Skip to main content

Psalm 50:16-23

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Asaf vervolg met ‘n appèl aan die goddeloses om met God rekening te hou. Let op dat hulle met die mond die Here dien (Ps. 50:16), maar in gedrag sonder Hom optree en teen sy uitgesproke wil (Ps. 50:17-20).  Veral die oortredings van die tweede tafel van die wet kom onder skoot, die 7de tot 9de gebod: egbreuk, diefstal, leuens.  God (en die liturg by implikasie) kan nie daaroor stil bly nie, want hulle dink reeds God het soos hulle geword! (Ps. 50:21). Daarom moet die goddeloses tot inkeer kom en luister, anders sal hulle duur betaal omdat hulle nie met God rekening hou nie (Ps. 50:22).  Dit is die mens wat reg lewe deur God te eer en lof vir Hom as ‘n offer te bring, wat God se redding ervaar (Ps. 50:23).

Bid die Psalm

“Maar vir die goddelose sê God: “Hoe durf jy my bepalings voorhou en jou op my verbond beroep? Want jy verwerp my vermanings en verontagsaam my opdragte. Wanneer jy ’n dief sien, maak jy soos hy; en met egbrekers vereenselwig jy jou. Jou mond verkondig kwaad, en jou tong praat bedrog. Jy sit en beswadder jou broer, en praat tot nadeel van jou eie broer. Dit alles het jy gedoen, maar Ek het stilgebly, en jy het gedink Ek het soos jy geword. Maar nou eis Ek rekenskap van jou en sal jou openlik beskuldig. Luister hierna, julle wat My misken, anders sal Ek julle uitmekaarskeur sonder dat iemand julle verlos. Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak.”” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie goddeloses is nie dié wat in die wêreld sonder God leef nie. Dit is mense wat binne die gemeenskap van gelowiges voorkom! Hulle gee hulle offers en woon die erediens by. Maar, hulle harte en hulle lewenswyse is ver van God af met die gevolg dat hulle dink God is soos hulle. Dit bly darem maar ontstellend om dit raak te sien! Maar, die stukkie genade in dié deel van die Psalm is dat God sê: “Luister hierna… anders…” Daar is die moontlikheid van bekering om die Here se pad te begin volg, want daar is verlossing moontlik vir diegene wat tot inkeer kom. Dit is interessant om in die OT die hervormings van Hiskia in 2 Kronieke 29 te lees in die lig van Psalm 50, want van Asaf se lofliedere het die heringebruikneming van die tempel na dit gereinig is en die offerdiens herstel is, begelei (vgl. 2 Kron. 29:3-11, 30). Dieselfde geld die verhaal van Pinksterdag in die NT waar die Jode onder ‘n sondebesef vra wat hulle moet doen, en Petrus antwoord: “Bekeer julle… Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit.” (Hand. 2:38-40) Dié wat daarna geluister het, het die verlossing in Christus Jesus ontvang, en is in ‘n nuwe gemeenskap saamgesnoer wat toe God se pad kon volg.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 51:1-11

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 51 is die bekendste van die sogenaamde boetepsalms in die Psalmboek (vgl. Ps. 6; 32; 38; 51; 102; 130; 143).  Dit word gekoppel aan Dawid se reaksie op die profeet Natan se veroordeling van sy owerspel met Batseba en die verraad teen haar man Urija wat tot sy dood gely het (2 Sam. 11-12).  Maar die betekenis hiervan is vir alle tye en in alle situasies waar om vergifnis en herstel gebid word. Let op hoe die hart van die Psalm in die twee kante van dié gebed opgedeel word: 1) Gebed om vergifnis – vers 1-11; 2) Gebed om herstel – vers 12-19. Ons lees vandag die eerste deel, en môre die tweede.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Dawidspsalm, toe die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde. Wis tog my sonde uit, op grond van u barmhartigheid. Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde. Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my. Teen U, U alleen, het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is. Daarom is u uitspraak reg en u oordeel regverdig. Want ek is as sondaar gebore, en was dit toe my ma swanger geword het. Maar U verwag waarheid in die hart. U leer my om wysheid te besit. Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek, laat my weer vol vreugde wees. Moenie let op my sondes nie, en wis al my oortredings uit.” NLV

Boodskap en betekenis

Die gebed om vergifnis word in God se troue liefde en groot barmhartigheid begrond. Let op dat sonde ten diepste ’n oortreding teen God en sy wil vir die lewe is, voortgebring uit die diep ingebore sondigheid van die mens. Dawid openbaar hiermee ’n diep stuk wysheid, soos Spreuke 28:13 dit ook het: “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.”  En dít is waarvoor Dawid vra, dat God in sy genade weer vir hom God se wil diep in sy binneste sal bekend maak, hom opregtheid diep in sy hart sal gee. Soos Peterson in The Message vers 8 vertaal: “Enter me, then; conceive a new, true life.”

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 51:12-19

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid wil weer die blydskap en vreugde van God se teenwoordigheid geniet deurdat God aan die eenkant hom vergewe en nie meer ag slaan op sy sonde en skuld nie (vers 11), maar aan die ander kant ook herstel deur hom ’n rein hart, ’n nuwe en standvastige gees vir hom sal gee (vers 12).  Dawid gebruik die woord “skep” waarmee hy in Skeppingstaal skryf oor God se hernuwende werk in hom.  Dit verbind hy dan ook aan die teenwoordigheid van die Heilige Gees wat hy pleit nie van hom weggeneem sal word nie. Dán sal Dawid God weer met toewyding kan dien (vers 14) en sal hy ander oortreders kan leer wat God van ’n mens verwag, wat hy opsom met die woorde: ”sodat sondaars hulle tot U sal bekeer” (vers 15).  Die lof waarvan die vorige Psalm 50 gepraat het, sal dan weer deel van sy lewe word (vers 16).  Let ook op hoe hy Psalm 50 ook eggo in vers 18-19, dat offers nie soseer is wat God wil hê nie, maar dan in die lig van sy ervaring iets by die eis tot lofprysing in Psalm 50 sit, die eis van God vir ’n hart wat vol ootmoed en berou is.  Dít is iets wat God nie gering sal ag nie. Die Psalm sluit met ’n gebed vir Sion dat hulle God se liefde en goedheid weer sal ondervind veral in die herbou van die mure van Jerusalem.  Daarmee sal die tempeldiens weer herstel kan word, waaruit ’n mens kan aflei dat dié twee verse later in die tyd na die ballingskap bygevoeg is by die Psalm. Die byvoeging is teologies egter baie belangrik, omdat dit keer dat sondebelydenis en vergifnis net persoonlik verstaan word. Sondebelydenis en vergifnis is ook ’n sosiale- en gemeenskapswerklikheid.

Bid die Psalm

“Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees. Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie. Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam. Dan sal ek oortreders u weë leer, sodat sondaars hulle tot U sal bekeer. Verlos my van bloedvergieting, God, my Redder-God. Dan sal ek voluit sing van u regverdigheid. Help my om te praat, Here, sodat ek u lof kan verkondig. U verlang nie offers nie, anders sou ek dit bring. Selfs brandoffers wil U nie hê nie. Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God. Wees genadig oor Sion, volgens u goedheid; herbou tog die mure van Jerusalem. Dan sal die voorgeskrewe offers vir U aanneemlik wees, brandoffers, ja, offers wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle weer bulle op u altaar offer.” NLV

Boodskap en betekenis

Hoe diep en omvattend is vers 12-14 nie geformuleer nie: “Gee my ’n nuwe, standvastige gees. Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie. Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam. Dan sal ek oortreders u weë leer, sodat sondaars hulle tot U sal bekeer”. Vergifnis lei tot herstel, lei tot bediening! Gebruik hierdie Psalm as jy die Here om vergifnis en herstel wil vra sodat ook jy deur Hom in die lewe van ander gebruik kan word.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 52

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dit is ’n unieke Psalm waarin die boodskap eintlik op ’n vyand van Dawid, Doëg, gemik is, ’n soort stryd Psalm wat nie maklik inpas in die normale kategorisering van Psalms in lof en klag nie. Lees in 1 Samuel 21-22 meer oor Doëg wat Agimeleg en 85 priesters van die heiligdom by Nob uitgewis het, omdat hulle vir Dawid ondersteun het, omdat Doëg ’n geswore ondersteuner van Saul was. Daar sit ook waarskynlik meer agter dié persoonlike stryd, want Doëg was ’n Edomiet, afstammeling van Esau. Die konflik tussen Esau en Jakob (Dawid se voorvader) wreek hom dus ook op ’n manier in die stryd tussen Doëg en Dawid. Die Psalm kan in drie dele verdeel word: 1) Die slegte dade van Doëg word veroordeel – vers 3-6;  2) Die vernietiging wat God oor hom gaan bring, word verwelkom – vers 7-9.  In baie skerp taal word God se optrede geskets.  Basies word die ruimte wat God vir Doëg gegee het om te woon, weggeneem en sy lewe beëindig; 3) Die sorg en goedheid van God word verheerlik – vers 10-11.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Gedig van Dawid, met verwysing na die keer toe Doëg die Edomiet gekom het en vir Saul vertel het: Dawid is in die huis van Agimelek. Hoekom spog jy met jou boosheid, man van mag? God se troue liefde is mos sonder einde! Jy beplan verwoesting. Jou tong is skerp soos ’n skeermes; jy is ’n bewerker van bedrog. Jy verkies boosheid bo goedheid en leuens bo die waarheid. Sela Jy geniet woorde wat vernietig, en met jou tong bedrieg jy! Maar God sal jou vir altyd neergooi. Hy sal jou gryp, jou uit jou woning wegsleep en jou ruk uit die land van die lewendes. Sela Die regverdiges sal dit sien en met eerbied vervul word. Hulle sal lag en sê: “Kyk wat gebeur met die man wat nie by God geskuil het nie: Hy het eerder op sy rykdom vertrou, en deur verwoesting sterk geword.” Maar ek is soos ’n olyfboom wat geil groei in die huis van God. Ek vertrou op God se goedheid so lank as wat ek lewe. Ek sal U altyd loof, o God, vir wat U gedoen het. Ek sal op u Naam hoop, want hulle wat aan U getrou is, weet dat U goed is.” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalm herinner dus elkeen van ons wat onder die gemeenheid van ander moes deurloop, dat die laaste sê oor enigiemand se lewe van God af kom. God se sorg en goedheid hou ’n mens in stand selfs wanneer dit lyk asof die boosheid wil-wil seëvier. Gebruik hierdie Psalm as jy in ‘n konflik met ‘n wrede en magtige persoon gewikkel is. Jy kan die indeling van die Psalm in jou gebed soos volg gebruik: 1) ‘n Eerlike worsteling met wat gebeur (het); 2) ‘n Oorgee van die persoon aan God se optrede; 3) ‘n Lofprysing van God vir sy sorg en goedheid.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 53

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 14 en 53 het basies dieselfde inhoud, met ’n paar verskille (wat jy by bybelskool.com kan nagaan as jy belangstel). Waar Psalm 14 in die 1ste Psalmboek vyf klaagliedere (Ps. 9-13) afsluit met die boodskap dat om sonder God te probeer leef, dwaas is, sluit Psalm 53 in die 2de Psalmboek vyf wysheidsPsalms af met dieselfde boodskap. Psalm 53 is in twee dele opgedeel: 1) Dit is dwaas om sonder God te leef. Dit geld privaat individue en publieke instellings. 2) God red sy mense van dwase. God nooi ons daarmee uit om ons toevlug tot Hom te neem in vertroue op sy redding en die verandering van ons lot. Ons sal juig en bly wees – en in God se teenwoordigheid tot ons reg kom – veral deurdat Hy die dwase sal teenstaan en vernietig.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Met fluitspel. ’n Gedig van Dawid. Net ’n dwaas sê in sy hart: “Daar is geen God nie.” Hulle is bedorwe en hulle dade is boos. Niemand doen iets wat goed is nie! God kyk neer vanuit die hemel oor die hele mensegeslag om te sien of daar één is wat verstandig is, één is wat God dien. Maar nee! Almal het weggedraai; almal het bedorwe geword. Niemand doen wat goed is nie, nie eens één nie! Sal die boosdoeners nooit leer nie? Hulle verorber my volk soos brood. Hulle weier om God te dien. Angs sal hulle daar beetpak, skrik soos nooit tevore nie. Die beendere van julle aanvallers sal God verstrooi. Julle sal hulle tot skande bring, want God het hulle verwerp. Mag uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer God sy volk herstel, sal Jakob jubel, sal Israel bly wees.” NLV

Boodskap en betekenis

Om dwaas te wees word in dié Psalm uit God se perspektief beskryf, nie uit die menslike nie.  Dit is immers Hy wat hulle as dwaas beskou.  ‘n Dwaas is dus veral iemand wat lewe sonder om na God te luister om van Hom leiding te ontvang om sy of haar lewe te kan rig en laat begelei.  ‘n Wyse is iemand wie se lewe juis draai om die luister na God en die vertroue op die pad waarop Hy sy of haar lewe begelei. Wyses se lewens word daarenteen gekenmerk deur ‘n toevlug neem tot God en ‘n vertroue op Sy redding en lotsverandering.  Hulle sal juig en bly wees – en in God se teenwoordigheid tot hulle regkom, veral deurdat Hy die dwase sal teenstaan en vernietig. Ons moet egter nie te gou die dwase in ons omgewing soek nie.  Die Psalm is duidelik daaroor dat dwaasheid eintlik ‘n algemene kenmerk van die mensdom is, en dat dit ook vir ons insluit.  Dit is waarom Paulus uit hierdie verse aanhaal in Romeine 3 en die evangelie van Jesus Christus as ‘n weg uit die dwaasheid verkondig en spesifiek sê dat God deur sy Gees sy liefde in ons harte uitgestort het (Rom. 5), om ons dwaasheid in liefde te verander. Kragtig!

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar