Skip to main content

Spreuke 12:1-28 – Leerbaarheid getuig van wysheid

Let weereens op vir die antiteses waarin ’n mens die lewenslesse van die inleiding van Spreuke 1-9 steeds hoor weerklink: die wysheid teenoor die dwaasheid, die regte pad teenoor die verkeerde een, ’n lewe gebou op gehoorsaamheid aan die Here teenoor een waar slinksheid en goddeloosheid oorheers.

Die gedeelte begin met ’n klem op leerbaarheid (12:1) wat ’n goue draad verskaf waaraan ’n mens die onderskeie losstaande spreuke kan ophang:

  • Die wyse luister na raad – 12:15;
  • Die wyse laat sy pad vir hom wys deur ’n vriend – 12:26.

Continue reading

Spreuke 13:1-25 – Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde

Soos in hoofstuk 12 (12:1) begin Spreuke 13:1 met leerbaarheid as tema, en word klem weereens gelê op die rol wat woorde speel in ’n wyse lewe teenoor een wat dwaas is (13:2,3,13,14).  Tussen al die ander meer alleenstaande spreuke, kan nog een ander tema raakgesien word, dié van welvaart (13:2,4,7,8,11,18,21,22,23,25).

Wat vir my uiters interessant is, is dat hierdie twee temas, die temas van wyse woorde en welvaart, eksplisiet met mekaar verbind word (13:2).  Dit leer ons dat welvaart baie keer juis kom deur die waardering van wyse woorde – dié van God (13:13) en dié van die wyses (13:14).

Continue reading

Spreuke 14:1-35 – Soos God vir ons ‘n toevlug is, so skep ons integriteit veilige ruimtes vir ander

Om “vas te val” by ‘n gedagte

Dit bly heerlik om hierdie wyshede van Spreuke te oordink, en in jou eie konteks van toepassing te maak.  Onthou egter dat ‘n mens nie alles kan inneem nie, en daarom ‘n seleksie móét maak waarop jy regtig fokus in jou leeswerk en veral waaroor jy dieper nadink.

Dit is goed om “vas te val” by ‘n teks en dit diep te oordink.  Jy hoef glad nie skuldig te voel dat jy nie al die ander verse goed deurdink het nie.  Hier is 35 verse in die hoofstuk, en jy kan ‘n paar uur nadink net oor die eerste een, soos ek amper vandag gedoen het!  Stel jou dus oop vir die werk van die Heilige Gees om dié vers of twee wat jou roer, raak te sien, en dink dan daaroor na met die Lectio Divina metode: silencio, lectio, meditatio, oratio, contemplatio, en incarnatio.  Die woorde rol so lekker van ‘n mens se tong af, maar dit beteken maar net: word stil voor die Here, lees ‘n gedagte of vers deeglik, dink diep daaroor na, bid daaroor, geniet God se teenwoordigheid, en gaan leef dit.

Continue reading

Spreuke 15:1-33 – Woorde maak saak; God maak saak

Ons kom in hoofstuk 15-16 waarskynlik by ‘n teologiese dieptepunt in die boek Spreuke.  Nie net word die naam van die Here hier meer kere gebruik nie (20 keer uit die 111 keer wat die Here se persoonsnaam in Spreuke gebruik word)[1] maar die temas het ook spesifiek met God se teenwoordigheid en betrokkenheid in ons lewens te make.

Terloops: skaf vir jou ‘n gratis Bybelprogram aan vir jou rekenaar of selfoon, om sulke navorsing makliker self te kan doen: e-Sword (e-sword.net), Netbible (bible.org/netbible), Online Bible (onlinebible.org), of Youversion (youversion.com).  Die meeste van hulle het toepassings (toeps of applications) vir jou selfoon of tablet en verskeie vertalings, onder andere ook Afrikaans.  Daar is ook sulke sagteware teen betaling beskikbaar, bv Logos Bible Software (logos.com), en Vyrso (vyrso.com) wat die moontlikheid van soekfunksies in ander boeke in jou biblioteek insluit.

Continue reading

Spreuke 16:1-33 – Die mens wik, maar God beskik

Die vorm van die spreuke van Salomo verander in hierdie hoofstuk na sinteses en ooreenstemmings, eerder as teenstellings soos dit die geval was in hoofstuk 10-15.  Dit sal die geval wees tot aan die einde van hierdie eerste bundel van sy spreuke in hoofstuk 22.

‘n Mens kan die hoofstuk in 3 deel, waarvan die eerste en tweede deel ‘n duidelike tematiese samehang het, en die derde deel meer losstaande spreuke oor die wysheid bevat:

  • Die mens wik, maar God beskik – 16:1-9.
  • Die ideale koning – 16:10-15.
  • Wysheid is beter as welvaart – 16:16-33.

Continue reading

Onlangse kommentaar