Skip to main content

Amos – Die Here brul uit Sion vir geregtigheid

prayer-shawlInleiding

Die boek Amos, tydgenoot van Jesaja, Jona, Miga en Hosea, volg derde in die ry van die Twaalf Kleiner Profete, waarskynlik om die wydverspreide problematiek van ongeregtigheid aan te roer, veral sosiaal-polities (verdrukking, uitbuiting, mensehandel, afpersing, mishandeling en uitbuiting van armes en weerloses tot eie voordeel, onsedelikheid, geweldadigheid – veral geweld teenoor vroue en kinders, verontregting en omkopery in die regstelsel, kontrakbreuk, ongebreidelde geldgierigheid) en geestelik-godsdienstig (sinkretistiese afgodediens, godsdiens sonder geregtigheid).

Amos roep ook die Noordelike tienstamme ryk op tot hereniging met die Suidelike tweestamme ryk van Juda, gemotiveer met die belofte van die herstelde Dawidiese koninkryk met Jerusalem as sentrum.

Amos was die eerste van die Skrifprofete en tree op in die tyd van koning Ussia van Juda, en Jerobeam II van Israel, twee jaar voor die aardbewing van 760 v.C (1:1 – dié datum is argeologies vasgestel, hoewel daar ‘n speling van ‘n dekade weerskante toegelaat word). Jy kan meer lees oor dié tyd in my vorige bydraes: 2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk en 2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here.

Ons weet min van Amos as persoon af, maar weet dat hy, volgens eie getuienis, nie ‘n profeet van beroep of deel van ‘n profeteskool was nie (7:14). Hy was ‘n veewagter – nie noodwendig ‘n skaapboer soos in die NAV vertaal word nie – uit Tekoa, suid van Jerusalem (1:1-2), en het ook omgesien na vyebome, ‘n seisoenswerk waarin vye geprik is om vinniger ryp te word (7:14). Dáár het die Here hierdie veewagter geroep om as profeet op te tree en veral die noordelike ryk aan te spreek (7:15), hoewel dit ook die nasies en Juda ingesluit het.

Sy boek begin met ‘n tekening van God as ‘n Leeu wat brul uit Sion: “Die HERE brul uit Sion, uit Jerusalem laat Hy sy stem hoor. Die weivelde van die herders verdroog, die top van Karmel verdor.” (Amos 1:2). Elkeen wat al ‘n leeu hoor brul het, sal weet hoe ver dit gehoor kan word, en hoe ‘n impak dit op die omgewing het. Alles raak stil as ‘n leeu brul. ‘n Leeu brul om sy heerskappy oor ‘n gebied aan te kondig en niemand is onder enige illusies dat ‘n leeu dit kan afdwing nie!

Dié metafoor is dus baie gepas vir Wie God is en dra die boodskap dat ‘n mens met Hom moet rekening hou. Die Here brul uit Sion en laat sy gramskap hoor oor dié wat Hom in hulle aanbidding versaak en daarby nie hulle naaste liefhet nie, maar onregverdiglik op allerhande maniere uitbuit.

Indeling

Die boek val uiteen in drie duidelik dele.

  • 1-2 – Die eerste twee hoofstukke bevat profesieë teen ‘n hele aantal van die omringende nasies (Arameërs [Damaskus – vandag Sirië], Filistyne [Gasa – vandag Palestynse gebied], Fenisiërs [Tirus – vandag in Lebanon], Edomiete [Teman, Bosra – vandag in Jordanië], Amonniete [Rabba – vandag deel van Jordanië], Moabiete [Kerijot – vandag deel van Jordanië]) sowel as teen Juda en Israel.
  • 3:1-9:10 – Die res van die hoofstukke is profesieë veral gemik teen die noordelike tienstamme ryk van Israel, met hulle hoofstad Samaria en die heiligdomme by Bet-El, Gilgal en Berseba, afgerond met vyf visioene in hfst. 7-9:10.
  • 9:11-15 – Die boek sluit af met ‘n heilsprofesie rondom die belofte van ‘n verenigde Dawidiese ryk wat Israel weer sal insluit in die herstelde Godsvolk.

Die hoofstukke gaan as volg ingedeel word vir ons leeswerk:

  • 1:1-2:16 – Die Here brul teen die nasies
  • 3:1 – 4:13 – Israel weet nie hoe om reg te doen nie
  • 5:1-6:14 – Vra na my wil, dan sal julle lewe
  • 7:1-17 – Drie gesigte van oordeel – sprinkane, vuur en ‘n swaard
  • 8:1-14 – Die oordeel van die vierde gesig van ‘n mandjie somervrugte
  • 9:1-10 – Die oordeel van die vyfde gesig van die Here by die altaar
  • 9:11-15 – Die herstel van Israel

Die laaste twee dele sal ons saam op die laaste dag van ons leeswerk uit hierdie profeet lees.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Amos


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…