Efesiërs 4:1-16 – Om saam in alle opsigte te groei na Christus toe

RUS

  • Raak bewus van jou diepste behoeftes.
  • Gee dit in gebed aan God.

HOOR

  • Lees die Skrifgedeelte.
  • Dink na oor wat jou daarin tref.
  • Lees my paar verhelderende opmerkings.

Paulus begin hierdie hoofstuk met ‘n frase wat baie herinner aan Filippense 1:27: “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.”  In Filippense praat Paulus van ‘n ooreenstemming met die evangelie van Jesus Christus, hier van ‘n ooreenstemming met die roeping wat hulle van God ontvang het.  Die roeping het dus te make met die wyse waarop die evangelie in die wêreld tot sy reg kom.

En Paulus spel dié lewenswandel waarnatoe hulle geroep is uit in 5 aspekte:  beskeie, vriendelik, geduldig, verdraagsaam en die handhawing van eenheid.  Dit is die dinge waarop gefokus moet word in die proses om aan God gehoorsaam te wees.

Let op dat die eenheid vir Paulus belangriker is as die ander aspekte, en dat hy in vers 4-6 die motivering vir eenheid gee deur 7 manifestasies van die eenheid te beskrywe: daar is één liggaam, Gees, hoop, Here, geloof, doop, God en Vader.  Daarmee gee hy ‘n Trinitariese (Gees, Here [Jesus], God [Vader]) sowel as ‘n gemeentelike begronding van eenheid (liggaam, hoop, geloof, doop).  God is een wese, al is Hy drie persone.  En die geloofsgemeenskap is een, al is hulle verskillende mense en het hulle selfs verskillende rolle.

Paulus motiveer God se genadegawes met die Messiaanse interpretasie van Psalm 68:19.  Dié psalm praat van God as die oorwinnaar wat na Sion toe terugkeer en geskenke ontvang van dié wat verslaan is.  Paulus praat van Christus wat neergedaal het uit die hemel na die aarde en die magte verslaan het.  As verhoogde en verheerlikte Here vul Hy alles met sy teenwoordigheid en gee aan alle gelowiges genadegawes.

En let op dat die genadegawes aan almal gegee is, omdat alle gelowiges één is.  Sommige gelowiges is selfs gawes – die begin van ons ampsbeskouing – in terme van hulle rolle: apostels, profete, evangeliste, herders en leraars.  Die eerste 3 kategorieë van gawes was mense wat baie keer gereis het om die evangelie te bring (hoewel sommige evangeliste hulleself ook gevestig het [Hand 21:8]), en die laaste 2 was baie keer meer gevestig in ‘n spesifieke werkkring.

Maar, hulle almal het net een doel, en dit is om die liggaam van gelowiges toe te rus vir die gebruik van hulle gawes, sodat die kerk in sy doel kan slaag, om in alle opsigte te groei na Christus toe.  Soos elkeen sy funksie vervul, bou die liggaam homself op in liefde.

LEEF

  • Wat is die Here besig om jou te leer?
  • Sluit met gebed af.

Efesiërs


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d