Skip to main content

Tag: Lukas

Lukas as een van die drie Sinoptiese evangelies

Lukas is een van die drie Sinoptici (sinopties = oorsigtelike, samevattende hantering [van die Griekse “saam-kyk”]).

Uit ‘n vergelyking van die drie sinoptiese evangelies, Markus, Matteus en Lukas, is dit opvallend dat bykans alle gedeeltes in Markus ook in die ander twee evangelies, Matteus en Lukas voorkom.  Slegs drie gedeeltes kom net in Markus voor: 1) 1:1 – die Inleiding tot sy evangelie; 2) 4:26-29 – Die gelykenis van die saad wat vanself groei en 3) 8:22-26 – Jesus wat ‘n blinde man in Betsaida genees.

Continue reading

Die evangelies se unieke Jesus portrette

Daar is vier evangelies wat in die Nuwe Testament ingesluit is.   Hierdie vier evangelies gee aan ons ‘n verskeidenheid ryk perspektiewe op die wonder van God se verskyning in Jesus Christus aan die mensdom.  Die skakeringe van die een verhaal oor Hom – wat met ‘n verskeidenheid van nuanses en foci en beklemtonings deur die verskillende skrywers vertel word – nooi ons uit om saam te dink en saam te gesels oor die betekenis daarvan vir die lewe.

Dit is natuurlik die doel van enige besigwees met die Woord – om só te lees dat die betekenis daarvan vir jou oopgaan en dit jou lewe kan verryk en verander. En dit is wat my doel met hierdie Bybelskool is – dat die Woord ‘n huis word waarin ons woon.

Continue reading

Lukas-Handelinge se leesplan

Die weeksdag program lyk as volg:

  1. Lukas 1:1-56 – Donderdag 21 Julie
  2. Lukas 1:57-80 – Vrydag 22 Julie
  3. Lukas 2:1-52 – Maandag 25 Julie
  4. Lukas 3:1-38 – Dinsdag 26 Julie
  5. Lukas 4:1-13 – Woensdag 27 Julie
  6. Lukas 4:14-5:39 – Donderdag 28 Julie
  7. Lukas 6:1-49 – Vrydag 29 Julie
  8. Lukas 7:1-50 – Maandag 1 Augustus
  9. Lukas 8:1-56 – Dinsdag 2 Augustus
  10. Lukas 9:1-50 – Woensdag 3 Augustus
  11. Lukas 9:51-11:54 – Donderdag 4 Augustus
  12. Lukas 12:1-13:35 – Vrydag 5 Augustus
  13. Lukas 14:1-15:32 – Maandag 8 Augustus
  14. Lukas 16:1-17:37 – Dinsdag 9 Augustus
  15. Lukas 18:1-19:44 – Woensdag 10 Augustus
  16. Lukas 19:45-20:47 – Donderdag 11 Augustus
  17. Lukas 21:1-38 – Vrydag 12 Augustus
  18. Lukas 22:1-71 – Maandag 15 Augustus
  19. Lukas 23:1-56 – Dinsdag 16 Augustus
  20. Lukas 24:1-53 – Woensdag 17 Augustus
  21. Handelinge 1:1-26 – Donderdag 18 Augustus
  22. Handelinge 2:1-47 – Vrydag 19 Augustus
  23. Handelinge 3:1-26 – Maandag 22 Augustus
  24. Handelinge 4:1-37 – Dinsdag 23 Augustus
  25. Handelinge 5:1-6:7 – Woensdag 24 Augustus
  26. Handelinge 6:8-7:60 – Donderdag 25 Augustus
  27. Handelinge8:1-25 – Vrydag 26 Augustus
  28. Handelinge 8:26-40 – Maandag 29 Augustus
  29. Handelinge 9:1-19 – Dinsdag 30 Augustus
  30. Handelinge 9:20-31 – Woensdag 31 Augustus
  31. Handelinge 9:32-43 – Donderdag 1 September
  32. Handelinge 10:1-48 – Vrydag 2 September
  33. Handelinge11:1-18 – Maandag 5 September
  34. Handelinge 11:19-30 – Dinsdag 6 September
  35. Handelinge 12:1-24 – Woensdag 7 September
  36. Handelinge 12:25-13:12 – Donderdag 8 September
  37. Handelinge 13:13-52 – Vrydag 9 September
  38. Handelinge 14:1-28 – Maandag 12 September
  39. Handelinge 15:1-35 – Dinsdag 13 September
  40. Handelinge 15:36-16:5 – Woensdag 14 September
  41. Handelinge 16:6-40 – Donderdag 15 September
  42. Handelinge 17:1-15 – Vrydag 16 September
  43. Handelinge 17:16-34 – Maandag 19 September
  44. Handelinge 18:1-23 – Dinsdag 20 September
  45. Handelinge 18:24-19:20 – Woensdag 21 September
  46. Handelinge 19:21-20:38 – Donderdag 22 September
  47. Handelinge 21:1-22:30 – Vrydag 23 September
  48. Handelinge 23:1-24:27 – Maandag 26 September
  49. Handelinge 25:1-26:32 – Dinsdag 27 September
  50. Handelinge 27:1-28:31 – Woensdag 28 September

Fokus op die betekenis van die Skrifgedeeltes

Die doel van ons reis deur Lukas se verhaal in sy evangelie en Handelinge, is dat jy die breë boodskap van die verhale raaklees en die betekenis en die impak daarvan vir jou lewe te oorweeg.

Daarom is dit so belangrik om jou leeswerk te joernaal.  Dit help met die nadenke oor die gedeeltes en word mettertyd ‘n kragtige geestelike hulpmiddel om die stem van die Here te kan onderskei.

Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel:

  • Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer:
    • ! – IETS WAT JOU GETREF HET
    • ? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
    • – IETS VAN GROOT BETEKENIS

Lees Lukas-Handelinge deur saam met my

Ek beplan om die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels oor ‘n tydperk van 10 weke in die derde kwartaal 2011 deur te lees en elke weeksdag iets daaroor te publiseer.  Ek begin my bydraes daaroor op Donderdag 21 Julie.  Ek hoop om dit DV vol te hou tot 28 September wanneer ons die laaste hoofstuk van Handelinge saam sal lees:
  • Week 1: Lukas 1:1-4:13
  • Week 2: Lukas 4:14-9:50
  • Week 3: Lukas 9:51-19:44
  • Week 4: Lukas 19:45-24:53
  • Week 5: Handelinge 1:1-6:7
  • Week 6: Handelinge 6:8-9:31
  • Week 7: Handelinge 9:32-12:24
  • Week 8: Handelinge 12:25-16:5
  • Week 9: Handelinge 16:6-19:20
  • Week 10: Handelinge 19:21-28:31

Ek plaas solank ‘n paar inleidende artikels wat jy kan voor die tyd kan deurlees.  Dit sal baie help met die agtergrond vir die leeswerk.  Jy kan dit by hierdie skakel bereik.

Hier is die bydraes oor Lukas.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda