Inleiding op die boek Jeremia
Die tyd het aangebreek om die boek Jeremia te lees. Ek begin ‘n dag vroeër omdat daar heelwat bydraes is om die boek in konteks te plaas. Ek plaas dus vandag 5 van die bydraes, en môre die res, voordat ons Donderdag begin met die lees van hoofstuk 1. Geniet!
Die profeet Jeremia worstel in sy boek met sy roeping om vernietiging en oordeel oor die volk Juda en hulle leiers aan te kondig. Sy boodskap is dat die volk God vergeet het en geweier het om Hom te erken. Hulle is so nutteloos in die verhouding met God soos ’n verslete gordel om Sy lyf. Daarom is die Here hulle nie meer goedgesind nie en het Hy geen medelye meer met hulle nie. En al breek dit Jeremia se hart, verkondig hy dat soos ’n kleipot gebreek word, sal die Here hierdie volk en hierdie stad breek. Die ballingskap in Babel is hulle straf. Die Here gaan hulle nie spaar nie en hulle deur hulle vyande laat wegvoer.
Onlangse kommentaar