Vandag lees ons die verhale van die begin van Jesus se bediening. Ons fokus meer op die breë lyne as in die eksegetiese detail van elke vers. In die blote lees van die opskrifte van elke gedeelte, kan ’n mens alreeds ’n goeie idee kry van wat Jesus se bediening ingehou het:
4:14-15 – Jesus tree op in Galilea (Mark 1:14-15; Matt 4:12-17)
4:16-30 – Jesus tree op in Nasaret en word daar verdryf (Mark 6:1-6; Matt 13:53-58)
4:31-37 – Jesus genees die besetene in Kapernaum (Mark 1:21-28)
4:38-41 – Jesus genees Petrus se skoonmoeder (Mark 1:29-34; Matt 8:14-17)
4:42-44 – Jesus preek op ander plattelandse plekke (Mark 1:35-39)
5:1-11 – Jesus roep sy eerste dissipels (Mark 1:16-20; Matt 4:18-22)
5:12-16 – Jesus genees ’n melaatse (Mark 1:40-45; Matt 8:1-4)
5:17-26 – Jesus genees ’n verlamde man (Mark 2:1-12; Matt 9:1-8)
5:27-32 – Jesus roep Levi (Matteus) die tollenaar as dissipel (Mark 2:13-17; Matt 9:9-13)
5:33-39 – Jesus plaas vas in perspektief (Mark 2:18-22; Matt 9:14-17)
Die volgende aspekte van sy bediening staan vir my uit:
Hou die volgende breë raamwerk in gedagte as jy die leeswerk van hierdie week doen:
Hoofstuk 1:1-4:14 fokus op die geboorte van Jesus tot by sy bekendstelling as die gedoopte, getoetste seun van Adam, Seun van God.
Hoofstuk 4:15-9:50 – wat ons dié week gaan lees – fokus op Jesus se bediening in die meer plattelandse streke totdat Hy die reis na Jerusalem vasbeslote aanpak om sy roeping daar te voltooi.
Dit tref my vandag dat alles wat goed is, begin met die werk van die Heilige Gees in jou lewe. Dit was ook so met Jesus. “Vol van die Heilige Gees” het Jesus van die Jordaan af gekom, om sy bediening te begin.
Maar voordat Hy sy eerste preek kan lewer of genesing kan gee, word Hy getoets soos dit die geval was met bykans alle diensknegte van die Here – Adam, Abraham, Moses, die volk Israel ensomeer. Jesus word dus die woestyn ingelei om daar nie maar sommer net só ’n klein toetsie te ondergaan nie, maar deur die duiwel self versoek te word. Daarna sou Hy as getoetste (ook gedoopte) mens en Seun van God sy bediening kon begin.
Vandag se leeswerk handel oor 1) die prediking van Johannes die Doper, 2) die doop van Jesus en 3) die geslagsregistervan Jesus. Al vier evangelies vertel iets oor Johannes die Doper se bediening. Al drie sinoptiese evangelies vertel van die doop van Jesus (Johannes nie). Net Matteus het ook ’n geslagsregister vir Jesus, hoewel Lukas verskil van sy aanbieding daarvan.
3:1-20
Lukas plaas – anders as die ander evangelies – die prediking van Johannes die Doper binne sy historiese konteks wat nie net die politieke bestel van die Romeine en Jode – Tiberius, Pilatus, Herodes (seun van die een wat dood is by Johannes en Jesus se geboorte), Filippus en Lisanias – betrek nie, maar ook die godsdienstige – Annas en Kajafas as hoëpriesters. Dit is die 15de regeringsjaar van Tiberius, dws 27 nC.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar