:6; 1 Tim. 2:5; Deut. 6:4; Mal. 2:10; 1 Kor. 8:4, 6; 1 Kor. 12; 1 Kor. 1.

Westminster Geloofsbelydenis 1.1

Holy Scripture

1. Our natural understanding and the works of creation and providence so clearly show God’s goodness, wisdom, and power that human beings have no excuse for not believing in him.1 However, these means alone cannot provide that knowledge of God and of his will which is necessary for salvation.2 Therefore it pleased the Lord at different times and in various ways to reveal himself and to declare that this revelation contains his will for his church.3 Afterwards it pleased God to put this entire revelation into writing so that the truth might be better preserved and transmitted and that the church, confronted with the corruption of the flesh and the evil purposes of Satan and the world, might be more securely established and comforted.4 Since God no longer reveals himself to his people in those earlier ways,5 Holy Scripture is absolutely essential.6

  1. Rom 2.14-15, 1.19-20, Ps 19.1-4, Rom 1.32, 2.1.
  2. 1 Cor 1.21, 2.13-14, 2.9-12, Acts 4.12, Rom 10.13-14.
  3. Heb 1.1-2, Gal 1.11-12, Dt 4.12-14.
  4. Prv 22.19-21, Lk 1.3-4, Rom 15.4, Mt 4.4,7,10, Is 8.19-20, Lk 24.27, 2 Tm 3.16, 2 Pt 3.15-16.
  5. Heb 1.1-2, see General Note.
  6. 2 Tm 3.15-16, 2 Pt 1.10, Lk 16.29-31, Heb 2.1-3.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die inhoud van hierdie geloofsbelydenisse jou gee.

Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10

God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oop – maak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak. (NLV)

1. God openbaar Hom nie net in die skepping en sy geskrewe woord nie. Ook, en veral in Jesus, ons Voorganger, soos Hebreërs 1 dit uitspel. Wat leer jy uit hierdie vers oor die doel van God se openbaring aan ons?

2. Watter rol dink jy het lyding gespeel in Jesus se lewe en gereedheid vir sy taak? Wat is Jesus se taak? Watter rol kan lyding in jou lewe speel? Hoe help Jesus jou daarmee?

3. Lees die gedeelte later vandag weer om jou aan Jesus, jou Voorganger, te herinner.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Hebreërs 2 sowel as my bydrae daaroor: Hebreërs 2-3:11 – Jesus is die Leidsman van ons verlossing en die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis.

Hoe ken jy God? – Romeine 1:20

Hulle kan sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en sy Goddelikheid, reeds van die skepping van die wêreld af duidelik uit sy handewerk waarneem. Daarom kan hulle hulleself nie verontskuldig nie. (NLV)

1. Watter onsigbare eienskappe van God kan jy uit die skepping aflei? Kan ‘n mens dit miskyk en God daarvoor verkwalik?

2. Wat is jou ervaring van God se ewige krag en Goddelikheid?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se kragtige nabyheid wat nooit sal ophou nie.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 1 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.

Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96

U woord, Here, is vir altyd, dit staan vas in die hemel. U trou is vir geslag na geslag, U het die aarde gevestig, en dit staan nog vas. U bepalings is vandag nog waar, want al hierdie dinge is u dienaars. As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het van ellende. Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. Ek behoort aan U; red my tog! Want ek vra na u bevele. Bose mense wag my in om my dood te maak, maar ek neem u waarskuwings in ag. Selfs volmaaktheid het sy perke, maar u gebooie ken geen grense nie. (NLV)

1. Psalm 119 besing die wonder van die woord van God. Onderstreep al die beskrywings daarvan en oordink die betekenis daarvan vir jou. Watter vreugdes het die woord al vir jou gegee?

2. Gebruik dié verse as ‘n dank- en lofgebed in jou eie woorde. Onthou ook dat die Psalmis praat van die uitdaging van bose mense wat ‘n mens se getrouheid aan die woord kan beproef. Bring jou eie situasie voor die Here en bid vir volhardende vertroue.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die woord van God.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 119 (bydraes oor die hele Psalm is daar beskikbaarof my bydrae oor die gedeelte: Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas.

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…