Efesiërs 5:21-6:9 – Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek

Paulus vervolg om oor die lewenstyl te gesels wat in die huwelik, huisgesin en werksomgewing gehandhaaf moet word – soos hy dit ook in die brief aan Kolosse gedoen het.

Die huweliksverhouding – 5:21-33

Die beskrywing van die huweliksverhouding begin by die algemene opdrag dat Christene uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig moet wees.  Mans en vrouens het almal hierdie opdrag.  Trouens, in die Grieks word die woord net in vers 21 gebruik en veronderstel in vers 22 waar van die vroue spesifiek gepraat word.

Die Engelse vertaling submit (NIV) of yield (NCV) vir die Griekse woord hupotasso help ons miskien meer as die Afrikaanse vertaling van onderdanigheid.  Want die idee agter submit is dat die belange van die ander persoon eerste gestel word.

Ten opsigte van vroue word die onderdanigheid verder uitgespel in terme van hulle huweliksverhouding.  Hulle moet die belange van hulle mans eerste stel, soos Christene dit in elk geval vir mekaar doen.

Ten opsigte van mans word die onderdanigheid uitgespel in terme van hulle liefde, die gee van hulleself in versorging.  Die Griekse woord is agapê wat beteken liefde ten spyte van, dws ‘n liefde wat standvastig bly ten spyte van uiterlike of innerlike omstandighede.  Die mans moet dus ook hulle vroue eerste stel, soos Christene die in elk geval doen.

Onderdanig wees (submit, yield) en liefhê (ten spyte van) is dus eintlik voëls van eenderse vere (vgl 1 Kor 7 waar Paulus op soortgelyke wyse praat oor die seksuele verhouding).  In albei gevalle kwalifiseer Paulus dit daarby met die frase “soos aan Christus”.  Die kwaliteit van die huweliksverhouding moet gebaseer word op hoe ons met Christus in verhouding lewe.

Die gesin – 6:1-4

Let op hoe Paulus oor die wet praat en dit uitlê in terme van die gesinsverhoudinge (5de gebod).  Hy koppel dit aan die belofte van die Here waaraan seën en ‘n lang lewe gekoppel is.  Maar die gebod word uitgebrei om dieselfde tipe aanspraak op die ouers te plaas dat hulle “soos die Here dit wil” by hulle kinders betrokke moet wees en hulle versigtig hanteer sodat hulle nie opstandig raak en die dissipline hulle wegdruk nie.

Gesagsgrense word nie deur geloof in Christus opgehef nie, maar sagter gemaak en beperk in terme van die uitkoms daarvan.  Kinders moet uiteindelik groot word soos die Here dit wil, en ouers moet alles in hulle vermoë doen om dit reg te kry.

Die werkplek – 6:5-9

Soos huweliksmaats en gesinne teenoor mekaar met eerbied en liefde moet optree, so moet dit ook in die werkplek gebeur, weereens “soos aan Christus”.  Practicing the Presence of God is nie deur Brother Lawrence uitgevind nie, maar reeds deur Paulus aan slawe voorgeskryf!  En eienaar word aangeraai om te dink daaraan dat die Here niemand voortrek nie, en hulle dus nie beter as hulle slawe in die oë van die Here is nie.  Belangrike gedagtes vir die tyd waarin Paulus-hulle gelewe het.

Efesiërs


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: