Skip to main content

Tag: Wie is God?

Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6

So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, want Hy wil dat almal verlos word en die waarheid verstaan. Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus. Hy het sy lewe gegee om vryheid vir elkeen te koop. Dit is die boodskap wat God aan die wêreld gegee het op die bestemde tyd. (NLV)

1. Paulus moedig die gemeente hier aan om te bid dat die boodskap van Christus as Middelaar alle mense bereik. Want, Hy bring versoening bring tussen mense en hulle God.  Hoekom is dit so belangrik?

2. Gelowiges kan op baie goeie dinge fokus. Maar hierdie boodskap oor Jesus as Middelaar is die hart van die evangelie. Watter goeie nuus is dit vir mense? Hoe kan jy die verkondiging hiervan die kern van jou eie geestelike lewe maak?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die vryheid wat Jesus vir almal van ons gebring het. Hy het sy lewe daarvoor gegee. Hy vra van ons om dieselfde te doen.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 1 Timoteus 2 en my bydrae daaroor: 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens.

Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig?

1.  Dink jy daar is verskillende maniere om jou van die skuld van sonde en afgodery te red? Watter soort Verlosser het jy nodig? Wat van ander mense in die wêreld? Het hulle dieselfde Verlosser nodig?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

’n Verlosser wat tegelykertyd ware regverdige mens is en ware ewige God. God wil hê dat almal verlos word en die waarheid verstaan, want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen, die mens Christus Jesus. Hy het sy lewe gegee om vryheid te koop vir elkeen wat in Hom glo.

3. Die goeie nuus is dat daar ‘n Verlosser is wat God en mens is. Wat met God op ‘n gelyke voet kan verkeer sowel as met ons as mense. Sy Naam is Jesus Christus. Hy is God en mens. Watter hoop gee Hy jou vir jou eie verlossing?

4. Lees die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg in Matteus 17:1-13. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Jesus het met drie dissipels teen ’n hoë berg uitgeklim. Terwyl hulle na Jesus kyk, het sy voorkoms verander. Sy gesig het begin straal soos die son. Sy klere het skitterwit geword. Moses en Elia het verskyn en met Jesus gepraat. ’n Helder wolk het hulle oordek. God het uit die wolk gesê: “Hý is my geliefde Seun. Hy is ’n Kind so na my hart. Doen wat Hy vir julle sê.” Die dissipels het groot geskrik, maar Jesus het hulle gerusgestel. Hy praat toe oor sy dood en opwekking as Seun van die Mens. Hy is die Verlosser wat tegelykertyd ware mens en ware God is.

6. Die verhaal van die verheerliking op die berg demonstreer dat Jesus werklik God is, en mens. God bevestig sy godheid uit die hemel: Hý is my geliefde Seun. Jesus bevestig sy mensheid in wat Hy oor Homself as Seun van die mens sê. Watter boodskap het dit vir ons vandag?

God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou

Die pas begin versnel met die trek langs die Dooie See op aan die oostekant van die Jordaan. Die eerste oorwinning wat die tweede generasie van Israel behaal, is teen die Kanaäniete van koning Arad wie se stede hulle met die banvloek tref (Numeri 21:1-3).  

‘n Mens sou wou dink dat die probleme van die verlede oorkom is.  Hulle oorwin juis dié mense waarteen hulle ouers verloor het 38 jaar gelede (Num. 14:45).  En ‘n mens begin opgewonde raak oor die feit dat hulle dié keer die Here aanroep in gebed, selfs ‘n gelofte aan Hom maak, en alles vir Hom gee, elke stukkie van die buit wat hulle in die oorlog maak.

Verset lei tot veroordeling

Maar nee, die opgewondenheid oor die tweede generasie verdamp wanneer dié groot oorwinning opgevolg word deur nog ‘n tranedal van verset oor kos en water.  Die skrywer gee dit weer met ‘n perfekte idioom: “die siel van die Israeliete het kort geraak.”  Hulle het sat geraak vir hierdie slegte kos.

Die blydskap oor die oorwinning was dus van korte duur.  In plaas daarvan om soos met die bedreiging van koning Arad van die Kanaäniete tot die Here te bid, vaar hulle uit teen Moses en die Here oor hulle omstandighede.  Die reis deur die woestyn het ‘n groot tol van hulle geëis.  Miskien was daar verwyte teen hulle ouers.  Maar dieper was die ongeduld met die Here.

Die Here se reaksie dié keer op hulle verset is weereens drasties.  Hy stuur giftige slange onder hulle in en baie van die Israeliete sterf.  Die giftigheid van hulle verset word begroet deur die gif van God se oordeel.  Verset lei tot veroordeling.

Lees meer:

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 17 en Heidelbergse Kategismus 14. Wat leer jy van hoe jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 17

DIE VERLOSSER DEUR GOD BELOOF

Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het toe Hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van Hom weggevlug het. God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak – sy Seun, wat uit ‘n vrou (Gal. 4:4) gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel (Gen. 3:15).

Gen 3:15; 22:18; Jes. 7:14; Joh. 7:42; 2 Tim. 2:8; Heb. 7:14; Joh. 1:14; Gen. 3; Gal. 4:4.

Heidelbergse Kategismus 14

14 Vraag: Kan enige ander skepsel vir ons betaal?

Antwoord: Nee, want ten eerste wil God aan geen ander skepsel die skuld straf wat die mens gemaak het nie (a). Ten tweede kan geen gewone skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie (b).

(a) Eseg 18:4; Gen 3:17. (b) Nah 1:6; Ps 130:3.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor hoe jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom.

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10

Hiervoor swoeg en veg ons, want ons hoop is op die lewende God wat die Verlosser is van alle mense, en veral van dié wat glo. (NLV)

1. Paulus fokus in hoofstuk vier op Timoteus se bediening in die gemeente.  Sy hoofopdrag is om die gemeente te help om sy funksie as draer en beskermer van die waarheid te kan vervul. Wat sê vir jou eie gemeente en jou rol in die beskerming van die waarheid?

2. Om dit goed te kan doen, moet Timoteus nougeset let op sy eie leer en lewe, sodat hy self in totale toewyding aan die Here kan leef. Wat dink jy bedoel Paulus dat hy moet “swoeg” en “veg” daarvoor? Watter rol speel die hoop in vers 10 in jou stryd?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die onvervreembare rol wat ook jy speel in die beskerming van die waarheid. Wy jou aan die stryd in die hoop op God wat voorloop daarin.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Timoteus 4 sowel as my bydrae daaroor:1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid.

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…