Skip to main content

Tag: Lukas

Lukas 2:1-52 – Verlosser, Christus, Here

Nadat Lukas in hoofstuk 1 verhale vertel het wat nie in die ander evangelies voorkom nie – verhale wat sentreer om die aankondigings rondom Johannes en Jesus en die reaksies wat dit by Maria, Elisabet en Sagaria uitlok – sluit hy in hoofstuk 2 dieselfde verhaal as Matteus (1:18-25) oor die geboorte van Jesus in. Die res van die hoofstuk is daarna weer eie verhale, wat nie in die ander evangelies voorkom nie.

2:1-7

Lukas verbind die verhale van die Verlosser aan die gebeure op die wêreldfront ter wille van die konteks daarvan.  Hy noem keiser Augustus (regeer van 27 vC tot 14 nC) en goewerneur Sirenius van Sirië, eersgenoemde omdat Palestina deel van die Romeinse ryk was, en laasgenoemde omdat hy waarskynlik die hele Palestynse gebied se volkstelling gereël het (volgens sommige historici was Quirenius Varus toe goewerneur, met Sirenius waarskynlik ’n militêre veldheer wat Varus bygestaan het) .  Die volkstelling het ongeveer in 7-6 vC plaasgevind, wat dan ook Jesus se geboortedatum moes wees.

Continue reading

Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede

Hierdie gedeelte gaan oor die vervulling van die belofte aan Sagaria, en sy profesie daarna oor die Verlosser  en sy Voorloper.

1:57-66

Let op hoe die wonder wat God doen ’n uitkringende effek het.  Wat in die privaatheid van die tempel aangekondig is, gekoester is deur Elisabet en die naby familie, het hier met die geboorte van Johannes ’n publieke effek op die bure, die gemeenskap en selfs in die wyer landstreek van Judea.   Johannes se geboorte lei dus tot groot vreugde en ontsag in die publiek vir wat God doen.  Die wonders van God is bedoel as publieke tekens van sy goedheid en mag.

Continue reading

Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe

Hoofstuk 1 vertel die verhaal van:
  • die belofte van twee groot Godsmanne, Johannes die Doper, en Jesus die Verlosser (1:1-38),
  • die reaksie daarop van twee groot Godsvroue, Maria en Elisabet (1:39-56) wat gekontrasteer word met die reaksie van Elisabet se man Sagaria (1:5-25) en
  • die geboorte van Johannes die Doper waarop sy pa se tong loskom en hy uitbars in lof aan God en ’n profesie oor beide Johannes en Jesus (1:57-80).

Continue reading

WEEK 1: Lukas 1:1-4:13

Voor ons begin om te lees, ’n paar opmerkings wat meer breedvoerig in die inleidende gedeeltes hanteer word:
  • Die doel van ons reis deur Lukas en Handelinge is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg.   Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal.  Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.
  • Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel.  Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
  • ! – IETS WAT JOU GETREF HET
  • ? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
  • – IETS VAN GROOT BETEKENIS
  • Onthou om kommentaar te lewer op die webtuiste en jou vrae te vra.  So leer ons almal by mekaar.

Continue reading

Kulture

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda