Daniël 5 – Geniet God se geduld en genade deur gehoorsaamheid te omhels, anders is jou dae ook getel

Die verhaal van Daniël spring ‘n hele paar dekades na die einde van die tyd van die koninkryk van Babel, met  ‘n beskrywing van die gebeure in die tyd van die laaste koning, die verwaande en halsstarrige Belsasar.  Hy word opgevolg deur Darius, die koning van die Mediërs en die Perse.  Ons sal weer van Belsasar verneem in hfst. 7 en 8 net as manier om die visioene van Daniël te dateer.  Hoofstuk 6 vertel weer die verhaal van Darius verder.

Let op dat Daniël Beltsasar (met ‘n ekstra “t”) genoem word wat waarskynlik “Prins van Bel” beteken.  Dit moet nie verwar word met koning Belsasar se naam nie, wat “Bel beskerm die koning” beteken, hoewel beide na een die Babiloniese gode, Bel, vernoem is.

Koning Belsasar was nooit formeel koning van Babilon nie, maar as die oudste seun van koning Nabonidus – die laaste koning voor die Perse hulle oorwin het en waarvan ’n gebed by Qumran ontdek is – het hy vir lang tyd in sy plek opgetree as regent, onder andere tydens ’n lang veldtog wat Nabonidus in Arabië gevoer het.  Dié toedrag van sake verklaar hoekom Belsasar se beloning aan dié een wat die boodskap teen die muur kan uitlê, ingesluit het dat hy “as derde in rang regeer,” (5:7,16,29) iets wat Daniël toe te beurt val toe hy die betekenis kon verklaar.

Dat Nebukadnesar Belsasar se “vader” (as “voorganger” vertaal – 5:2,11,18) genoem word, hang waarskynlik saam met die feit dat die woorde “vader” en “seun” ook figuurlik in die OT gebruik word en selfs simbolies (Elisa noem Elia “my vader” – 2 Kon. 2:12).  Dit is egter ook moontlik dat Nebukadnesar sy oupa of grootjie was, soos die term “vader” ook gebruik is en Belsasar dit in vers 13 waarskynlik gebruik: “my ‘oupagrootjie’ die koning”.

Belsasar het met ‘n groot ete die goue en silwerbekers wat deur sy voorganger Nebukadnesar uit Jerusalem weggevoer is gebruik by ‘n groot ete en sy hoofamptenare, vroue en byvrouens daaruit laat drink.  Dié verontreiniging van die heilige voorwerpe uit die tempel is verder geneem deurdat terselfdertyd ander gode geprys is.

Meteens het ‘n mensehand verskyn wat op die gepleisterde muur van die paleis verskyn.  Dit lyk asof Belsasar die enigste is wat die hand gesien het, wat ten minste beteken dat hy ‘n ooggetuie was, maar niemand kon dié woorde lees of uitlê nie.  Die woorde was wel bekende Aramese woorde, maar die betekenis daarvan was versluierd, veral omdat dié terme: mene, tekel, en parsim ook as selfstandige naamwoode vir gewigsmates gebruik is.

Interessant genoeg is dit die koningin (waarskynlik die koninginmoeder, omdat Belsasar se vroue reeds daar was) wat die koning herinner aan Daniël se wysheid en wat sorg dat hy die woorde vir die koning uitlê.  Let op die gloeiende getuigskrif wat sy vir Daniël gee, een “in wie die gees van die heilige gode is,” en een met “buitengewone bekwaamheid en kennis en insig om drome uit te lê, probleme op te los en moeilike dinge te ontrafel.”

Die koning laat Daniël dan roep en maak asof die inligting wat die koningin vir hom oor Daniël gee vir hom nuus is: “Ek het gehoor …”  Daniël spaar egter nie die koning nie, weier enige beloning, en gee vir hom onomwonde die oordeelsboodskap van die Here deur, want “u het u nie verootmoedig nie, alhoewel u dit alles weet.” Belsasar soek sy toevlug in onkunde – Beltsasar ontbloot die koning se verwaande halstarrigheid.

In Aramees lui die frase op die muur as volg: “Mene, mene, tekel uparsim”.  Daniël vertaal dit as werkwoorde met die betekenis van: “Getel, getel, geweeg en verdeel.”  Belsasar se koningskap is aan die einde (“numbered”), die netto resultaat daarvan is te min, dit weeg nie swaar genoeg nie, en dit sal verdeel word in die koninkryk van die Mediërs en Perse (parsim is natuurlik ook ‘n woordspel op die woord vir die Perse).  Die einde het dus vir Belsasar aangebreek.  Die oordeel word ook daar dieselfde aand oor hom voltrek.  Hy word vermoor.

Die hoofstuk wys ‘n kant van God wat ons ter harte moet neem.  Hy laat Homself nie onbetuig in die lewe nie.  Hy vertoon groot geduld en is kwistig met sy genade.  Daar kom egter ‘n tyd wat sy geduld en genade só vertrap word dat Hy in sy vertrapte liefde optree en ‘n einde aan verwaande halstarrigheid maak.

Dit is ook ‘n belangrike boodskap aan ons.  Geniet God se geduld en genade deur gehoorsaamheid te omhels.

Daniël


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: