Skip to main content

Psalm 60:1-7

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Ons verhouding met God speel gewoonlik af teen die agtergrond van ons persoonlike worstelinge en uitdagings, sowel as in ’n mindere mate teen die agtergrond van publieke en sosiale werklikhede waaraan ons blootgestel word.  Natuurlik is dit ook deel van die ervaringswêreld van die Psalmdigters. In dié Psalm word egter oor ’n verhouding met God gepraat teen die agtergrond van nasionale uitdagings.  Gevegte teen twee nasies word in vers 2 genoem wat die aanleiding is vir die skryf van die Psalm en beïnvloed hoe ’n mens dit lees.  Die drie gevegte wat genoem word, is dié van Dawid teen die Arameërs van Mesopotamië, Dawid teen die Arameërs van Soba en Joab teen die Edomiete in die Soutvlakte waar hy 12 000 mense doodgemaak het. Dit is duidelik dat dié oorwinnings in die verlede in herinnering geroep word, in ‘n tyd waar dit sleg gaan met die volk en opnuut om God se ingrype gevra word.  2 Samuel 8 beskryf waarskynlik die historiese omstandighede van die oorwinnings in die verlede en 1 Konings 11 (meer daaroor op bybelskool.com) die historiese omstandighede van die Psalm se worsteling met die nederlae in die hede waaruit die gebed vir God se ingrype geformuleer is.  Daar is ’n paar veldtogte van Dawid in 2 Samuel 8 waarop dié verwysing na oorwinnings oor die Arameërs en Edomiete waarskynlik dui. Daar word ons vertel dat benewens die gevegte teen die Filistyne en Moabiete, het Dawid “sy mag aan die Eufraat gaan herstel” (vers 3 – dit is in Mesopotamië) deur die Aramese koning Hadad-Eser van Soba, seun van Regob, te verslaan.  Hy het perde en soldate by hom afgevat. Die Arameërs van Damaskus het toe vir koning Hadad-Eser van Soba te hulp gekom, maar Dawid het hulle ook verslaan en militêre poste in hulle gebied ingerig, en die Arameërs het aan hom onderhorig geword en moes aan hom belasting betaal. Na sy oorwinning oor die Arameërs het Dawid vir hom naam gemaak toe hy agtien duisend man van Edom in die Soutvlakte verslaan het. Hy het oral in Edom militêre poste ingerig, en die hele Edom het aan hom onderhorig geword.   Joab se leierskap word in Samuel erken, hoewel nie in detail uitgespel nie. Psalm 60:1-2 verwys dus waarskynlik hierna. Die Psalm kan in drie dele verdeel word, veral na aanleiding van die verandering in spreker in vers 8-10.  In vers 3-7 is die Psalmis aan die woord namens die volk. Ons lees die ander twee dele môre.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Op die wysie van “Die lelie”. ’n Getuienis. ’n Gedig van Dawid, bedoel vir onderwysing met verwysing na sy geveg teen die Arameërs van Mesopotamië en die Arameërs van Sob, toe Joab teruggekeer het en 12 000 Edomiete in die Soutvlakte verslaan het. U het ons verstoot, o God, ons verdediging afgebreek. U was vir ons kwaad; herstel tog u guns oor ons. U het ons land geskud en dit oopgeskeur. Heel tog die krake, want dit stort ineen. U het u volk laat swaarkry, ons wyn laat drink wat ons laat slinger. Vir dié wat U dien, het U ’n vaandel gehys, ’n versamelplek teen die boogskutters. Sela Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red.” NLV

Boodskap en Betekenis

Dawid is oortuig dat die ellende van die hede net aan een ding toegeskryf kan word: God het hulle verstoot omdat Hy kwaad is vir hulle.  Niks anders kan die ramp waarin hulle verkeer verklaar nie.  Tog is die hoop van die Psalm steeds in God geleë, dat God hulle weer onder sy vaandel sal verenig sodat hulle by God veilig kan wees teen die vyand.  Net God kan hulle help, want let op hoe hy dit stel: “Help ons sodat U u geliefde volk kan red!” Selfs waar die Here hulle in staat stel om die oorwinning te behaal, is dit eintlik die Here self wat die oorwinning behaal. Dit is regtig waar wat ons telkens in ons lofprysing bely: “Hy alleen is God in die hemel en op die aarde!”

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 60:8-14

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid gaan voort in vers 8-10 om God se beskikkingsmag oor die nasies te beskryf (vgl. Ps. 108:8-11 wat hiermee ooreenkom), beide as verering van en belydenis oor God en as gebed dat God sy mense sal red en hulle in hulle grondgebied sal herstel.  Die name Sigem en Sukkotlaagte roep Jakob se verblyf in die land Kanaän in herinnering (Gen. 33:17-18), terwyl dié twee gebiede saam met Gilead, Manasse en Efraim die noordelike stamgebied verteenwoordig en Juda, Moab, Edom en Filistea die suidelike stamgebied verteenwoordig – die groot gebiede van die verenigde ryk onder Dawid. In vers 11-14 is dit weer Dawid wat namens die volk praat. Vers 11 se verwysing na die “versterkte stad” is moeilik om te interpreteer en kan moontlik dui op ’n gebed om verlossing van ’n bedreiging van “Edom” (Esau se nakomelinge) wat parallel daarmee gebruik word. ’n Geval van aanval is die beste verdediging?  Die res van die slotverse droom van ’n omkeer in hulle situasie sodat hulle met God aan hulle kant, sal oorwin en dat God self weer hulle vyande sal vertrap.

Bid die Psalm

“In sy heilige woonplek het God gesê: “As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet. Gilead is Myne, ook Manasse behoort aan My. Efraim sal my krygsmanne voortbring en Juda sal my konings oplewer. Moab sal my dienaar word en Edom sal my slaaf wees. Oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.” Wie sal my lei na die versterkte stad? Wie sal my na Edom toe bring? Het U ons verwerp, o God? Sal U, o God, saam met ons leërs opruk? Help ons tog teen ons vyande, want menslike hulp is waardeloos. Met God se hulp sal ons seëvier, want Hy sal ons vyande vertrap.” NLV

Boodskap en Betekenis

Soos Jesaja 62 die droom het van wagte wat op die mure van Jerusalem roep dat God weer die mure sal herstel en God aan sy beloftes van herstell herinner, só kan hierdie Psalm ook gebruik word in tye van aanvegting en verydeling, dat God sy volk sal verenig en herstel.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 61

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm gee ’n diep-persoonlike beskrywing van die innerlike geestelike belewenis van iemand wat in alle omstandighede met God ’n pad wil stap.  Dit is waarskynlik ’n gebed van Dawid in die tyd van sy koningskap (vgl. vers 7-8). Die Psalm kan verdeel word in twee dele: 1) die gebed om verlossing in vers 2-5 en 2) die dankgebed vir verlossing in vers 6-9. Vers 7-8 word in die derde persoon geskryf en herinner aan die belofte aan Dawid dat sy koningskap vir ewig sal wees (2 Sam. 7), voordat in vers 9 weer na die eerste persoon teruggekeer word soos in die eerste deel van die Psalm.  Dawid herinner God dus daarmee aan sy beloftes.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Met snarespel. ’n Dawidspsalm. O God, luister na my roepstem en hoor my gebed! Vanaf die einde van die aarde roep ek tot U om hulp, want ek is moedeloos. Lei my na die rots hoër as ek. Waarlik, U is vir my ’n skuilplek, ’n sterk vesting buite bereik van my vyande. Laat my vir altyd in u woning bly, en onder die beskerming van u vleuels skuil! Sela Want U het my geloftes gehoor, o God. U vervul die begeerte van hulle wat u Naam dien. Voeg dae by die lewe van die koning; laat sy lewensjare van geslag tot geslag wees! Mag hy vir altyd voor God regeer. Mag u goedheid en waarheid hom bewaar. Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.”

Boodskap en betekenis

Koning Dawid is waarskynlik ver weg in die vreemde, baie bewus van die dreigende gevaar van sy vyande.  Hy wanhoop aan sy situasie, soos “moedeloos” in die Hebreeus letterlik lui: “My hart raak swak.” En daar is twee behoeftes wat om voorrang spook in sy gedagtes.  1) Die een behoefte is veiligheid van sy vyande – ’n hoë rotsvesting. Hy vra God vir “’n rots wat hoër sal wees as hyself” – ’n plek wat hy nie uit eie krag kan bereik nie – waar hy veilig sal wees. 2) Die ander behoefte is ’n toevlug by God – ’n blywende tuiste in sy “tent” soos dit in die oorspronklike staan (vers 4-5).  Daarmee kom ‘n mens agter dat veiligheid ten diepste nie in ’n fisiese plek te vinde is nie, maar in die teenwoordigheid van die Here self.  Daar wil Dawid vir ewig bly, ’n blywende tuiste vind.  Hy wil skuil onder God se vleuels (vgl. Ps. 91), waarmee hy verwys na die vlerke van die gerubs in die binneste heiligdom van die tent van die Here (Eks. 37). Let ook op die rol wat geloftes speel en hoe krities belangrik die nakom van die geloftes in vers 9 uitgespel word.  Geloftes is beloftes wat aan God gemaak word in tye van nood en wat in die vorm van brand- (Ps. 66:3) en lofoffers (Ps. 50:4) betaal is.  Dit het dus ’n verbintenis van die bidder ingehou, gekoppel aan God se gebedsantwoorde.  Selfs Paulus het só ’n gelofte gemaak en nagekom (Hand. 18:18 – hy het waarskynlik sy hare laat groei, totdat die [onbekende] gebed verhoor is, en toe sy hare afgesny om sy gelofte na te kom).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 62

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 62 druk die vaste geloof van Dawid uit terwyl hy in ’n situasie van groot uitdagings verkeer.  Dit gee aan hom nie net ’n rustige sekerheid midde-in aanvegtinge nie, maar dien ook as getuienis en bemoediging van die geloofsgemeenskap.  God is vir almal ’n veilige vesting.  Daarin kan ’n mens rus vind. Let op hoe hierdie Psalm regdeur een van belydenis en bemoediging is en waarskynlik in die liturgie gebruik is as getuienis aan die geloofsgemeenskap en dat die Psalm eers in die laaste vers, amper ongemerk, oorgaan tot ’n gebed aan God. Die Psalm kan in drie dele verdeel word weens die Selas en die herhalende frase in vers 2 en 6: “Net by God kan ek rustig wag”. 1) Net by God vind ek rus – vers 2-5.  Dawid beweeg van ’n belydenis oor God se onwankelbaarheid waarin hy rus vind (vers 2-3), na ’n beskuldiging van sy teenstanders se pogings om hom op skynheilige wyse te na te kom en uit te werk (vers 4-5). 2) Stort julle hart voor Hom uit – vers 6-9.  Dieselfde beweging word in dié deel van die Psalm gevind, net hierdie keer van belydenis (vers 6-8) na bemoediging van sy geloofsgenote (vers 9).  Let op hoe hy ook dié keer sy vertroue in God uitspreek en die volk aanmoedig om hulle hart voor God uit te stort (vgl. Ps. 102:1; 142:3).  God is vir ons ’n toevlug! 3) Net God het regtig mag – vers 10-13.  ’n Soortgelyke beweging is merkbaar in hierdie deel van die Psalm.  Die magteloosheid van die mens word onomwonde beskryf in terme van hulle verganklikheid en nietigheid (vers 10-11) en vergelyk met die mag van God wat alle mense impakteer en daarom die enigste Een is waarop ’n mens kan vertrou (vers 12-13).  Let op hoe Dawid ons waarsku om nie op geweld of rykdom te vertrou nie.  Moenie dat rykdom “te na aan jou hart lê nie.” Die laaste vers se gebed formuleer twee diep waarhede oor God.  Benewens God se mag (vers 12) staan sy liefde en sy regverdigheid uit as dié prentjie van God wat rus en versekering bring.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Op die wysie van “Jedutun”. ’n Psalm van Dawid. Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing. Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek baie stewig staan. Hoe lank sal julle ’n mens aanval? Hulle almal probeer om my dood te maak. Ek is reeds soos ’n bouvallige muur, of ’n vervalle heining. Hulle wil my my ereplek ontneem. Hulle geniet dit om leuens te vertel. Met hulle mond seën hulle my, maar in hulle harte vervloek hulle my. Sela Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop. Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek stewig staan. God is my redding en my krag; God is my sterke rots en my toevlug. Vertrou op Hom te alle tye, my volk, stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug. Sela Sekerlik is mense net ’n asempie, en die mensdom onbetroubaar. Op die weegskaal weeg hulle niks. Saam is hulle ligter as ’n windjie. Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God, en ook die trou behoort aan U, Here. U beloon elkeen volgens sy dade.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie is ’n Psalm vir tye van aanvegting. Dawid draai sy binnekant na God toe as mense op hom afstorm om hom gelyk te maak met die grond, want van God is sy verwagting. Net by God vind hy rus. God is sy rotsvesting, sy bron van krag. Voor Hom stort Dawid sy hart uit en dit is dan wat hy raaksien dat die vyande se gesamentlike gewig die weegskaal nie eers roer in vergelyking met die ontsag wat God inboesem nie. Dit is waarom vertroue op jou eie vermoë so dwaas is. As rykdom “te na aan jou hart lê.” Om ander in die proses te verdruk of te beroof, is dubbeld dwaas, want die Here vergeld in sy regverdigheid elkeen vir sy werk. Sy lojale liefde is vir dié wat hulle vertroue op Hom plaas en nie by onreg betrokke raak nie. Dié gedagte (vgl. ook Ps. 28:4; Spr. 24:12; Jer. 17:10) het wyd in die NT ’n neerslag gevind.  God tree billik op teenoor alle mense volgens die somtotaal van hulle werke, die nalatenskap van hulle lewens.  Jesus verklaar in Matt. 16:27 op voetspoor van hierdie teks: “Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld.” (vgl. ook Matt. 7:22-23; 13:41-42) Paulus  gebruik ook Ps. 62:13 in sy beredenering in Rom. 2:6-8 oor God se hantering van die ganse mensdom: “Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.”  Ook Petrus gebruik hierdie Psalm as appèl aan die gelowiges om uit eerbied vir God in totale toewyding te leef: “Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld.” (1 Pet. 1:17). Dat ons dade dus belangrik is vir God, is duidelik.  Die gedagte is nie dat ons daardeur iets verdien nie.  Dit kan ons nooit nie.  Maar, dit is ook duidelik dat daar niks is wat geloof so duidelik kan toon, as dat ons doen wat God van ons vra nie – presies wat Jakobus so prakties uitspel in sy brief onder die opskrifte: Hoor en Doen (1:19-27) en Glo en Doen (2:14-26).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 63

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalm word in die eerste vers geassosieer met Dawid se verblyf in die Judawoestyn, die onherbergsame reënlose gebied tussen Jerusalem in die middel van die land en die Dooie See aan die oostekant. Saul is steeds besig om hom aktief te vervolg (1 Sam. 23-24). Dit is egter ook die plek waar Moses se skoonfamilie, die Keniete, vroeër saam met die stam van Juda kom bly het en die bergland ingeneem het met die Intog in die land Kanaän (Rigt. 1:16). Dit is dus ook ’n plek waar God sy teenwoordigheid in die verlede aan sy voorsate laat blyk het. Die Psalm is in twee dele geskryf, met vers 1 soos gewoonlik die inleiding: 1) Ek bly altyd naby U – vers 2-9. Let op die diep behoefte wat Dawid aan God het wat hy uitdruk met werkwoorde soos soek¸ dors, en smag. Die woestyngebied waar hy is, raak vir hom ’n metafoor van sy lewe – sonder God is die lewe sonder enige fut en genot. Hy wil eerder die hele lewe beleef in die teenwoordigheid van die Here, uitgedruk met die metafoor van die heiligdom. Dié gedagtes bring ’n groot berusting by hom in die verlatenheid van die woestyn, selfs as hy in die nag op sy bed aan God en Sy plan vir sy lewe nadink. Want, selfs daar, ondervind hy dat God vir hom ’n hulp en beskerming is, uitgedruk met die metafoor van die vleuels van die gerubs wat in die heiligdom beskerming bied. Daarom bly Dawid altyd naby God, onder die vleuels van sy teenwoordigheid, waar hy niks anders as God nodig het nie. 2) Laat elkeen Hom prys – vers 10-12. Vanuit die ondersteuning wat Dawid beleef in sy meditasie oor God se liefde, hulp en beskerming, bid hy dat die mense wat sy ondergang soek sal wegsink in die dieptes van die aarde, dat hulle aan die swaard oorgegee en aas vir die jakkalse sal word – ’n gebed wat in Saul se geval uiteindelik beantwoord is (1 Sam. 31). Daarteenoor bid hy dat die Here hom as koning sal toelaat om hom in God te verbly, trouens dat almal hierdie voorreg om God te prys, sal kan beleef. “Almal wat op God vertrou” moet God kan prys – dit is sy gebed. Dawid herinner God dus aan die belofte dat hy koning sal word, maar dit gaan nie vir hom soseer oor die koningskap as sodanig nie. Dit gaan oor die diep behoefte om in vryheid God se naam saam met ander te mag prys.

Bid die Psalm

“’n Psalm van Dawid, met verwysing na sy verblyf in die Judawoestyn. O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U; my hele liggaam verlang na U soos ’n dor land sonder water. Ek het U inderdaad in die heiligdom gesien en u krag en heerlikheid aanskou. U troue liefde is beter as die lewe; daarom prys ek U! Daarom wil ek U prys so lank as wat ek lewe, en in u Naam my hande ophef. U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels. Ek is aan U verbind, u regterhand hou my staande. Mag hulle wat my lewe soek, omkom en in die dieptes van die aarde wegsink. Mag hulle oorgegee word aan die swaard en kos word vir die jakkalse. Maar die koning sal bly wees in God. Almal wat op God vertrou, sal Hom prys, terwyl leuenaars stilgemaak sal word.” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalm herinner ons daaraan dat daar ’n verhouding met God moontlik is wat só diep is, só bevredigend, só vervullend, dat dit die beste wat jy in die lewe kan ervaar, oortref en dat selfs die slegste wat met jou kan gebeur, dié verhouding met God nie kan versteur nie. Vul dus vandag jou lees van die Psalm aan deur na die bekende verwerking van Rhe Janse te luister waarvan Willie Joubert en Louis Britzz se opnames veral wyd gesing word: “Ek soek U, o God, my God.” (FLAM 22). Dit sal jou in die teenwoordigheid van God bring.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar