Skip to main content

Daniël 5 – Geniet God se geduld en genade deur gehoorsaamheid te omhels, anders is jou dae ook getel

Die verhaal van Daniël spring ‘n hele paar dekades na die einde van die tyd van die koninkryk van Babel, met  ‘n beskrywing van die gebeure in die tyd van die laaste koning, die verwaande en halsstarrige Belsasar.  Hy word opgevolg deur Darius, die koning van die Mediërs en die Perse.  Ons sal weer van Belsasar verneem in hfst. 7 en 8 net as manier om die visioene van Daniël te dateer.  Hoofstuk 6 vertel weer die verhaal van Darius verder.

Teks en konteks

Belsasar het met ‘n groot ete die goue en silwerbekers wat deur sy voorganger Nebukadnesar uit Jerusalem weggevoer is gebruik by ‘n groot ete en sy hoofamptenare, vroue en byvrouens daaruit laat drink. Dié verontreiniging van die heilige voorwerpe uit die tempel is verder geneem deurdat terselfdertyd ander gode geprys is.

Meteens het ‘n mensehand verskyn wat op die gepleisterde muur van die paleis verskyn. Dit lyk asof Belsasar die enigste is wat die hand gesien het, wat ten minste beteken dat hy ‘n ooggetuie was, maar niemand kon dié woorde lees of uitlê nie. Die woorde was wel bekende Aramese woorde, maar die betekenis daarvan was versluierd, veral omdat dié terme: mene, tekel, en parsim ook as selfstandige naamwoode vir gewigsmates gebruik is.

Interessant genoeg is dit die koningin (waarskynlik die koninginmoeder, omdat Belsasar se vroue reeds daar was) wat die koning herinner aan Daniël se wysheid en wat sorg dat hy die woorde vir die koning uitlê. Let op die gloeiende getuigskrif wat sy vir Daniël gee, een “in wie die gees van die heilige gode is,” en een met “buitengewone bekwaamheid en kennis en insig om drome uit te lê, probleme op te los en moeilike dinge te ontrafel.”

Die koning laat Daniël dan roep en maak asof die inligting wat die koningin vir hom oor Daniël gee vir hom nuus is: “Ek het gehoor …” Daniël spaar egter nie die koning nie, weier enige beloning, en gee vir hom onomwonde die oordeelsboodskap van die Here deur, want “u het u nie verootmoedig nie, alhoewel u dit alles weet.” Belsasar soek sy toevlug in onkunde – Beltsasar ontbloot die koning se verwaande halstarrigheid.

In Aramees lui die frase op die muur as volg: “Mene, mene, tekel uparsim”. Daniël vertaal dit as werkwoorde met die betekenis van: “Getel, getel, geweeg en verdeel.” Belsasar se koningskap is aan sy einde (“numbered”), die netto resultaat daarvan is te min, dit weeg nie swaar genoeg nie, en dit sal verdeel word in die koninkryk van die Mediërs en Perse (parsim is natuurlik ook ‘n woordspel op die woord vir die Perse). Die einde het dus vir Belsasar aangebreek. Die oordeel word ook daar dieselfde aand in 539 vC oor hom voltrek.

Hy word vermoor deur die Mediërs soos Jesaja en Jeremia voorspel het (Jes 13:17- 18; 21:2; Jer 51:1, 27, 28).

Boodskap en betekenis

Die hoofstuk wys ‘n kant van God wat ons ter harte moet neem. Hy laat Homself nie onbetuig in die lewe nie. Hy vertoon groot geduld en is kwistig met sy genade. Daar kom egter ‘n tyd wat sy geduld en genade só vertrap word dat Hy in sy vertrapte liefde optree en ‘n einde aan verwaande halstarrigheid maak.

Dit is ook ‘n belangrike boodskap aan ons. Geniet God se geduld en genade deur gehoorsaamheid te omhels.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Daniël


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda