Tag: Lukas
Lukas 18:1-19:44 – God is meer as gewillig om gebede te beantwoord
- volharding in gebed (18:1-8 – gelykenis van die weduwee en die regter),
- nederigheid teenoor God (18:9-14 – gelykenis van die Fariseër en die tollenaar),
- kinders wat welkom is by Hom en in die koninkryk (18:15-17) en oor
- die ewige lewe wat ’n geskenk van God is vir elkeen wat Jesus navolg (18:18-30 – die verhaal van die ryk jongman).
’n Bietjie meer oor die gelykenis van die weduwee en die regter
Lukas 16:1-17:37 – Dissipels leef met integriteit en genade
VIR STILTETYD
Lukas 16:1-13 – Dissipels leef met integriteit en genade
Jesus gebruik regtig ’n baie vreemde gelykenis (16:1-8a), dié van die oneerlike bestuurder, wat nie net aanvanklik sy baas se goed verkwis nie, maar met sy afdanking verdere toegewings maak aan mense wat sy baas geld skuld ter wille van die voordeel wat hy daaruit sal kan kry. Omdat die sosiale netwerk waarin hy geleef het, gewerk het met die beginsel van wederkerigheid, het hy verseker dat hulle nou by hom in skuld was, en was sy (afsienbare) toekoms verseker. Sy baas gee toe dat hy slim opgetree het met die inisiatief wat hy geneem het, waarmee hy natuurlik nie die oneerlikheid goedpraat nie.
Jesus toon met die vertel van die gelykenis dat Hy geen illusies gehad het oor hoe dit baie keer in die besigheidswêreld gaan nie. Besigheidsmense – dié wat nie aan God gehoorsaam is en volgens sy standaarde lewe nie – oorleef in ’n vyandige omgewing deur alles moontlik te gebruik tot hulle eie voordeel, selfs deur oneerlik te wees. Sonder om dit natuurlik goed te keur, weet Hy hoe dit werk en volgens watter reëls daar opgetree word (of juis waarsonder daar opgetree word).
Die betekenis van die gelykenis word dan uitgespel en ook verder geneem ( ek kies vir die interpretasies wat vir my die meeste sin maak, want daar is regtig baie maniere om vers 8b-13 te verstaan!):
- Vers 8b-9 – Jesus tref ’n vergelyking tussen die mense van die wêreld en die mense van die lig (Christene). En die punt wat Hy maak, is dat mense van die lig moet leer om met dieselfde inisiatief en voorsorg ter wille van die koninkryk en die ewigheid te lewe (dws – anders as die oneerlike bestuurder – nie vir hulleself en hulle eie oorlewing nie).
- Vers 10-12 – Die lewe in die koninkryk word met integriteit en betroubaarheid geleef, en moet met oorgawe nagejaag word.
- Vers 13 – Die punt van alles is, jy kan nie vir God saam met enigiets anders – soos Mammon – dien nie (Eks 20:3 – Jy mag naas My geen ander gode hê nie).
Lukas 16:19-31 – Die ryk man en Lasarus
- Lukas maak ons bewus van die mag wat geld en besittings in ons lewens kan hê, soveel só, dat ons die arm mense wat in ons poorte lê, by wyse van spreke, nie meer kan of wil raaksien nie. Daarmee oortree ons die liefdesgebod wat ons oproep om ons naaste lief te hê soos onsself.
- Hierdie verhaal is ‘n waarskuwing teen ‘n lewe wat net vir jou eie verryking en bevrediging gelewe word, selfs al verdoesel jy die bedoeling daarvan deur te dink aan wat jy wel vir jou eie mense of eie kring doen.
- Onthou dat Lasarus se naam “God help” beteken. Dit is dus ‘n aanduiding dat die hoop van hierdie verhaal in God lê, soos Hy Lasarus inderdaad uiteindelik ‘n beter posisie gee in die hiernamaals as wat die ryk man verkry.
- Dit gaan egter in die verhaal nie oor die meriete van die twee persone nie, maar dat Lasarus geleef het in die hoop dat God Hom sal ontferm oor sy lot, en dat die ryk man geleef het deur vir homself te sorg, en van God en sy gebod tot liefde vir die naaste vergeet het.
VIR BYBELSKOOL
Hoofstuk 16
’n Bietjie meer oor die vreemde gelykenis van die oneerlike bestuurder:
Lukas 14:1-15:32 – God het ’n hart vir verlorenes
VIR STILTETYD
Lukas 14:1, 7-14 – Beskeidenheid en gasvryheid kenmerk Jesus se dissipels
- God het ‘n hart vir verlorenes. Ons beskeidenheid en gasvryheid is twee maniere waarop hy mense tot hulle reg laat kom in ons geselskap. Die een het met ons denke oor onsself te make. Die ander met ons denke oor ander.
- Nederigheid is nie om minder van jouself te dink nie, maar minder oor Dink daaroor na.
- Gasvryheid beteken ook dat jy die grens na ander oorsteek en op hulle gasvryheid staatmaak. Ons moet ook bereid wees om te ontvang, nie net te gee nie.
Lukas 14:25-33 – Dissipelskap bring ons normale lojaliteite in gedrang
- Die eise van dissipelskap kan baie keer ons normale familie lojaliteite in gedrang bring. Jesus moet te alle tye die nommer een in ons lewe wees.
- Dit beteken dat ‘n mens die koste moet bereken, vóór jy regtig ja sê vir die pad wat die Here vir jou wys in terme van dissipelskap en die uitvoering van jou roeping.
- Dit is nie net familiebande wat vir ons ‘n uitdaging is nie, maar ook ons besittings. Afstand doen, beteken in dié konteks om dit onder leiding van die Here se wil te hanteer. Hy het die finale sê daaroor.
Lukas 15:1-10 – God het ’n hart vir verlorenes
Die 3 gelykenisse in hoofstuk 15 – verlore skaap, muntstuk, seun – Is van die helderste sketse van God se hart vir verlorenes in die Bybel, wat die gelykenis van God se gasvryheid nog verder neem.
Let op na die volgende:
- Jesus vertel dié gelykenisse vir die Fariseërs en skrifgeleerdes waarmee Hy eintlik hulle eie verlorenheid ontbloot. Hulle reageer eintlik soos die ouer broer in die gelykenis van die verlore seun.
- Die verskil tussen die eerste 2 gelykenisse is dat in die eerste die verlore skaap se nood beklemtoon word, en in die tweede die vrou se nood ten opsigte van die verlore muntstuk beklemtoon word. Waar die skaapboer vir die verlore skaap gaan soek, ter wille van die skaap, gaan die vrou soek vir die verlore muntstuk ter wille van haarself. Albei teken dus kante van wie God is en hoe Hy deur ons werk in die wêreld – ter wille van ons, EN ter wille van Homself.
- Die laaste gelykenis kombineer dié twee aspekte van God se besorgdheid oor verlorenes. Daarom kan die gelykenis van die verlore seun net so goed as die gelykenis van die wagtende vader beskryf word. Want dit is nie net die nood van die verlore seun wat beskryf word nie, ook die nood van die wagtende vader.
VIR BYBELSKOOL
Hy gaan verder en leer hulle deur 2 gelykenisse van beskeidenheid (14:7-11) en gasvryheid (14:12-14) – albei karaktereienskappe wat hulle gekort het – en wys in ‘n 3de gelykenis hoe hierdie oproep in God se gasvryheid teenoor mense, sy hart vir verlorenes, begrond is, die gelykenis van die groot maaltyd (14:15-24).
Lukas 12:1-13:35 – God sorg vir sy kinders in gevaar
VIR STILTETYD
Lukas 12:13-21 – Die gelykenis van die ryk dwaas
‘n Paar opmerkings:
- Die gelykenis van die ryk dwaas word gekoppel aan die versoek dat Jesus die regter speel in erfsake. Hy lewer dus in die eerste plek kommentaar op die aandrang op ‘n regverdige bedeling in hierdie lewe, eerder as om te sorg dat ‘n mens ryk in God is met die oog op die lewe hierna, al ly jy ook onreg in hierdie lewe.
- Jesus lewer in die tweede plek nog skerper kommentaar met die gelykenis op die geweldige versoeking wat gierigheid op ons almal het. Die lewe is onseker en die versameling van rykdom kan futiel blyk te wees as jou lewe skielik tot ‘n einde kom. Gierigheid dwarsboom ons Godsvrug. Vergelyk die verdere gelykenis oor die sorge van die lewe wat net hierna vertel word. Ons kan God vertrou vir wat ons nodig het in die lewe.
- Jesus lewer waarskynlik ook in die derde plek kommentaar op die Fariseërs wat nie in hulle verhouding met God groei nie, veral nie deur die boodskap van Jesus te aanvaar as die goeie nuus nie.
Lukas 12:32-40 – God sorg vir sy kinders; Hulle is waaksaam
- Vers 32-24: Koningskinders hoef nie bang te wees dat God, die Koning, hulle in die steek sal laat in terme van aardse behoeftes nie. Hulle kan daarom vrygewig wees. Want, dan sal hulle hart wees waar God is.
- Vers 25-40: Wees waaksaam met die oog op Jesus se Wederkoms. Elkeen van ons is deur die Here geroep om Hom te dien. Hy moet ons daarmee besig vind wanneer Hy weer kom.
Lukas 12:49-56 – Getrouheid bring normale familiebande in gedrang
- Jesus bring nie net vrede nie, want Hy bring mense voor ‘n keuse. Dié wat Hom verwerp, word teenstanders van dié wat Hom aanvaar. Dit sny deur die normale familiebande wat ons aan mekaar verbind. Ons getrouheid aan Hom moet nie deur sulke teenstand, wat baie naby ons lyf kan kom, in die gedrang kom nie.
- Die doop waarna Hy verwys, is sy kruisdood.
- Die verwysing na die tekens van die tye dui op die helderheid van die keuse wat van mense gevra word. Hulle moet self besluit wat die regte ding is om te doen, anders sal dit hulle suur bekom.
Lukas 13:10-17 – Die genade van genesing bring skeiding
- Jesus genees die vrou op die sabbat. Dit het twee reaksies tot gevolg. Sy loof die Here vir haar verlossing ná 18 jaar se swaarkry. Die leiers van die sinagoge is verontwaardig dat dit op die sabbat was, en dat Jesus daarmee die wet oortree het deur te werk.
- Let op hoe die leier die skare beveel om liewer op die eerste ses dae van die week te kom vir genesing! Jesus berispe hom egter dat dit skynheilig is, want hulle doen self genadewerk op die sabbat deur vir hulle diere goed te wees. Hoeveel te meer dan nie vir ‘n dogter van Abraham waardeur God die Satan se werk verbreek.
- Let ook op hoe daar weer twee reaksies is op hierdie gesprek tussen die leier van die sinagoge en Jesus. Die teenstanders was beskaamd. Die skare was verheug oor al die wonderlike dinge wat Jesus gedoen het.
VIR BYBELSKOOL
Met ‘n groeiende skare wat om Jesus saamdrom, waarsku Jesus nou die dissipels teen die aansteeklike skynheiligheid van die Fariseërs wat hulle ware self wegsteek agter uiterlike vertoon.
Let op hoe Hy sy dissipels sy vriende noem en aanmoedig om aan God getrou te bly, want Hy kan vir hulle sorg, nie noodwendig van gevaar nie, maar juis in gevaar. En Jesus koppel dit aan die werk van die Heilige Gees wat God nou ook aan gewone mense gee.
Onlangse kommentaar