Spreuke 24:23-34 – Prioriteite bepaal alles
Die spreuke van Salomo – II
Jy kan meer lees oor hom in my bydrae oor sy verhaal in Konings: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom. Daar is nog meer oor Hiskia te lees in my hantering van sy geskiedenis soos ‘n mens dit deur die bril van die profeet Jesaja sien. Want hierdie spreuke is in die tyd van die profeet Jesaja versamel, in die tyd wat Jesaja skroeiende kritiek op die volk en hulle konings gelewer het . Lees wat ek daaroor te sê het in my 5 bydraes oor Hiskia se geskiedenis in my Bybelskool oor Jesaja:
Spreuke 25:1-28 – Dink voordat jy doen
Wat my tref is hoe die reeks spreuke in dié hoofstuk versigtigheid, nadenke, selfbeheersing en emosionele volwassenheid aanprys. Dit laat my dink aan die idioom om te dink voordat jy doen, wat dan ook die titel van die hoofstuk vir my geword het.
Spreuke 26:1-28 – Dwaasheid ken geen perke nie
Let op hoe:
- die eerste 12 verse meesal eksplisiet (behalwe vers 2) met verskillende gestaltes van dwaasheid te make het,
- die volgende 4 met verskillende gestaltes van luiheid, wat ‘n passiewe vorm van dwaasheid is, te make het en
- die laaste 12 weer met ‘n paar ander gestaltes van dwaasheid, hoewel die woord dwaas nie daar gebruik word nie, maar wel woorde wat daarmee verbind kan word (onvanpaste woede, mal bedrieërs, kwaadstokers, twissiekes, skindertonge, haters, skynheiliges, leuenaars, vleiers).
Dit is opvallend hoe sonder enige perke die dwase se optrede geskilder word in hierdie hoofstuk en dus in ‘n skrille kontras met die selfbeheersing, versigtigheid en emosionele volwassenheid van die wyse se optredes van die vorige hoofstuk staan. Spreuke sê hiermee:
- Wyse mense weet waar die grense lê in menslike verhoudings en leer om daarmee saam te leef, en dit te respekteer.
- Dwase mense ignoreer ander mense se grense en tree sonder respek vir die waarheid op en daarby oordadig. Dwaasheid ken dus geen perke nie.
Onlangse kommentaar