Skip to main content

Jeremia 22 – Ek gaan julle vernietig en wegvoer in ballingskap

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia is steeds besig in hierdie drie hoofstukke (hfst. 21-23) met ’n boodskap van God se oordeel oor die leiers.  In hoofstuk 21 het dit gegaan veral oor koning Sedekia.  In hoofstuk 22 kom sy voorgangers aan die orde: Sallum (Joahas), die koninginmoeder (Sebida – die gedeelte kan ook as ’n boodskap aan Jerusalem geïnterpreteer word), Jojakim, en Jojagin.  Hulle het gesamentlik die onbenydenswaardige nalatenskap dat hulle die volk in ballingskap inbestuur het met hulle ongehoorsaamheid en onbeholpenheid.

In hoofstuk 23 sal daar ook ’n belofte van ’n regverdige koning wees, waarna Jeremia die profete en priesters sal aanspreek wat die verkeerde koers inslaan en hulle mag misbruik. 

Continue reading

Jeremia 21 – Ek het besluit om hierdie stad nie te spaar nie

Inleiding op hfst. 21-23

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia is nog steeds besig met sy boodskap aan Juda en Jerusalem (hfst. 2-33) wat in vier dele versamel is.

  1. In die eerste deel (hfst. 2-23) het dit gehandel oor die onafwendbare oordeel oor die volk waarin hy tot dusver gefokus het daarop dat hulle God vergeet het as motivering vir die dreigende ballingskap en waarbinne sy sewe “Konfessies” ook opgeneem is (hfst. 2-20).
  2. In die tweede deel (hfst. 21-23) gaan hy nou skerper fokus op God se oordeel op die leiers: die konings, profete en priesters wat darem ook ’n belofte van ’n regverdige koning in hfst. 23 sal insluit.
  3. Daarna sal Jeremia uitwei oor die ballingskap (hfst. 24-29) en
  4. die toekomstige herstel (hfst. 30-33).

Hy begin hierdie tweede deel met ’n boodskap aan die koning wat ook ’n boodskap aan die volk insluit (21:1-10) waarin Jeremia ons vertel van die aanvang van die beleg deur Nebukadnesar, met koning Sedekia wat ’n halfhartige poging aangewend het om die Here via Jeremia te probeer raadpleeg (waarskynlik in 588 v.C.).  Dit was in die tyd van Jeremia se inperking in die binneplaas van die paleiswag.

Daarna som Jeremia in ’n opeenstapeling van kort profesieë (21:11-23:40) – wat uiteraard oor meer as ’n dekade gelewer is – sy vorige boodskap aan die konings, profete en priesters op, sommige daarvan verbind aan spesifieke konings:

  • Sallum – vierde seun van Josia, soos Jojakim en Sedekia – hy het die naam Joahas aangeneem, maar net drie maande regeer (609 v.C.);
  • Jojakim – tweede seun van Josia (609-598 v.C.) wat eintlik Eljakim geheet het, maar dié naam Jojakim van die Egiptiese koning afgekry het,
  • die koninginmoeder – dit is waarskynlik Sebida, moeder van Jojakim (2 Kon. 23), omdat dit onwaarskynlik is dat Jojagin se ma, Negusta, tyd gehad het om ’n groot invloed te kry, gegewe dat Jojagin so kort regeer het, en
  • Jojagin – seun van Jojakim wat ook net drie maande regeer het, in ballingskap weggevoer is, saam met sy ma, maar later begenadig is (597 v.C.).

Ander verwysings na die konings is in die algemeen (koningshuis van Juda, huis van Dawid).  Sedekia (derde seun van Josia en laaste koning van Juda – 597-586 v.C.) word nie in die kort profesieë genoem nie, maar natuurlik wel in die verhaal waarmee die gedeelte begin. Hy word ook moontlik veronderstel in die eerste profesie (21:8-10).

Continue reading

Jeremia 19:14-20:18 – Vervloek is die dag waarop ek gebore is

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie boodskap van die Here by die Moorddal verhoog egter die teenstand teen hom as profeet.  In hierdie hoofstuk hoor ons hoe dié teenstand deur die priesterlike gesag, komende van die priester Pasgur, teen Jeremia verhoog (19:14-20:6). Ons hoor ook hoe Jeremia nie net op Pasgur reageer nie, maar hoe hy sy hart uitstort voor die Here in twee “Konfessies”.

Met die sesde “Konfessie” kry Jeremia dit nog reg om ook sy dank vir die Here se regverdigheid uit te spreek (20:7-13), maar met die sewende “Konfessie“ is daar soveel rou emosie dat hy net sy lot bekla, en die Here dit onbeantwoord laat (20:14-18).

Continue reading

Jeremia 19:1-13 – Ek gaan oor hierdie plek ’n ramp bring

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie metafoor van Israel as klei in die hande van die Pottebakker word hier verder geneem in die verwante beeld van Israel as ’n kleipot in die hande van die Eienaar.  Jeremia kry opdrag om ’n kleipot te neem en voor die oë van die leiers en priesters te breek as seker teken daarvan dat die Here “hierdie volk en hierdie stad breek”.

Continue reading

Jeremia 18 – Maak julle lewe en julle dade reg

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie volgende drie hoofstukke het met mekaar verband.  Hoofstuk 18 en 19 werk met twee verwante metafore van klei – die pottebakker wat die klei kan vorm soos hy dit goed dink en ’n gekoopte kleipot wat maklik gebreek kan word deur sy eienaar – wat albei God se soewereine mag oor die volk illustreer. Hoofstuk 18 en 20 bevat die laaste drie “Konfessies” van Jeremia – 18:18-23; 20:7-10; 20:14-18. Al drie hoofstukke word ook opgebou as ’n voortgaande en wederkerige gesprek tussen God, Jeremia en die volk.

Hoofstuk 18 bestaan uit drie dele:

  1. Die metafoor van die pottebakker wat die klei kan vorm soos Hy dit wil – 18:1-12
  2. God se klag oor die volk wat Hom vergeet het – 18:13-17
  3. Jeremia wat bid dat sy vyande tot ’n val sal kom omdat hulle nie op sy woord reageer nie – Jer. 18:18-23

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda