Skip to main content

Spreuke 3:1-35 – Vertrou God en ken Hom in alles

Spreuke maak geweldig baie van die idee dat daar ’n “regte pad” is om op te loop, en ’n verkeerde een.  Alles moet in die stryd gewerp word om dié regte pad te vind.  Niks moet jou daarvan weerhou nie.  En alles moontlik moet gedoen word om die verkeerde pad te vermy.

Dit is waarom die boek met soveel passie begin by die begin van die pad, die eerste beginsel van die geestelike lewe, met die ontsag vir God (1:1-7).  Dit is wat die eerste tafel van die wet ook beklemtoon.  Maar die interessante is, dat die beginsel van ontsag steeds die leidende waarde bly in die uitvoering van die tweede beginsel van die geestelike lewe, om die raad en begeleiding van rolmodelle te erken en volg (1:8-19).  Dit is waarmee die tweede tafel van die wet ook begin, soos reeds aangedui.

In hoofstuk 3 gee die pa nou ’n verdere twee “lewenslesse” aan sy kind wat dit verder inskerp:

  • Hy gee praktiese raad oor hoe om God te vertrou en in alles te ken (3:1-12).
  • Hy gee praktiese voorbeelde van hoe dit lyk om die “regte pad” te volg (3:13-35).

Continue reading

Spreuke 4:1-27 – Baken jou koers af

Hierdie hoofstuk kan in drie dele opgedeel word wat die volgende drie “lewenslesse” is, les 5-7, wat die pa besig is om sy seun(s) te leer ( onthou die eerste vier was: 1) Luister na jou ouers, 2) Soek wysheid met gespitse ore, 3) Vertrou God en ken Hom in alles, en 4) Leer uit 5 voorbeelde van ‘n ryk en vol lewe):
  • Lewensles 5 – 4:1-9 – Neem jou ouers (rolmodelle) se opvoeding ter harte.
  • Lewensles 6 – 4:10-19 – Kies die pad van wysheid en nie die pad van goddeloosheid nie.
  • Lewensles 7 – 4:20-27 – Hou koers deur te fokus op jou binnekant en jou bakens.

Let op hoe lewensles 5 (rolmodelle) en 6 (keuses) met nommer 1 en 2 onderskeidelik ooreenkom, en lewensles 7 (binnekant en bakens) raakpunte het met nommer 3 (ken God in alles).

Continue reading

Spreuke 5:1-23 – Bly weg van hartelose verhoudings

Die agste lewensles van die pa aan sy seun strek van Spreuke 5:1 tot 6:19.  Ons lees dit oor twee dae.  Hoofstuk 5 fokus op vyf strofes wat die verleiding van die slegte (vreemde) vrou troef met die vreugde van huwelikstrou en ontsag vir God se alsiendheid.  Hoofstuk 6:1-19 fokus op vier vermanings teen vreemdes, luiheid, onreg en eiegeregtigheid.

Continue reading

Spreuke 6:1-19 – Leef met oorleg

Soos reeds gister aangeroer, fokus hoofstuk 6:1-19 op vier vermanings teen vreemdes, luiheid, onreg en eiegeregtigheid om die seun aan te moedig om met oorleg te leef.   Dit vorm deel van lewensles 8.

6:1-5 – Wees versigtig met verbintenisse aan vreemdes
Die eerste vermaning het met borgstaan vir vreemdes te make.  Dié tema sal nog ’n paar keer aangeraak word in Spreuke (11:15; 20:16) selfs ook wanneer dit nie met vreemdes verband hou nie, maar met enigiemand wat in die skuld is (22:26).

Continue reading

Spreuke 6:20-7:27 – Pasop vir owerspel

Hierdie waarskuwing teen die slegte (vreemde) vrou is die derde en langste waarskuwing in die boek Spreuke (vgl die vorige twee: 2:16-19; 5:3-23).

6:20-23 – Ons raad is die lig op pad na die lewe toe

Let op hoe die familie as konteks vir die voorskrif van die pa geskilder word.  Die seun moet luister na sy moeder se raad.  En die gevolge van sy gehoorsaamheid word eers in positiewe terme uitgespel.  Sy ouers se voorskrifte is ‘n lig op die pad na die lewe toe.

6:24-26 – Owerspel is nie speletjies nie

Die pa gesels nou baie oop en eerlik met sy seun oor wat die pa as ’n potensieel baie plofbare probleem vir sy seun beskou.  Owerspel is nie speletjies nie!  Dit kan jou lewe kos.  Let op hoe owerspel (met ’n ander man se vrou) deur die pa as ’n baie ernstiger probleem as prostitusie geskilder word, hoewel dit ook steeds afgewys word.

Continue reading

Onlangse kommentaar