Skip to main content

Tag: Wie is God?

Matteus 17:1-8 – Luister na Hom!

Laurel en Yanny

Ek wil hê julle moet na die volgende klankgreep luister en vir my sê wat julle hoor.

https://www.nytimes.com/interactive/2018/05/16/upshot/audio-clip-yanny-laurel-debate.html

Wie hoor laurel? Wie hoor yanny?

Speel ‘n bietjie rond met die frekwensie. Wat hoor julle as dit hoër gaan? En laer? Dit verander nê!?

Dit is die instrument wat die New York Times geskep het om die effek van frekwensies op jou gehoor te toets.

Vocabulary.com

Dit is weer na aanleiding van Katie Hetzel se navorsing wat verlede jaar opslae gemaak het. Sy het die woord laurel nagevors.

Toe sy na die uitspraak van die woord laurel op die Internet geluister by vocabulary.com het sy egter met ‘n skok agter gekom dat sy die uitspraak as yanny gehoor het.

Sy het dit vreemd gevind, haar maats gevra om daarna te luister, en só is ‘n meme gebore. Sommige hoor dit as laurel. Sommige as yanny. (https://www.wired.com/story/yanny-and-laurel-true-history/)

Wat geskryf is, tel

Die vraag is natuurlik, wie is reg?

Wie dink julle?

Wel, uiteindelik maak dit nie saak wat jy hoor nie, maar watter woord dit is. Die woord is steeds laurel, al hoor sommige daarin yanny. Vocabulary.com gaan nie die woord verander na yanny, omdat sommige mense sê, maar hulle hoor nie laurel nie, maar yanny. Nooit nie.

Hulle sal hoogstens die klankgreep verander, sodat dit duideliker is. Maar, die woord in hulle woordeskat sal steeds laurel bly. En daarom ook in ons woordeskat.

Dit is belangrik om dié punt te snap. Dit maak nie saak wat jy hoor nie. Dit is wat geskryf staan wat tel. Die woord is laurel. Dit sal laurel bly, al hoor jy iets anders.

Wat geskrywe staan, staan geskrywe

Dieselfde geld die Bybel. Jy kan nie die woorde in die Bybel verander, omdat jy dit anders hoor as iemand anders nie. Dit wat geskryf is in die Bybel is onveranderbaar.

Soos Jesus sê, die Skrif kan nie gebreek word nie (Joh 10:35). Soos Johannes sê in sy Openbaring, jy kan nie die woorde van die Skrif verander nie. Jy kan nie woorde wegneem of byvoeg by die Skrif nie (Openb 22:18-19).

Jy kan die Skrif ook nie anders interpreteer, net omdat jy dit anders hoor of anders daaroor voel nie, soos Petrus dit in een van sy briewe beklemtoon. Geen profesie in die Skrif is ‘n saak van eie uitlegging nie, sê hy. Jy kan nie maar jou eie opinies inlees in die Skrif nie. Jy moet die Skrif self leer verstaan en toepas in jou lewe (2 Pet 1:16-21).

Continue reading

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 18-20, die Heidelbergse Kategismus 35-36 en die Westminster Geloofsbelydenis 8. Wat leer jy van die Verlosser wat jy nodig het? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 18-20

Artikel 18

DIE MENSWORDING VAN JESUS CHRISTUS

Ons bely dat God die belofte aan die vaders deur die mond van die heilige profete inderdaad vervul het deur sy eie eniggebore en ewige Seun in die wêreld te stuur op die tyd deur Hom bepaal. Hy het die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem en aan die mens gelyk geword (Filp. 2:7) deur werklik ‘n egte menslike natuur, met al sy swakhede maar sonder sonde, aan te neem. Hy is in die liggaam van die geseënde maagd Maria deur die krag van die Heilige Gees en sonder die toedoen van ‘n man verwek. Hy het nie alleen wat die liggaam betref, die menslike natuur aangeneem nie maar ook ‘n egte menslike siel om so ‘n werklike mens te wees.

Want Hy moes sowel die siel as die liggaam aanneem om al twee te red, aangesien beide verlore was. Teenoor die kettery van die Wederdopers, wat ontken dat Christus die menslike vlees uit sy moeder aangeneem het, bely ons daarom dat Christus die vlees en bloed van die kinders deelagtig geword het (Heb. 2:14), dat Hy wat die vlees betref, ‘n nakomeling van Dawid is, as mens gebore is uit die geslag van Dawid (Hand. 2:30 en Rom. 1:3), ‘n vrug van die moederskoot van Maria (Luk. 1:42), gebore uit ‘n vrou (Gal. 4:4), ‘n spruit van Dawid (Jer. 33:15), ‘n loot uit die wortels van Isai (Jes. 11:1), van die geslag van Juda afstam (Heb. 7:14), uit die Jode as mens gebore (Rom. 9:5), uit die geslag van Abraham, aangesien Hy die geslag van Abraham aangeneem het en in alle opsigte – maar sonder sonde – aan sy broers gelyk geword het (Heb. 2:17 en Heb. 4:15). Ons bely inderdaad dat Hy waarlik ons Emmanuel is, dit wil sê: God met ons (Matt. 1:23).

Filp. 2:7; 1 Tim. 3:16; Luk. 1:55; Gen. 26:4; 2 Sam. 7:12; Ps. 132:11; Hand. 13:23; 1 Tim. 2:5; 1 Kor. 12:3; Deut. 29:2; Ps. 119:34; Rom. 7:19; Jer. 33:15; Heb. 7:14; Rom. 9:5; Gal. 3:16; Heb. 2:16; Matt. 1:16.

Artikel 19

DIE TWEE NATURE VAN CHRISTUS

Ons glo dat deur hierdie ontvangenis die Persoon van die Seun onafskeidelik met die menslike natuur verenig en verbind is; dat daar dus nie twee Seuns van God of twee persone is nie maar twee nature in een Persoon verenig, terwyl elke natuur nogtans sy onderskeie eienskappe behou. Net soos die Goddelike natuur altyd ongeskape gebly het, sonder begin van dae of lewenseinde (Heb. 7:3) en hemel en aarde vervul, só het ook die menslike natuur sy eienskappe nie verloor nie; dit het skepsel gebly, wat wel ‘n begin van dae het, eindig van natuur is en alles behou wat by ‘n ware liggaam behoort.

Hoewel Hy daaraan deur sy opstanding onsterflikheid gegee het, het Hy die egtheid van sy menslike natuur nie verander nie, omdat ons saligheid en ons opstanding ook van die egtheid van sy liggaam afhanklik is. Hierdie twee nature is só saam in een Persoon verenig dat hulle selfs deur sy dood nie van mekaar geskei was nie.

Dit wat Hy by sy sterwe in die hande van sy Vader oorgegee het, was dus ‘n ware menslike gees wat uit sy liggaam uitgegaan het. Die Goddelike natuur het in die tussentyd steeds met die menslike natuur verenig gebly, ook toe Hy in die graf gelê het. Die Godheid het nie opgehou om in Hom te wees nie; dit was in Hom toe Hy ‘n klein kindjie was, al het die Godheid Hom toe ‘n kort tydjie nie geopenbaar nie. Ons bely daarom dat Hy ware God en ware mens is: ware God om deur sy krag die dood te oorwin, maar ook ware mens om deur die swakheid van sy vlees vir ons te kon sterwe.

Matt. 28:20; Joh. 10:13; Ef. 4:8, 12; Heb. 7:3; Matt. 26:11; Hand. 1:11; 3:21; Luk. 24:39; Joh. 20:25; Hand. 1:3; Matt. 27:50.

Artikel 20

GOD SE REGVERDIGHEID EN BARMHARTIGHEID IN CHRISTUS

Ons gee dat God, wat volkome barmhartig en regverdig is, sy Seun gestuur het om die natuur waarin die ongehoorsaamheid begaan is, aan te neem. Hy moes in die menslike natuur aan die geregtigheid voldoen en die straf vir die sondes deur sy allerbitterste lyding en sterwe dra. So het God sy regverdigheid teenoor sy Seun betoon toe Hy ons sondelas op Hom gelê het, en só sy goedheid en barmhartigheid uitgestort oor ons, wat skuldig was en die ewige vervloeking verdien het. Hy het immers sy Seun deur die mees volmaakte liefde vir ons in die dood gegee, en Hy het Hom tot ons regverdiging opgewek, sodat ons deur Hom die onsterflikheid en die ewige lewe kan hê.

Heb. 2:14; Rom. 8:3, 32; 4:25.

Heidelbergse Kategismus 35-36

35 Vraag: Wat beteken: wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria?

Antwoord: Dat die ewige Seun van God, wat ware en ewige God is (a) en bly (b), die ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria (c) deur die werking van die Heilige Gees aangeneem het (d). So is Hy tegelykertyd die ware nakomeling van Dawid (e), in alles aan sy broers gelyk (f), behalwe die sonde (g).

(a) 1 Joh 5:20; Joh l:l; 17:3; Rom 1:3, Kol 1:15. (b) Rom 9:5. (c) Gal 4:4; Luk 1:31, 42, 43. (d) Matt 1:20; Luk 1:35. (e) Rom 1:3; Ps 132:11; 2 Sam 7:12; Luk 1:32; Hand 2:30. (f) Fil 2:7; Heb 2:14, 17. (g) Heb 4:15.

36 Vraag: Watter nut verkry jy uit die heilige ontvangenis en geboorte van Christus?

Antwoord: Dat Hy ons Middelaar is (a), en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor God bedek (b).

(a) Heb 7:26, 27. (b) 1 Pet 1:18, 19; 3:18; 1 Kor 1:30, 31; Rom 8:3, 4; Jes 53:11; Ps 32:1.

Westminster Geloofsbelydenis 8

Chapter 8

Christ the Mediator

1. In his eternal purpose it pleased God to choose and ordain the Lord Jesus, his only begotten Son, to be the mediator between God and man.1 Jesus is the prophet,2 priest,3 and king,4 the head and savior of his church,5 the heir of all things,6 and judge of the world.7 From all eternity God gave him a people to be his seed8 and to be in time redeemed, called, justified, sanctified, and glorified by him.9

1. Is 42.1, 1 Pt 1.19-20, Jn 3.16, 1 Tm 2.5.

2. Acts 3.20-22, Dt 18.15.

3. Heb 5.5-6.

4. Ps 2.6, Lk 1.33, Is 9.6-7.

5. Eph 5.23.

6. Heb 1.2.

7. Acts 17.31, 2 Cor 5.10.

8. Jn 17.6, Ps 22.30, Is 53.10, Eph 1.4, Jn 6.37,39.

9. 1 Tm 2.5-6, Is 55.4-5, 1 Cor 1.30, Mk 10.45, Rom 8.30.

2. The Son of God, the second person of the Trinity, is truly the eternal God, of one substance and equal with the Father. In the fullness of time he took on himself the nature of man,10 with all the essential qualities and ordinary frailties of man—except that he was sinless.11 Jesus was conceived by the power of the Holy Spirit in the womb of the Virgin Mary out of her substance.12 These two complete, perfect, and distinct natures, the Godhead and the manhood, were inseparably joined together in the one person of Jesus without being altered, disunited or jumbled.13 The person Jesus is truly God and truly man, yet one Christ, the only mediator between God and man.14

10. Jn 1.1,14, 1 Jn 5.20, Phil 2.6, Gal 4.4, Heb 2.14.

11. Heb 2.14, 16-17, 4.15.

12. Lk 1.27,31,35, Gal 4.4, see under figure 10 above.

13. Lk 1.35, Col 2.9, Rom 9.5, 1 Pt 3.18, 1 Tm 3.16, Mt 16.16, see under figure 12 above.

14. Rom 1.3-4, 1 Tm 2.5.

3. His human nature being thus united to the divine, the Lord Jesus was sanctified and anointed with the Holy Spirit beyond all measure.15 He had in him all the treasures of wisdom and knowledge,16 and in him it pleased the Father that all fullness should dwell.17 God’s purpose was that Jesus, being holy, harmless, undefiled, and full of grace and truth, should be completely equipped to execute the office of mediator and guarantor.18 Jesus did not take this office himself but was called to it by his Father,19 who gave and commanded him to use all power and judgment.20

15. Ps 45.7, Jn 3.34, Lk 4.18-19, 21, Acts 10.38, Heb 1.8-9.

16. Col 2.3.

17. Col 1.19.

18. Heb 7.26, Jn 1.14, Acts 10.38, Heb 12.24, 7.22, Lk 4.18-21.

19. Heb 5.4-5.

20. Jn 5.22,27, Mt 28.18, Acts 2.36.

4. The Lord Jesus undertook this office completely voluntarily.21 In order to discharge it, he was made under22 and perfectly fulfilled the law.23 He endured extremely severe torment in his soul24 and extremely painful suffering in his body.25 He was crucified and died.26 He was buried and remained under the power of death, but his body did not decay.27 On the third day he arose from the dead28 with the same body in which he suffered29 and with which he also ascended into heaven. There he sits at the right hand of his Father,30 interceding for believers.31 He will return to judge men and angels at the end of the world.32

21. Ps 40.7-8, Heb 10.5-10, Jn 10.18, Phil 2.5-8, Jn 4.34.

22. Gal 4.4.

23. Mt 3.15, 5.17, Jn 17.4.

24. Mt 26.37-38, Lk 22.44, Mt 27.46.

25. Mt 26 and 27.

26. Phil 2.8.

27. Acts 2.23-24, 27, Acts 13.37, Rom 6.9, Mt 27.60.

28. 1 Cor 15.3-4.

29. Jn 20.25,27.

30. Mk 16.19, Lk 24.50-51, Acts 1.9, 2.33-36, 1 Pt 3.22, Rom 8.34.

31. Rom 8.34, Heb 9.24, 7.25.

32. Rom 14.9-10, Acts 1.11, 10.42, Mt 13.40-42, Jude 6, 2 Pt 2.4, Mt 16.27, 25.31-33, 2 Tm 4.1, Jn 5.28-29.

5. By his perfect obedience and sacrifice, offered up to God once and for all through the eternal Spirit, the Lord Jesus has completely satisfied the justice of his Father33 and purchased not only reconciliation but also an everlasting inheritance in the kingdom of heaven for everyone whom the Father has given to him.34

33. Rom 5.19, Heb 9.14,16, 10.14, Eph 5.2, Rom 3.25-26.

34. Dn 9.24,26, Col 1.19-20, Eph 1.11,14, Jn 17.2, Heb 9.12,15, Rom 5.10-11, 2 Cor 5.18,20.

6. Although the work of redemption was not actually done by Christ until after his incarnation, yet the power, effectiveness, and benefits of it were given to the elect in all ages from the beginning of the world by means of those promises, types, and sacrifices which revealed him and indicated that he would be the seed of the woman, would bruise the serpent’s head, and was the lamb slain from the beginning of the world. Jesus Christ is yesterday and today and forever the same.35

35. Gal 4.4-5, Gn 3.15, Rv 13.8, Heb 13.8; see citations under Chapter 7, Section 5, figures 9 and 10.

7. In the work of mediation Christ acts according to both his natures, each nature doing what is proper to each.36 However, because of the unity of his person Scripture sometimes attributes what is proper to one nature to the person indicated by the other nature.37

36. Heb 9.14, 1 Pt 3.18, Jn 10.17-18.

37. Acts 20.28, Jn 3.13, 1 Jn 3.16.

8. Christ insures with absolute certainty that everyone for whom he purchased redemption actually accepts and receives it.38 He makes intercession for them,39 reveals the mysteries of salvation to them in and by the word,40 and effectively persuades them to believe and obey by his Spirit. He governs their hearts by his word and Spirit41 and overcomes all their enemies by his almighty power and wisdom in such ways as are most in agreement with his wonderful and unknowable administration of things.42

38. Jn 6.37,39, 10.15-16,27-28.

39. 1 Jn 2.1-2, Rom 8.34.

40. Jn 15.13,15, Eph 1.7-9, Jn 17.6, Gal 1.11-12.

41. Jn 14.16, Heb 12.2, 2 Cor 4.13, Rom 8.9,14, 15.18-19, Jn 17.17, Ti 3.4-5.

42. Ps 110.1, 1 Cor 15.25-26, Mal 4.2-3, Col 2.15, Lk 10.19.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee van watter Verlosser jy nodig het.

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8

Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe! (NLV)

1. Paulus fokus hier op Jesus se prysgawe van sy Goddelikheid en sy vernedering as mens tot met sy gehoorsaamheid in die kruisdood. Hoe laat hierdie geweldige gawe jou voel oor Hom?

2. Jesus gee nie net sy Goddelikheid prys nie, maar gebruik sy posisie as God tot voordeel van die mensdom en ook die skepping. Wat sê dit vir jou van ons eie rol as navolgers van Jesus?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die voordeel wat jy uit Jesus se prysgawe geput het. Loof Hom daarvoor deur Hom na te volg in jou eie konteks.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Filippense 2 sowel as my bydrae daaroor: Filippense 2:5-30 – Jesus se selfontlediging inspireer ons as ligdraers in die wêreld.

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18

Die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid. Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hy is die Een wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Hy wat ná my kom, het reeds voor my bestaan omdat Hy groter is as ek.’” Uit sy volheid het ons almal ’n oorvloed genade ontvang. Die wet is deur middel van Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom. Niemand het God nog ooit gesien nie. Sy enigste Seun wat self ook God en baie na aan die Vader is, het Hom aan ons kom bekendmaak. (NLV)

1. Jesus se menswording word met twee frases beskrywe wat baie betekenisvol is, Hy het mens (vlees) geword en by ons kom woon (tent opgeslaan) onder ons.  Dit beteken dat Hy volledig mens geword het, ons sondige vlees aangetrek het, en ’n menslike bestaan aanvaar het.  En let op dat dit iets is wat van hierdie punt af deel van Sy goddelike bestaan geword het.  Dit is nie iets wat Hy ooit weer gaan uittrek nie.  Hy IS nou ook mens. Hoe laat dit jou voel?

2. Die wonder is dat ons nou die heerlikheid van God kan sien in ’n gewone mens.  En ons sien spesifiek sy genade en sy waarheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het.  Sy genade loop oor in die tekens van voorsiening (water in wyn, vermeerdering van brood) en verwondering (loop op water); genesing (siek seun, siek man, en blinde man) en oorwinning (opwekking uit die dood).  Dit nooi ons uit om Hom te vertrou vir ons lewe.  Sy waarheid word ervaar in ’n verhouding met God, iets wat die wet van Moses nooit kon gee nie. Ons kan God in Hom raaksien – iets wat Moses begeer het, maar nooit voluit kon beleef nie (vgl 1 Kor 3). Wat beteken dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die genade en waarheid in Jesus wat nou ook jou deel is.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Johannes 1 sowel as my bydrae daaroor: Johannes 1:1–18 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop.

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6

’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. Vanaf die troon waarop sy voorouer Dawid gesit het, sal Hy vir altyd regverdig en reg regeer. Die toewyding van die Here, die Almagtige, sal dit waarborg. (NLV)

1. Jesaja beskryf die Messias met koninklike titels. Dit is duidelik dat die uitstaande kenmerke daarvan Goddelik van aard sal wees. Dink na oor elkeen en eien die betekenis daarvan vir jou toe.

2. Die Messias sal die Dawidsryk herstel. Maar, anders as Dawid wat bekend was vir sy militêre optrede, sal die Messias vrede en voorspoed bring, en dit vir altyd. Hoe sien ons dit vervul in die Here Jesus Christus?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat hierdie Messias sy koninkryk vestig en dat dit voortdurend uitbrei. Dit sal nooit ophou nie. Die Almagtige waarborg dit.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jesaja 9 en my bydrae daaroor: Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel?

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…