Skip to main content

Psalm 29

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 29 besing die Skepperkoning se stem soos dit in die natuur met ’n donderstorm gehoor kan word en krag gee in die lewe van sy volk en hulle seën met oorvloed. In die lig van die omringende twee Psalms (28 en 30) antwoord dié Psalm dus onomwonde, dat God nie stil is nie, maar van Hom laat hoor! God se stem word hier met ’n aantal natuurverskynsels in donderstorms vergelyk om daarmee die inherente en allesveranderende krag van God oor te dra. Teenoor die Kanaänitiese opvatting dat Baäl reën gee, bely die Psalm dat dit Jahwe is wat reën gee en dat onweer nie bloot dié van ’n groot natuurkrag of die stem van Baäl is nie, maar eerder die stem van die Here, wat ook op simboliese wyse die krag en oorvloed wat Hy vir sy volk gee, illustreer. Daarmee word die suigkrag van die Baälgodsdiens vir die geloofsgemeenskap op doeltreffende teologiese wyse getroef.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm. Vereer die Here, julle hemelwesens! Vereer die Here vir sy grootheid en krag! Verheerlik die Here oor die heerlikheid van sy Naam! Dien die Here in die grootsheid van sy heiligheid. Die stem van die Here weerklink oor die waters. Die God van heerlikheid donder. Die Here is op die magtige waters. Die stem van die Here is magtig. Die stem van die Here is vol majesteit. Die stem van die Here breek seders. Die Here versplinter die seders van die Libanon. Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalf en die Sirjon soos ’n jong bees. Die stem van die Here tref met weerligstrale. Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe. Die stem van die Here laat die ooie lam en stroop die bosse kaal. In sy tempel sê almal: “Heerlikheid!” Die Here regeer oor die watervloed. Die Here heers as koning vir altyd. Die Here gee krag aan sy volk. Die Here seën sy volk met vrede.” NLV

Boodskap en betekenis

’n Mens kan dink, selfs al doen jy baie moeite om die Bybel daagliks te lees, dat God se stem net soos ’n bandopname is. Psalm 29 herinner ons dat die stem van die Here nie maar net ’n opname uit die verre verlede is nie, maar ’n lewendige uitsending, wat hier en nou effektief is. Dat Jesus op die see ook juis die storm stilmaak (Mark 4:35-41), het in die lig van dié Psalm ‘n besondere betekenis. Dit draai enige idee dat God met die natuur gelyk gestel kan word, die nek om en stel dit duidelik dat God ook in die stilmaak van ‘n storm teenwoordig is, soos natuurlik ook al in 1 Konings 19:12 gesê is, dat God in: “’n fluistering in die windstilte” was. Hy regeer oor alles en vir altyd. En dit is Hy wat krag aan ons gee en ons seën met vrede.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 30:1-6

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid loof God in die eerste deel van die Psalm omdat Hy hom gesond gemaak het, en gered het van die dood (put). Sy vyande se blydskap oor sy ellende was van korte duur. Hulle blydskap het stil geraak. God het na Dawid geluister en hom weer lewe gegun. Dawid gebruik daarom sy ervaring van redding om die geloofsgemeenskap aan te moedig om die Here te loof en getrou te bly dien, want Hy is ‘n God wat lewenslank goed is. Sy ervaring is dat sy trane van korte duur was, want die vreugde van God se genade breek telkens weer deur.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm. ’n Lied vir die inwyding van die tempel. Ek sal u lof verkondig, Here, want U het my gered. U het my vyande verhinder om bly te wees oor my. Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk, U het verhoed dat ek saam met ander wegsak in die graf. Sing tot eer van die Here, julle wat getrou is! Loof sy heilige Naam. Sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy genade is lewenslank! In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde.” NLV

Boodskap en betekenis

Dit bly ‘n riem onder die hart dat God se toorn net ‘n oomblik duur, en sy genade lewenslank. Die trane wanneer ‘n mens deur trauma gaan of getoets word deur allerlei uitdagings is baie erg, maar die blydskap wat deurbreek as die Here optree en jou situasie verander, is net so werklik. Dink aan enige situasie waarin jy iets van Dawid se ervarings beleef het – eers die trane en toe die lag – en loof die Here daarvoor. En as jy nog steeds in ‘n traumatiese situasie is, lê dit opnuut aan die Here voor, en bid dat Hy jou daaruit sal red.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 30:7-13

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid gebruik sy ervaring van God se redding in die tweede deel van die Psalm om ons aan te moedig om die Here getrou te bly dien, want Hy is ‘n God wat lewenslank goed is. Hy is egter ook eerlik daaroor dat hy sy vertroue in God se onwankelbaarheid eintlik maklik verkondig het – toe dit nog goed gegaan het met hom. Die toets het egter gekom – hetsy deur sy eie toedoen of deur ander s’n of deur siekte – toe dit nie goed gegaan het met hom nie, en hy die ervaring gehad het dat God sy teenwoordigheid aan hom onttrek het. Dit het sy vertroue op God tot die uiterste getoets.

Bid die Psalm

“Toe ek voorspoedig was, het ek gesê: “Niks sal my ooit beweeg nie!” U goedheid, Here, was vir my soos ’n stewige berg. Maar toe U van my af wegdraai, was ek verskrik. Ek het na U geroep, Here. Ek het by U, Here, gepleit om genade: “Wat sal dit U baat as ek sterf, as ek wegsak in die graf? Kan my stof U loof in die doderyk? Kan my stof u trou daar verkondig? Luister, Here, en wees my genadig. Help my tog, Here!” U het my droefheid verander in ’n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd.” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid verklaar hier dat hy nie kan stilbly nie, want die Here het sy hulpgeroep gehoor en hom genadig gewees, en sy vertroue bevestig. Hy kan nie stilbly nie, want God het nie stil gebly nie! Het jy ook sulke verhale wat jy kan oproep tot jou eie versterking, en miskien met ander kan deel tot hulle versterking?

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 31:1-7

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Ons lees die Psalm in vier dele. Dawid bely in die eerste deel van die Psalm dat hy by die Here skuil, want dit is die enigste plek waar sy vrese besweer word. Daarom bid hy dat die Here hom nie sal teleurstel nie. Dat Hy sy getrouheid aan hom sal bly bewys. Hy het nodig dat God vir hom altyd ‘n rots en ‘n bergvesting bly. Daarom vertrou hy steeds sy lewe aan die hande van die Here toe, want God is sy toevlug. Hy weier om sy hoop op mense te stel wat boonop hulleself tot nikswerd afgode wend. Hy sal sy vertroue net in die Here bly stel.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Dawidspsalm. Here, ek kom na U vir beskerming; moenie dat ek beskaamd staan nie. Red my, want U is regverdig. Luister tog na my en red my gou. Wees vir my ’n rots van veiligheid, ’n vesting waarheen ek kan vlug. U is my rots en my vesting. Lei my, wees vir my ’n gids ter wille van u Naam. Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het, want U is my sterkte. In u hande gee ek my lewe oor. U het my verlos, Here, troue God. Ek haat dié wat nikswerd afgode dien. My vertroue is op die Here.” NLV

Boodskap en betekenis

Uit ’n NT hoek word die Psalm se boodskap verruim, deurdat Jesus aan die kruis die woorde in vers 6: “In u hande gee ek my lewe oor” aan die kruis gebruik het: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor” (Luk 23:46). Waar Dawid gevra het vir redding uit die dood, het Jesus gevra vir redding in die dood (Craigie)! Daarmee wys Jesus dat die uitkoms (tye/toekoms) van ’n mens se lewe regtig in God se hande lê, (vgl. later vers 16) en dat dit selfs die dood kan insluit. Ek dink dit is baie keer ons probleem in ons geloofslewe. Ons fikseer op die uitkoms, die redding self, nog soos onsself dit definieer, en verbind dan ons geloof aan die regte uitkoms, in plaas daarvan om ons geloof aan God te verbind, op Hom te vertrou. En dit stuur net op rampspoed af in terme van ons geloofslewe. Jesus wys vir ons dat ons ernstig en volhardend vir uitkoms kan bid, soos ’n Dawid van ouds, maar altyd die spesifieke uitkoms in die Here se hande moet laat. Dit sal voorkom dat ons geloof wankel of ten minste ongeloofwaardig voorkom, as die uitkoms nie is wat ons verklaar het dat dit sal wees nie. En kan ons die uitkoms, hoe dit ook al is, met blydskap uit die hand van die Here ontvang.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 31:8-14

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid bars uit in lof in die tweede deel van die Psalm oor God se troue liefde. Hy loof God dat Hy in die verlede nie onverskillig gestaan het teenoor sy ellende nie; dat hy telkens die bedreiginge van sy lewe raakgesien het en hom ‘n veilige staanplek teenoor die bedreiginge van sy vyande gegee het. Maar, dit is net die inleiding tot sy klag dat hy weer in die nood is en weereens God se ingrype soek. Dit gaan regtig sleg met hom. Sy oë gee in van verdriet. Sy liggaam teer uit van ellende. Hy voel soos iemand wat lankal dood en vergete is. Hy is soos ‘n ding wat daarbuite lê en vergaan. Die dreigemente hou net nie op nie. Sy vyande span van alle kante af saam en smee planne om sy lewe te neem.

Bid die Psalm

“Ek wil juig en bly wees oor u troue liefde, want U het my ellende gesien, U weet van al my benoudhede. U het my nie oorgegee in die mag van vyande nie, maar my ’n veilige staanplek gegee. Here, wees my genadig, want ek is in nood. My trane verdof my oë. My siel en liggaam kwyn weg. Ek sterf van verdriet; droefheid verkort my lewe. Ellende het my kragte uitgeput; ek kwyn weg van binne af. Al my vyande het my geminag, my bure het my verag, vir vriende was ek ’n verskrikking. Op straat draai hulle weg van my. Ek word vergeet asof ek dood is, soos ’n ding wat vergaan. Ek hoor baie fluisteringe oor my, en daar is angs van alle kante. My vyande span saam teen my; hulle maak planne om my dood te maak.” NLV

Boodskap en betekenis

Ons kan moed skep uit Dawid se roerende gebed dat hy “wegkwyn van binne af”, dat hy geword het soos ’n dooie, “’n ding wat vergaan.” Want, hy kan aan God vashou ten spyte van sy ellende, die lewensbedreiging, die vyande, sy nood, sy verdriet, sy kommer, sy swaarkry, en sy uitgeteerde liggaam. Ons kla baie keer eers voordat ons die Here loof, soos dit natuurlik ook talle kere in die Psalms gedoen word. Maar, soms is dit nodig om soos hier te begin by die lof – veral as dit regtig sleg gaan – en eers onsself te herinner aan wat God in die verlede gedoen het, voor ons ons klag in al sy detail voor die Here bring. Terwyl ons aan die Here bly vasklou.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar