Skip to main content

Jeremia 17 – Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie hoofstuk bestaan uit drie dele.

  1. Vers 1-13 bevat ’n paar relatief selfstandige perspektiewe op die toestand van die volk, saamgebind deur bv. die klem op die hart as sleutel in die Godsverhouding (vers 1, 5 [“terwyl sy hart van My afwyk” staan in die oorspronklike], 9, 10), God se soewereiniteit deurdat Hy die grond aan Israel gegee het en hulle ook kan gee wat hulle verdien (vers 4, 10) en die verskillende beskrywings van die volk se afvalligheid (wegdraai in vers 5,13; verlaat in vers 11, 13).
  2. Vers 14-18 is die vierdeKonfessie” van Jeremia waarin hy pleit dat die Here nie vir hom ’n verskrikking sal word deur sy woord nie waar te maak nie.
  3. Vers 19-27 waarin die Here die volk skerp aanspreek oor hulle nie-nakoming van die Sabbatdag.

Continue reading

Jeremia 16 – Moenie meeleef met dié volk nie, want Ek het nie meer medelye met hulle nie

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDit is ’n baie harde woord van die Here wat in hierdie hoofstuk na Jeremia kom.  Hy kry opdrag om homself van drie basiese gemeenskapsinstellings te onttrek:

  • om ’n familie en gesin te begin  (vers 2-4);
  • om te simpatiseer met mense wat geliefdes verloor het (vers 5-7);
  • om fees te vier saam met familie en vriende wat waarskynlik al die godsdienstige feeste ingesluit het, saam met die huweliksfeeste wat hier spesifiek genoem word (vers 8-9).

Dié gesprek en opdrag aan Jeremia was egter nie net bedoel vir homself nie.  Dit was bedoel as ’n boodskap aan die volk.  Daarom sê die Here in vers 10, “wanneer jy dit alles vir hierdie volk sê, sal hulle vir jou vra: Waarom …”  En dit is op dié punt wat Jeremia die Here se beperking op sy lewe vir hulle moet uitlê as ’n verwerping van die volk weens hulle sonde wat hulle eie gemeenskapslewe sal vernietig (vers 11-13).

Dié woord word opgevolg met twee kort woorde van die Here oor die uiteindelike terugkeer (vers 14-15) ná Hy hulle laat boet het vir hulle sonde (vers 16-18) en ’n baie hoopvolle gesprek tussen Jeremia en God oor die nasies wat tegelykertyd dan tot inkeer sal kom (vers 19-21).

Continue reading

Jeremia 15:10-21 – God het geen gevoel meer vir die volk nie

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia se worsteling met God se gebrek aan medelye met die herhaalde afvalligheid van die volk verdiep in sy derde “Konfessie” waarin hy oor die effek daarvan op homself uitbrei.  Hy bekla sy lot in twee rondtes waarin hy telkens praat en die Here hom antwoord:

  • Hy bekla sy ellende in die uitvoering van sy bediening (vers 10-11), waarop hy bloot die herhaling van God se oordeelsaankondiging, presies dít wat hy moet aankondig, ontvang (vers 12-14).
  • Hy gaan nog dieper in op sy ervaring dat hy nie meer op God kan staatmaak nie (vers 15-18) waarop die Here hom teregwys en uitnooi om sy roeping nog dieper te omhels, sodat die volk agter hom sal aanstap, nie hy agter hulle aan nie (vers 19-21).

Continue reading

Jeremia 14:1-15:9 – Die Here is hulle nie meer goedgesind nie

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie volgende drie hoofstukke vorm ’n eenheid en begin met die bekende frase wat telkens ’n nuwe hoofdeel in Jeremia inlui: “Die woord van die Here het tot Jeremia gekom …” (soos in 7:1; 11:1 en verder).

Die hooftema van Jer. 14:1-15:9 is die aanbreek van ’n geweldige droogte wat bydra tot die grootskaalse verwoesting van die volk as agtergrond van die intense gesprek wat die Here en Jeremia oor die toekoms van die volk voer.  En ons hoor hoe Jeremia worstel met die feit dat die Here die volk nie meer goedgesind is nie (15:10).  In Jer. 15:10-21 verdiep Jeremia se worsteling in sy derde  “Konfessie” waarin hy kla dat die Here hom nie beter ondersteun in die teenstand, vervloeking en verwerping wat hy ervaar nie. Die Here belowe wel om hom te help, maar waarsku hom dat die mense hóm moet volg, nie hy vir hulle nie, en dit sluit in dat hy Gód se woorde vir mense moet blý bring.

Die gesprek tussen die Here en Jeremia verloop in hierdie gedeelte soos volg:

  • 14:1-6 – Jeremia beskryf die droogte as uitmergelend vir mens en dier
  • 14:7-9 – Jeremia pleit dat die Here hulle nie sal verlaat nie
  • 14:10-12 – Die Here antwoord Hy is hulle nie meer goedgesind nie
  • 14:13 – Jeremia kla oor die misleidende boodskap van die ander profete
  • 14:14-17a – Die Here sê Hy sal die kwaad wat hulle gedoen het op hulle eie koppe laat afkom
  • 14:17b-22 – Jeremia bars in trane uit oor die afgryslike toestand van die volk
  • 15:1-4 – Die Here weier egter om van sy oordeel af te sien
  • 15:5-9 – Die Here is moeg daarvan om hulle straf te bly herroep

Continue reading

Jeremia 13 – Juda is so nutteloos soos ’n verslete linnegordel

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie hoofstuk bestaan uit vier gedeeltes waarin besondere beeldryke taal gebruik word wat ’n mens sterk herinner aan die gelykenisse wat Jesus in die Nuwe Testament gebruik in sy bediening. Ons sien dit waar:

  • Die Here vir Jeremia aansê om ’n simboliese handeling met ’n linnegordel uit te voer wat die sinlose hoogmoed en ongehoorsaamheid van Juda en Jerusalem aan die kaak stel – 13:1-11;
  • Die Here vir Jeremia aansê om die volk met die simboliek van vol kanne wyn te herinner daaraan dat niemand gespaar gaan word nie – 13:12-14;
  • Jeremia die volk oproep om nie hoogmoedig te wees nie, maar te luister, anders sal hy (ek interpreteer die subjek van vers 17 eerder as Jeremia en nie die Here nie) huil en huil oor hulle ballingskap – 13:15-17;
  • Die Here vir Jeremia aansê om beide die koninklike geslag as die gewone burgers van Jerusalem te waarsku teen die vyand uit die noorde wat hulle soos kaf wat verbywaai in die woestynwind sal verstrooi omdat hulle die Here vergeet het – 13:18-27.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda