Skip to main content

Spreuke 8:1-36 – Die Wysheid laat jou regtig leef

Die wysheid word soos vroeër in Spreuke (1:20-33) as ‘n vrou voorgestel.  In vier dele word haar waarde besing (8:1-11), die omvattende inhoud van haar wysheid uitgespel (8:12-21), haar impak as eersteling van die skepping op alles wat bestaan (8:22-31), en die lewe wat sy gee vir dié wat na haar luister (8:22-36).  Die Wysheid laat jou regtig leef!

8:1-11 – die waarde van die wysheid

Die Wysheid se ander naam is Insig (teḇû∙nāh – understanding – 8:1) wat moontlik ‘n meer intellektuele kant van die wysheid beklemtoon om die praktiese perspektief op die wysheid wat met die gebruik van die ander Hebreeuse woord (ḥā∙ḵemôṯ) in Spreuke aangedui word, aan te vul.

Continue reading

Spreuke 9:1-18 – Kies die pad van insig as lewenshouding

Ons kom in hoofstuk 9 aan die einde van die lang inleiding van Spreuke, die slotsom van die 10 lewenslesse van die pa aan sy seun.  Hierna gaan in hoofstuk 10-31 die lewenswyshede wat pas by die twee paaie wat ‘n mens kan volg in die lewe, in kort spreuke weergegee word.

Dit slotsom van Spreuke is dat ‘n mens kan luister na óf vrou Wysheid (9:1-6) óf na vrou Dwaasheid (9:13-18) om hulle leiding te volg in jou lewe.  Dié kontrasterende keuse word afgewissel met ‘n gedeelte oor die ligsinnige mens (9:7-12) wat die gevolge van die verkeerde keuse vir vrou Dwaasheid uitspel.  Dit gee ook ‘n dwarsklap na dié wie se opvoeding ligsinnigheid tot gevolg het (9:7).  Pa’s en ma’s luister!

Continue reading

Die spreuke van Salomo – Bundel I

In die res van die boek Spreuke, hoofstuk 10-31, word nou ongeveer 562 spreuke, gesegdes, en wyshede weergegee waarmee ’n wyse lewe versier kan word.  Dit is in 6 bundels saamgevoeg wat onderskeidelik met Salomo (2 bundels met onderskeidelik ongeveer 375 en 137 spreuke elk), die Wyses (2 bundels met onderskeidelik 30 en 5 spreuke elk), Agur (12 spreuke, saam met ’n paar vrae en ’n gebed) en Lemuel (3 uitgebreide spreuke) verbind word.

Die inleiding is ‘n raamwerk vir die hantering van die spreuke

Hoewel daar meesal min onderlinge verbande is tussen die individuele verse, en elke vers of spreuk eintlik selfstandig hanteer kan word, het die inleiding van hoofstuk 1-9 wel ’n deeglike raamwerk gegee waarin ’n mens sonder veel moeite ál die spreuke kan inpas.

  • ’n Mens sal die stemme van vrou Wysheid versus vrou Dwaasheid hierin hoor.
  • Jy sal die klem op die ontsag vir die Here sowel as vir rolmodelle regdeur kan optel.
  • Jy sal telkens kan sien wat die regte pad is om te kies in die praktyk van die lewe, sowel as watter verkeerde afdraaipaaie om te vermy.

Continue reading

Spreuke 10:1-32 – God sorg vir die opregtes

Daar is min patrone sigbaar in hierdie hoofstuk.  Twee patrone kan wel geïdentifiseer word, naamlik, hoe welvaart werk en watter effek woorde het:
  • Vers 2-5 handel oor die breë tema van welvaart – vlyt maak ryk – en die onderskeie rolle wat God en lewenstyl daarin speel.  Die tema van God se seën word in ’n hele paar verdere verse uitgespel reg deur die hoofstuk: (gee lewe – 16; seën ipv swoeg – 22; gee begeertes – 24; gee lang lewe – 27) en die rol wat jou lewenstyl speel (aanvaar bevele – 8; leef opreg – 9; soek die waarheid – 10; bedek aanstootlikhede – 12; ontvang krag IN die regverdige opregte lewe – 29).
  • Vers 17-21 handel oor die breë tema van woorde en die effek wat dit persoonlik en publiek het: fokus op woorde wat geluk bring – 11; loop nie te koop met kennis nie – 14; is leerbaar – 17; tel sy woorde – 19; sorg met sy woorde vir ander – 21; weet om gepaste dinge te sê – 32. Woorde maak dus saak!

Continue reading

Spreuke 11:1-31 – Die gemeenskap floreer met die regte waardes en lewenstyl

Spreuke 11 kan deur verskillende lense bekyk word.  Hier is drie maniere:

Welvaart, gemeenskap en mag

Let op hoe die temas van welvaart, gemeenskap, en mag (money, sex and power) byvoorbeeld inmekaar gevleg word:

  • Welvaart – Die gesegde “Business is business” moet eintlik “Business is God’s business” heet.  Hy hou daarvan as besigheid regverdig is (11:1). Rykdom bring jou nie ver met God nie, wel om sy wil te doen (11:4). Wins wat op ’n verkeerde manier verwerf word, hou nie vir altyd nie (11:18). Vrygewigheid lei – anders as wat ons dink – tot oorvloed (11:24). Gewillige verkopers maak honger kopers se harte bly! (11:26). Regverdigheid is ’n beter basis vir die lewe as rykdom (1:28). Nalatigheid lei tot verlies (1:29).
  • Gemeenskap – Skoonheid kan nie ’n gebrek aan oordeel verbloem nie (1:22).
  • Mag – Magsmisbruik hou nie vir ewig nie (11:7).

Continue reading

Onlangse kommentaar