Skip to main content

Jeremia 7:1-8:3 – Moenie op die tempel vertrou nie

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie hoofstuk word weereens ingelui met die frase: “Die woord van die Here het tot my gekom” wat ons vroeër in hfst. 2 aangetref het wat daarom ’n nuwe afdeling in Jeremia se boek inlui, hfst. 7-10, hierdie keer meesal in prosa.  Ons sal dit weer vind in hfst. 11:1 wat ’n volgende hoofdeel inlui.

Jeremia word opdrag gegee om in die poort van die huis van die Here te gaan staan en aan die volk die woord van die Here te verkondig (7:1-15).  Hoewel daar nie ’n tydsaanduiding in hierdie hoofstuk is wanneer dit gebeur het nie, dui die inhoudelike ooreenkoms met die soortgelyke opdrag in hfst. 26 daarop dat dit oor dieselfde opdrag gaan.  Hfst. 26 word aan die begin van koning Jojakim se regeringstyd geplaas (26:1) wat dus ook van toepassing is op hfst. 7.  Die tyd is dus ongeveer 609-608 v.C.

Daarna volg daar drie gesprekke van God met Jeremia waarin hy verbied word om vir die volk in te tree (7:16-20), gewaarsku word dat hulle nie na hom sal luister nie (7:24-29), en aangekondig word dat dié ongehoorsaamheid sal lei tot ballingskap (7:30-8:3).  Die gesprek met Jeremia word onderbreek deur een woord wat waarskynlik aan die volk gerig was oor die nutteloosheid om offers te bring en nie terselfdertyd aan God gehoorsaam te wees nie (7:21-23).

Continue reading

Jeremia 6 – Die Here het hulle verwerp

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie gesprek tussen God en Jeremia word in dié hoofstuk voortgesit, hoewel Jeremia volgens my ontleding net op twee plekke kortliks aan die woord kom in reaksie op wat die Here sê: vers 10-11a oor die worsteling wat hy met sy opdrag het en vers 24-26 waar hy die angs en benoudheid van die volk verwoord.

Continue reading

Jeremia 5 – Hulle het hulle nie laat leer nie

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnWeereens word hierdie aantal gedigte (5:18-20 is in prosa) in ’n gespreksvorm geplaas waar die Here twee keer met Jeremia praat oor die minagting van die volk vir wat God hulle wou leer, en Jeremia daarop antwoord.  Die res van die perikope bevat die Here se worsteling met die onleerbaarheid van die volk in die vorm van ’n gesprek met hulle, sommige daarvan gelewer as profetiese prediking deur Jeremia in opdrag van die Here by een of ander geleentheid.

Die wendinge in die gesprek vorm my indeling van die onderskeie perikope.

Continue reading

Jeremia 4:5-31 – My volk tree dwaas op

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnEen manier om dié aantal gedigte wat hier as ’n eenheid saamgesnoer is, te lees, is om dit as ’n gesprek tussen God en Jeremia te lees.  Die onderwerp is die volk se dwase optrede en die gevolge wat dit vir hulle, sowel as die impak wat dit op Jeremia het.

Continue reading

Jeremia 3:1-4:4 – Kom terug na My toe!

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDit is ’n uitdaging om die indeling van die perikope in dié hoofstuk te doen.  Nie net is daar ’n wisseling van prosa (bv. 3:6-12a; 3:14-18)  en poësie (3:1-5; 3:12b-13; 3:19-4:4) nie, maar ook ’n wisseling van voornaamwoorde (derde persoon: hy, sy, hulle, tweede persoon: jy, julle en eerste persoon: ek, my, ons).  Die onderskeie gedeeltes het ook verskillende funksies gehad:

  • Sommige van die gedeeltes word as ’n gesprek tussen die Here en Jeremia aangebied waarin die Here aan hom opdragte gee (3:6-12a).
  • Sommige van die gedeeltes word as ’n opdrag tot ’n (simboliese?) gesprek van die Here (by monde van Jeremia) met die volk aangebied, bv. “gaan roep hierdie woorde uit na die noorde” (3:12 – vgl. 3:1-5; 3:12b-4:4).
  • Sommige van hierdie gedeeltes is waarskynlik ook as profetiese prediking by een of ander geleentheid gelewer, bv. 4:1-4, aangedui met “so sê die Here” (4:1,3).

Wat help met die indeling, is dat die tema van ’n oproep tot bekering regdeur gehandhaaf word.  My indeling sal blyk uit die volgende opskrifte.

Continue reading

Onlangse kommentaar