Ek het ’n navraag gekry oor Efesiërs 5:1-5 en die wyse waarop Paulus oor “onsedelikheid” skryf. Ek het dit kortliks op Bybelskool geantwoord. Ek het egter toe ’n bietjie verder gaan dink hieroor, veral in die lig van die onlangse Barna verslag wat ek gelees het oor die Amerikaanse samelewing wat nie meer met absolute morele kodes werk nie.
Ek dink Paulus help ons in sy brief aan die Efesiërs om dié uitdaging die hoof te bied. Ek gee daarom dié paar opmerkings as stof vir julle eie nadenke hieroor:
Paulus kontrasteer in Efesiërs 5:1-5 selfopofferende liefde met selfbevredigende liefde.
“Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ’n gierigaard is—want gierigheid is afgodery—het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.“
Dit is duidelik dat die rigting van dié twee liefdes heeltemal teenoorgesteld is:
Selfopofferende liefde is geskoei op die liefde van Jesus wat Homself vir ons aan die kruis opgeoffer het. Dit het geen seksuele konnotasie nie.
Selfbevredigende liefde daarenteen is geskoei op die liefde vir jouself en die bevrediging van jou eie behoeftes. Dit het veral met seksuele begeertes te make.
Paulus sluit sy brief af met ‘n fokus op wat ‘n mens krag gee in die publieke stryd om standvastig te bly in en vir die evangelie van Jesus Christus. God is besig om sy een nuwe mensheid te vestig (hfst 2) en deur die kerk uit te brei (hfst 3-4) en wil deur die krag wat Hy gee, sorg dat die liggaam van Christus die oorwinning sal behaal in die stryd om geestelike lojaliteit in die lewe van mense. Dit is ‘n geestelike stryd wat met die ideologieë en verstaansraamwerke van mense en sisteme te make het – polities, ekonomies, en kultureel – sowel as met die kosmiese magte wat daaragter sit.
Dit sluit aan by wat Paulus al vroeër gesê het en bou op die uitsprake van God wat krag gee. Ons het juis nodig dat ons oë oopgaan vir die groot krag wat God in ons ontketen het, soos Paulus al in 1:19 geskrywe het: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet … hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo”!
En die rede waarom dit belangrik is, is omdat dit net God se krag is wat ons in staat sal stel om op ons pos te kan bly en mee te werk aan die vestiging en uitbreiding van die evangelie! Ons voer die stryd nie alleen nie.
Dit is interessant om te sien wat die dinge is waardeur ons die krag van God ervaar en toelaat in ons lewe. Paulus noem 7 maniere, waarvan net een, die Woord, met ‘n aanvalswapen gekoppel word, die swaard:
Paulus vervolg om oor die lewenstyl te gesels wat in die huwelik, huisgesin en werksomgewing gehandhaaf moet word – soos hy dit ook in die brief aan Kolosse gedoen het.
Die huweliksverhouding – 5:21-33
Die beskrywing van die huweliksverhouding begin by die algemene opdrag dat Christene uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig moet wees. Mans en vrouens het almal hierdie opdrag. Trouens, in die Grieks word die woord net in vers 21 gebruik en veronderstel in vers 22 waar van die vroue spesifiek gepraat word.
Die Engelse vertaling submit (NIV) of yield (NCV)vir die Griekse woord hupotasso help ons miskien meer as die Afrikaanse vertaling van onderdanigheid. Want die idee agter submit is dat die belange van die ander persoon eerste gestel word.
Paulus beweeg nou van die beskrywing van hoe die kerk behoort te werk, na hoe hulle lewens behoort te werk. En in drie perikope beskryf hy hoe dié lewe daar moet uitsien: 1) ‘n heilige lewe – 4:17-24; 2) ‘n lewe in liefde – 4:25-5:5; 3) vervul met die Heilige Gees – 5:6-20.
‘n Heilige lewe – 4:17-24
Dit is interessant vir my dat Paulus se appèl op ‘n heilige lewe (vers 24) gebaseer is op wat God reeds vir hulle gedoen het (vers 20), en wat in die kerk se groei na Christus toe geïllustreer word (vers 15-16).
Paulus sê nie vir hulle: kry julle lewens reg sodat julle deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges kan word nie. Hy sê in teendeel: julle is deel van die kerk en van die gemeenskap van gelowiges – tree dan op as mense van wie dit waar is. Dit is ómdat ons die Here leer ken het, en ómdat ons in ‘n gemeenskap van gelowiges tereg gekom het, dat ons eintlik nie anders kan as om regtig te breek met die ou sondige mens in ons, en ons gees en gedagtes nuut kan word.
Paulus begin hierdie hoofstuk met ‘n frase wat baie herinner aan Filippense 1:27: “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.” In Filippense praat Paulus van ‘n ooreenstemming met die evangelie van Jesus Christus, hier van ‘n ooreenstemming met die roeping wat hulle van God ontvang het. Die roeping het dus te make met die wyse waarop die evangelie in die wêreld tot sy reg kom.
Chris van WykonDaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
Elma BoschonDaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
Chris van WykonJESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
Miche AfricaonJESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
Chris van WykonMatteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
optimistica231f5e58aonMatteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
cupcakevaliantlye36950698bonEfesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
Emmarentia VermeulenonBoek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
Chris van WykonPsalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
Onlangse kommentaar