Amos 9:11-15 – Die herstel van Israel

prayer-shawlUiteindelik sien Amos tog ‘n toekoms waarin die Here die lot van Israel sal verander, hoewel dit nie die huidige situasie van ‘n dreigende ballingskap sal kan omkeer nie.

Die boodskap van herstel vir Israel hou twee verwante komponente in:

  • Polities en godsdienstig: Jerusalem en Juda – “die vervalle hut van Dawid” – sal weer herbou word, hoewel ‘n mens steeds die band tussen God en die nasies – “oor wie my Naam uitgeroep is” – in dié belofte hoor – vers 11-12.
  • Ekologies en ekonomies: Die land sal weer sy opbrengs lewer, en dit in oorvloed. Die oeste sal as’t ware in mekaar se pad kom, so ‘n oorvloed sal daar wees. Die vorige oes sal nog nie volledig ingesamel wees nie, dan is die volgende oes daar! Die boere sal weer die vrug van hulle arbeid geniet in ‘n land waar daar vrede en rus sal heers – vers 13-15.

Boodskap

Die verlede speel altyd ‘n groot rol in jou Godsbewussyn. Daar is ‘n spesiale motiverende krag in die voorsiening van die Here in jou verlede. Dit gee hoop vir die hede en vertroue op dié dinge wat net God kan gee.

Maar God se voorsiening kom net volledig tot sy reg in ‘n verhouding met Hom. Dít was die probleem van Israel in die tyd van Amos. Hulle het geroem op wat God in die verlede vir hulle gedoen het, sonder om aandag te gee aan die verhouding met Hom in die hede. Daarom het die toekoms vir hulle donker geword, en is hulle uiteindelik weggevoer in ballingskap.

Die hoop wat Amos ná alles wel oorhou, is nie gegrond op Israel se status as Godsvolk, en uiteraard ook nie op hulle vermoë om God te gehoorsaam nie. Dit is slegs gegrond op God se besluit, sy voorneme om hulle nie heeltemal uit te roei nie, om ‘n oorblyfsel genadig te wees. Dit is die boodskap waarop ook die koms van die Messias gebaseer is, God se keuse om self verantwoordelikheid te neem om die toekoms vir dié wat in die Here Jesus glo, oop te sluit, ‘n boodskap waartoe Amos reeds in die 8ste eeu v.C. bygedra het.

Amos


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Ironies – Amo 9:4 ….. my bedoeling met hulle is om hulle kwaad aan te doen, nie om goed aan hulle te doen nie.
    Laat ons die teks ook in gedagte hou.
    Mense is so lief vir Jer 29:11 “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! “

    • Jy is reg. Alles gaan oor die konteks waarbinne die boodskap kom. Daarom dat ons ook die tekste saam moet lees binne ons gemeenskappe en hulle uitdagings, om só te kan onderskei waarheen die Here met ons lewens op pad is.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: