Skip to main content

Jeremia 37 – Die Galdeërs sal Jerusalem verbrand

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDit help nogal om die orde waarin die verhale waarby Sedekia betrokke is, geskrywe is, in gedagte te hou.  Die verhaal van hoofstuk 32-33 van die grondkooptransaksie (en daarmee natuurlik hoofstuk 30-31 se beloftes ook) pas eintlik tussen die verhale van Jer. 37:1-10 en Jer. 37:11-21 in, waarna die einde van Sedekia se regering in Jer. 38-39 vertel word.  Dit vind dus alles in die voorlaaste regeringsjaar van Sedekia plaas, sy 10de.

Continue reading

Jeremia 36 – Jojakim verbrand Jeremia se boekrol

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnSteeds in Jojakim se regering, sy vierde regeringsjaar (605 v.C.), laat die Here Jeremia al die oordeelsprofesieë wat die Here vir hom sedert die tyd van Josia teen Juda en die nasies gegee het deur Baruk op ’n boekrol skryf en in die tempel aan almal voorlees, aangesien Jeremia op dié stadium op een of ander manier ingeperk of ten minste beperk in sy bewegings was.  Hy kon nie self die boekrol in die tempel gaan voorlees nie.

Sommige geleerdes noem baie keer hfst. 36-45 die Baruk dokument, maar omdat hierdie opdrag eintlik al Jeremia se oordeelsprofesieë van die begin af insluit, ook dié aan die nasies (vgl. Jer. 46-51), het ons hier waarskynlik te make met die opdrag waaruit die hele boek van Jeremia tot stand gekom het: “vandat Ek met jou begin praat het in die dae van Josia tot nou toe”.

Continue reading

Jeremia 35 – Die Rekabiete word as voorbeeld van getrouheid aan Juda voorgehou

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia 35 is ’n gevallestudie in getrouheid in skerp kontras met die ontrouheid van die konings en volk van Juda.  Dit is die rede waarom die samestellers van die boek van Jeremia dié hoofstuk met die verhaal van die Rekabiete direk ná die verhaal van Sedekia en sy mense se ontrouheid plaas, al vind die Rekabiete verhaal eintlik vóór Sedekia se regeringstyd plaas, in die tyd van sy broer Jojakim.

Die hoofstuk beslaan 3 dele:

  1. 35:1-11 – Die Rekabiete se getrouheid aan hulle voorvader se gebod
  2. 35:12-17 – Die veroordeling van Juda omdat hulle nie na die Here geluister het nie
  3. 35:18-19 – Die belofte van die Here aan die Rekabiete vir hulle lojaliteit

Continue reading

Jeremia 34 – Koning Sedekia en die volk sal verwoes word omdat hulle van gedagte verander het

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnIn die volgende 12 hoofstukke word gefokus op Jeremia se interaksies met die leiers van die volk vóór en ná die val van Jerusalem.  Dit beslaan hfste. 34-45 en sluit ook ’n woord aan Jeremia se skrywersvriend Baruk in (hfst. 45).  Dit kan opgedeel word in terme van die tyd vóór en ná die val van Jerusalem:

  • Voor en tot met die val van Jerusalem – die verhale van die vroeëre koning Jojakim [35-36] is in die middel van dié oor die latere koning, sy broer Sedekia [34,37-39], geplaas, d.w.s. nie heeltemal kronologies in tyd nie.  Die rede is waarskynlik dat Jeremia in hfst. 35 die Rekabiete se verbondstrou  wil kontrasteer met Sedekia se ontrou in hfst. 34, waarna die ander verhaal van ontrou van Jojakim gevoeg is, hfst. 36 – hfst. 34-39;
  • Ná die val van Jerusalem – die verhale van die lotgevalle van die agtergeblewenes.  Jeremia is  vrygelaat, maar uiteindelik gevange geneem deur opstandelinge onder leiding van Joganan en na Tagpanges in Egipte weggevoer – hfst. 40-45.

Hoofstuk 34 is in twee dele opgedeel:

  • ’n Beloftewoord van die Here aan Sedekia dat hy in vredestyd sal sterf ten spyte van die ballingskap – vers 1-7;
  • ’n Oordeelswoord van die Here aan almal wat die ooreenkoms om slawe vry te laat weer verbreek het – vers 8-22.

Continue reading

Jeremia 33 – Ek sal die lot van Juda, Israel en Jerusalem verander

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia is nog steeds ingeperk in die binneplaas van die paleiswag met die volgende reeks van woorde van die Here wat na hom toe kom oor die lotsverandering wat die Here vir hulle beplan.  Dit bestaan uit sewe kort profesieë wat soos volg saamgevat kan word:

  • 33:1-3 – Die aankondiging van die openbaring van die Here – inleiding en een profesie;
  • 33:4-13 – Die lotsverandering van Juda en Israel geïllustreer deur die herstel van die Jerusalem en sy mense sowel as hulle grondgebied – drie profesieë (4-9; 10-11; 12-13);
  • 33:14-26 – Die lotsverandering van Juda en Israel geïllustreer deur die herstel van die koningstroon van Dawid en die Levitiese priesterskap as deel van die verbond met die aartsvaders – drie profesieë (14-18; 19-22; 23-26).

Continue reading

Onlangse kommentaar