Skip to main content

Tag: Lukas

Lukas 9:51-11:54 – Gefokus op God en die naaste

VIR STILTETYD

Lukas 11:1-13 – Gebed gebou op God se beloftes

‘n Paar opmerkings oor die teks:

  • Jesus leer sy dissipels om te bid, soos Johannes dit ook gedoen het.
  • Hierdie gebed het net 5 bedes, anders as die gebed in Matteus 6. Die gebed om God se wil in die hemel so ook op die aarde is uitgelaat, maar word vervang en uitgebrei met die gelykenis, opdrag en belofte wat daarop volg.
  • Die gelykenis wat Jesus vertel, illustreer God se gewilligheid om ons gebede te beantwoord.
  • Die opdrag om te vra, soek en klop is ‘n kosbare uitnodiging om nie net die Here vir alles te vertrou nie, maar Hom direk daarvoor te vra. Hy wil met ons in gemeenskap lewe.
  • Die belofte wat God gee, sluit die fisiese en konkrete dinge in waarvoor ons vra. Die belangrikste is egter dat God ons sy Heilige Gees gee.  Dit is die beste gawe.

VIR BYBELSKOOL

Die vasbeslotenheid van Jesus tref my. Hy weet wat Hy moet doen.  En Hy weet wat die einde van daardie pad is.  Tog fokus Hy met passie op hierdie roeping, al beteken dit dat Hy soos Johannes die Doper met sy lewe daarvoor sal moet boet.

Let op hoe Hy hindernisse op sy weg hanteer. Hy verteer nie met vuur dié wat Hom nie wil ondersteun op sy pad nie (9:52-56 -Samaritane), soos Hy die dissipels ook gekeer het om ander te verhinder wat ook goed doen, maar nie die pad saam met hulle loop nie (9:50). Hy laat dit Hom nie afsit nie, en bly op die pad wat Hy ingeslaan het.

Continue reading

WEEK 3: Lukas 9:51-19:44

Waar Jesus se bediening in hoofstuk 4:14-9:50 hoofsaaklik afgespeel het in die platteland  van Galilea is Jesus in hoofstuk 9:51-19:44 “op pad na Jerusalem”.  Telkens gaan sy vasbeslotenheid om daar uit te kom ook herhaal word (9:51; 10:38; 13:22; 17:11; 18:31).  Jesus versamel dus steeds dissipels om Hom, Hy daag steeds almal uit met sy onderrig, en Hy staan spesifiek die Fariseërs se Godsbeeld teë – en word natuurlik verwerp as gevolg daarvan – maar die hoofmotief van hierdie gedeelte is dat Hy op pad is om Sy roeping te vervul om versoening tussen God en mens te bewerk.  En dit kan Hy net in Jerusalem doen.

Lukas 9:1-50 – God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het

Jesus begin al hoe meer op die 12 fokus. En soos Hyself in hoofstuk 8 die koninkryk gaan verkondig het van een dorp en stad na die ander, stuur Hy hulle nou om met Sy gesag dieselfde te doen, siekes gesond te maak, bose geeste uit te dryf en so die koninkryk te verkondig.  Die opdrag sal in hoofstuk 10 verder uitgebrei word na ’n verdere 72 dissipels wat uitgestuur word op Sy pad na Jerusalem.  Na Sy Opstanding sal die opdrag na alle dissipels uitgebrei word wat oor die hele wêreld die koninkryk van God moet gaan verkondig.

Let op dat Jesus hulle opdrag gee om niks vir die reis saam te vat nie, nie eers brood nie. Hierdie opdrag dwing hulle dus om op twee goed te vertrou: 1) die gasvryheid van die mense en 2) God se getrouheid.

Continue reading

Lukas 8:1-56 – Toegewy aan God in voor- en teëspoed

Hoofstuk 8 begin met ’n kernagtige opsomming van Jesus se bediening.  Hy het oral gegaan, die land deurkruis van een stad en dorp na die ander, en oral gepreek en die koninkryk van God verkondig.  Die 12 dissipels was ook daar, saam met ‘n hele paar vroue, wat ‘n groot rol gespeel het in die volhoubaarheid van die bediening.

En dit is juis dan wat Jesus die gelykenis van die saaier vertel, waarmee Lukas nie net iets sê oor die koms van die koninkryk nie, maar ook oor die wyse waarop Jesus dit uitgevoer het, want die wêreld was Jesus se saailand.

Continue reading

Lukas 7:1-50 – Jesus het gelowiges en twyfelaars lief

Dit is ’n baie belangrike gedeelte hierdie.  Aan die een kant laat die groot geloof van die offisier Jesus verwonderd.  Aan die ander kant, vermoed ek, laat die twyfel van Johannes die Doper, die grootste aardse mens tot op daardie stadium (7:28), ons verwonderd.  Maar, natuurlik, nie vir Jesus nie.  Want Hy toon deernis met Johannes se twyfel, en kom op ’n ongelooflike kragtige manier vir hom op.  Soos Johannes vir Jesus ’n Voorloper was, so raak Jesus vir Johannes die Verlosser, die Een wat instaan en help en omgee.

Dít is wat my van Jesus so fassineer – Hy laat Hom net deur niks afsit nie, nie eers deur die twyfel van een van die “groot seuns” van Sy tyd nie.  En dit laat my net weer besef, dít is die Een wat ons aanbid; dít is die Een wat vir ons intree (Hebr 9:24); dít is die Een wat alles ten goede laat meewerk (Rom 8:28); dít is die Een wat die Begin en Voleinder is van ons geloof (Hebr 12:2).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda