Skip to main content

Tag: Wie is God?

Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba

Die verhaal van Dawid in 1 en 2 Samuel wys vir ons hoe God iemand wat growwe foute gehad het, se hart raaksien, en hom toerus en gebruik om die volk in ‘n nuwe era in te lei. Dawid se lewe blom aanvanklik weens sy gehoorsaamheid. Hy was ‘n ongelooflike bate vir die volk. Die volk is verenig onder sy leierskap. Die ark is terug gebring na Jerusalem toe. En die geloofsgemeenskap kon die Here aanbid deur die talle Psalms wat hy geskryf het.

Maar met die verhaal in 2 Samuel 11-12 gaan sy koningskap ‘n ander fase binne. Sy sonde met Batseba het tot gevolg dat die res van sy koningskap in die teken van dissipline staan, met konflikte en bedreigings en teleurstellings wat ‘n harde leerskool vorm.

Die een reddende eienskap van sy karakter, is dat dat hy egter telkens terugkeer na God in berou en boetedoening. En dit is waarin die waarde van sy getuienis uiteindelik opgesluit lê. Nie net in die gawes van God in sy gehoorsaamheid nie, maar ook in die vergifnis van God in sy berou oor sy ongehoorsaamheid.

Lees vandag die hele verhaal in 2 Samuel 11-12.

Neem genoeg tyd om te oorweeg waar die verhaal jou ruk, en waar dit jou troos.

‘n Paar verdere gedagtes van my

Dit is só ‘n bekende verhaal, dat ek verras is met die emosionele impak daarvan op my. Dit is met ‘n sinkende gevoel van afgryse wat ek lees hoe Dawid al dieper sak, van begeerte, tot owerspel, tot moord en tot leuens. Die oortreding van die tiende gebod (begeerte) lei tot die oorteding van die sewende gebod (egbreuk). Dit lei tot die oortreding van die sesde gebod (moord). En die gevolglike leuens om die ware toedrag van sake te verdoesel lei tot die oortreding van die negende gebod (valse getuienis).

En dit net omdat hy in die oorlog teen die Ammoniete nie sy verpligtinge nagekom het nie, en gevolglik aan versoeking blootgestel is. Ledigheid is werklik die duiwel se oorkussing!

Die woorde van Natan: “Attah ha-ish” (Jy is die man), weerklink nog steeds in my ore soos toe my Hebreeuse dosent, Hannes Olivier, dit jare terug in die klas vir ons gelees het.

Die probleem met die sonde is reeds erg in terme van die effek van die mense wat daardeur geraak word, Batseba, Urija, en die ander wat ingespan word om die leuens in stand te hou, bv. Joab. Vier seuns sou sterf as straf vir hierdie onbesonne daad, Batseba se kind, Amnon, Absalom en Adonia.

Dawid betaal dus viervoudig, soos hy self ironies genoeg voorstel! Selfs Agitofel word daardeur geraak, want Batseba was sy kleindogter (Eliam, Batseba se pa, was sy seun – 2 Sam 23:34). Dit verklaar moontlik sy ondersteuning van Absalom later in die verhaal. Hy het op dié punt ‘n geswore vyand van Dawid geraak.

Maar die diepste ellende van sonde lê in die minagting van die Here, waarmee sy sorg, beskerming en voorsiening in die wind geslaan word om jou eie, gewoonlik korttermyn, belange te dien. Die volk se gehoorsaamheid aan die Here is hierdeur beïnvloed. Die Here se Naam is deur Dawid deur die modder gesleep.

Ons dink baie keer met goeie rede aan Psalm 51 en die vergifnis wat Dawid ontvang het na hy van harte belydenis van sy skuld gedoen het. En dit is goed so. Maar ons moet nooit die tragiese gevolge van sy dade vergeet nie. Die oordeel van die Here wat hom tref, gooi ‘n groot skaduwee oor die hele loopbaan van Dawid hierna.

Die ligpunt is die intense hertoewyding van Dawid en die geboorte van Salomo, “man van vrede”, of Jedidja, “die Here het hom lief”, soos Dawid hom genoem het. Dit is in God se ingrype wat die hoop van die verhaal lê … totdat Hy sy eie geliefde Seun aan die kruis laat sterf om finaal alles nuut te maak.

Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus 105-109 en die Westminster Geloofsbelydenis 24 hieronder. Wat leer jy van wat God van ons verwag in die sesde en sewende gebod? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Heidelbergse Kategismus 105-109

105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?

Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).

(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.

106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?

Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).

(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.

107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?

Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).

(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.

108 Vraag: Wat leer die sewende gebod ons?

Antwoord: Alle onkuisheid is deur God vervloek (a), en daarom moet ons dit hartgrondig haat (b). Daarenteen moet ons kuis en ingetoë lewe (c) sowel binne as buite die huwelik (d).

(a) Lev 18:28. (b) Jud 1:23. (c) 1 Tess 4:3-5. (d) Heb 13:4; 1 Kor 7:7.

109 Vraag: Verbied God in hierdie gebod niks meer as net egbreuk en sulke skandes nie?

Antwoord: Omdat beide, ons liggaam en siel, ‘n tempel van die Heilige Gees is, wil God dat ons altwee rein en heilig bewaar. Daarom verbied hy alle onkuise dade, gebare, woorde (a), gedagtes, luste (b) en alles wat ‘n mens daartoe kan verlei (c).

(a) Ef 5:3, 4; 1 Kor 6:18, 19. (b) Matt 5:27, 28. (c) Ef 5:18; 1 Kor 15:33.

Westminster Geloofsbelydenis 24

Marriage and Divorce

1. Marriage is a union between one man and one woman, designed of God to last so long as they both shall live.1

1. Gn 2.23-24, 1 Cor 7.2,39, Mt 19.4-6, Eph 5.28,31,33, 1 Cor 13.8,13, Mt 5.31-32, Mk 10.5-9, Rom 7.2-3.

2. Marriage is designed for the mutual help of husband and wife;2for the safeguarding, undergirding, and development of their moral and spiritual character;3for the propagation of children and the rearing of them in the discipline and instruction of the Lord.4

2. Gn 2.18,24.

3. Gn 1.27-28, Eph 5.22-23, Col 3.18-19, Gn 2.18-25, 1 Cor 7.3-5, 9, 36.

4. Gn 1.27-28, 9.1, Mal 2.15, Mt 18.5-6,10,14, 19.14, Eph 6.1-4, Col 3.20-21, Mk 10.13-16, Lk 18.15-17.

3. All persons who are able with judgment to give their consent may marry,5 except within the limits of blood relationship forbidden by Scripture,6and such marriages are valid before God in the eyes of the church.7But no marriage can be fully and securely Christian in spirit or in purpose unless both partners are committed to a common Christian faith and to a deeply shared intention of building a Christian home. Evangelical Christians should seek as partners in marriage only persons who hold in common a sound basis of evangelical faith.8

5. Gn 1.27-28.

6. Mk 6.18, 1 Cor 5.1, Lv 18.6-18.

7. Mk 1.30, Jn 2.1-2, 1 Tm 5.14, Heb 13.4, 1 Cor 7.7,36, 9.5, 1 Tm 4.3.

8. 1 Cor 7, esp. v. 39, 2 Cor 6.14-15.

4. Marriage for the Christian has religious as well as civil significance.9The distinctive contribution of the church in performing the marriage ceremony is to affirm the divine institution of marriage;10to invoke God’s blessing upon those who enter into the marital relationship in accordance with his word;11to hear the vows of those who desire to be married; and to assure the married partners of God’s grace within their new relationship.12

9. Prv 18.22, Mt 19.6, Eph 5.29-30, 32, Mk 10.9, 11-12.

10. Gn 1.27-28.

11. Mk 10.9.

12. Eph 5.22-23

5. It is the divine intention that persons entering the marriage covenant become inseparably united, thus allowing for no dissolution save that caused by the death of either husband or wife.13However, the weaknesses of one or both partners may lead to gross and persistent denial of the marriage vows; yet only in cases of extreme, unrepented-of, and irremediable unfaithfulness (physical or spiritual) should separation or divorce be considered. Such separation or divorce is accepted as permissible only because of the failure of one or both of the partners, and does not lessen in any way the divine intention for indissoluble union.14

13. Gn 2.23-24, Mt 5.31-32, Mk 10.5-9, Rom 7.2-3, 1 Cor 7.2, 10-11,39, Eph 5.28,31,33, Mt 19.4-9, 1 Cor 13.4-13.

14. Mk 10.4-9, 1 Cor 7.12-13, 15, Mt 19.7-9.

6. The remarriage of divorced persons may be sanctioned by the church in keeping with the redemptive gospel of Christ, when sufficient penitence for sin and failure is evident, and a firm purpose of and endeavor after Christian marriage is manifested.15

15. 2 Sm 12.13, Neh 9.17, Ps 32.5, 130.4, Mt 12.31a, 21.31-32, Jn 8.3,11, Rom 3.23, Gal 6.1, 1 Tm 2.4, Heb 7.25, 1 Jn 1.9, 2.1-2, Lk 7.36-50, 15.11-32, Jn 3.16-17, Rom 10.9-10.

7. Divorced persons should give prayerful thought to discover if God’s vocation for them is to remain unmarried, since one failure in this realm raises serious questions as to the rightness and wisdom of undertaking another union.16

16. Mt 5.31-32, 1 Cor 7.10-11, 20, 32-35, Mk 10.11, Lk 16.18.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor wat God van jou met die sesde en sewende gebod verwag.

Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26

Julle byt en verskeur mekaar. Pas op dat julle mekaar nie heeltemal verslind nie! Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie. ’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is, want hulle is mekaar se vyande. Julle kan dus nie sommer maar net alles doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, is die wet nie meer julle baas nie. Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal nie as erfgenaam deel hê aan God se koningsheerskappy nie. Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig. Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal. Ons moenie te veel van onsself dink, mekaar irriteer of op mekaar jaloers wees nie. (NLV)

1. Paulus raak hier natuurlik meer aan as net oortredings van die sesde en sewende gebod. Dit betrek eintlik die hele Tien Gebooie. Wat tref jou van Paulus se sondelysie? En die gevolge van volharding in daardie sondes?

2. Paulus lê klem op die belofte van die Gees wat ons leefstyl sal bepaal as ons sondige begeertes gekruisig word. Verootmoedig jou voor die Here en vra dat die Gees sy vrug in jou lewe sal dra.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die belofte en vrug van die Gees se werk in jou.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 5 sowel as my bydrae daaroor: Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges.

Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32

Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle, elke man wat met ’n wellustige oog na ’n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg. En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig. Net so, as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om net een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in die hel eindig. Daar is gesê: ‘Al wat ’n man nodig het om van sy vrou te skei is om aan haar ’n skeisertifikaat te oorhandig.’ Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor huweliksontrou, veroorsaak dat sy egbreuk pleeg. En elkeen wat met so ’n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk. (NLV)

1. Jesus brei hier uit oor die diep eise van die sewende gebod. Wat tref jou van sy lering?

2. Wy jouself toe aan die Here en vra Hom om gehoorsaamheid hieraan vir jou te gee. Sluit ‘n verbond met jou oë om nie na ‘n ander as jou eie vrou te kyk nie. Só bly ons getrou aan mekaar, en werk die Gees sy heiligmaking in ons lewe.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die absolute eis tot heiligheid in jou verhoudinge met mense van die ander geslag, ook jou huweliksmaat.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 5 en my bydraes daaroor: Matteus 5 – Jesus fokus op die stryd vir geregtigheid.

Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48

Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie teen ’n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang. En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou onderkleed wil hê, ook jou bo-kleed. As ’n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver. Géé vir die een wat iets van jou vra, en moenie jou rug draai op iemand wat by jou wil leen nie. Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde. En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie? Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief. (NLV)

1. Wat tref jou van Jesus se verdere lering oor die sesde gebod, veral waar dit hier oor vergelding en vyande gaan?

2. Dink na oor die impak wat dit op ons getuienis in die wêreld sal hê as ons die siklus van vergelding verbreek en ons vyande lief sou hê soos wat God vir ons lief het.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die eis om volmaak te wees soos ons hemelse Vader.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 5 en my bydraes daaroor: Matteus 5 – Jesus fokus op die stryd vir geregtigheid.

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…