Skip to main content

Tag: Wie is God?

Vraag 22: Hoe kan jy verlos word?

1.  Hoe kan jy verlos word? Wat moet jy weet, en wat moet jy glo, om seker te wees dat jy verlos is?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.

3. Lees die verhaal van Jesus in gesprek met Nikodemus in Johannes 3:1-21. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap hiervan. Oordink dit.

Nikodemus het een nag met Jesus gesels. Hy kon sien God is met Jesus. Jesus het hom verseker dat ’n mens van bo gebore moet word om die koninkryk van God te kan sien. Nikodemus het nie verstaan nie. Jesus verduidelik toe dat ’n mens twee keer gebore moet word. Die eerste keer is ’n menslike geboorte. Die tweede keer is van bo af, deur die Gees. Toe Nikodemus nog nie verstaan nie, sê Jesus: “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” God verlos mense deur Jesus.

5. Die Heidelbergse Kategismus 2 spel drie dinge uit wat jy moet weet om die troos van hierdie verlossing te kan glo en omhels:

“Vraag 2: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Antwoord: Drie dinge (a): Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is (b); ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word (c) en ten derde hoe ek God vir so ‘n verlossing dankbaar moet wees (d).”

Watter sekerheid gee dié drie dinge vir jou?

Tien woorde van Troos

Wat troos jou?

Ek onthou toe ek vier jaar oud was, het ek een die nag van my bed afgeval. Dit was donker. Ek was bang. En ek het geroep. My ma het gekom. Interessant nie my lig aangesit nie. My opgetel, my terug gesit in die bed, en ‘n tydjie daar gesit. Tot ek rustig was en weer aan die slaap geraak het. Sy het dit reggekry om my te troos.

Ek onthou toe ek 25 jaar oud was, was ek op ‘n toer saam met ‘n paar klasmaats. Dit was 1983 en ons wou agter kom wat gaan in ons land aan. Ons het by ‘n paar universiteite gesels met mense wat deel was van die struggle. ‘n ANC aktivis in Durban. Beyers Naudé in huisarres. Frank Chikane by die SARK se kantore.

Toe was ons op pad om in Mamelodi te oornag. Vreemde omgewing. Met ‘n motor waarvan die brieke skielik vasslaan toe ons by ‘n vulstasie stop. ‘n Peugeot 504. Onbeweeglik. Ons is gestrand. Dit is die dae voor selfone. Niemand weet wat ons moet doen nie.

Ek bel my pa. Met sy luister en raad gee, het my gekalmeer. Dit het vir my gevoel asof hy enigiets sou los om daar by my te wees, al was ek meer as ‘n duisend kilometer van hom af. Dit het my getroos.

Ons het ons kontak in Mamelodi gebel om twee van ons studente te kom haal, Johan en Bobbie. Ek en die ander student, Gert, ons klaskaptein, het die nag in die motor deurgebring by die insleepdiens. Die volgende dag is die motor reggemaak en kon ons voortgaan en een van die mees leersame ervarings van my studente dae voltooi.

Wat troos jou in die dood?

Maar, hierdie verhale is almal verhale van troos in en vir hierdie lewe. Vir die onsekerheid van ‘n vierjarige. Vir die onervarendheid van ‘n 25 jarige. En jy sou jou eie verhale daaroor kon vertel.

Wat is egter jou troos as jy sou sterwe? As jy sou doodgaan? Skielik. Of langsaam.

Wie is dan daar om jou hand te vat? Wie is daar om jou te troos? ‘n Troos wat nie net vir hierdie lewe tel nie. Maar wat jou deur die dood kan vat, ‘n troos wat vir ewig kan hou?

Continue reading

Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus 1 & 31, en die Dordtse Leerreëls 1.1.2-4. Wat leer jy oor jou enigste troos in lewe en sterwe? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Heidelbergse Kategismus 1

Vraag: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe (a) nie aan myself (b) nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort (c). Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal (d) en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos (e). Hy bewaar (f) my op so ‘n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie (g). Alles moet inderdaad tot my saligheid dien (h). Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe (i) en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe (k).

(a) Rom 14:8. (b) 1 Kor 6:19. (c) 1 Kor 3:22; Tit 2:14: (d) 1 Pet 1:18, 19;1 Joh 1:7; 2:2, 12. (e) Heb 2:14;1 Joh 3:8; Joh 8:34-36. (f) Joh 6:39; 10:28; 2 Tess 3:3; 1 Pet 1:5. (g) Matt 10:30; Luk 21:18. (h) Rom 8:28. (i) 2 Kor 1:22; 5:5; Ef 1:14; Rom 8:16. (k) Rom 8:14;1 Joh 3:3.

Heidelbergse Kategismus 31

Vraag: Waarom word Hy Christus, wat Gesalfde beteken, genoem?

Antwoord: Omdat Hy deur God die Vader bestem en aangestel en met die Heilige Gees gesalf is (a) tot ons hoogste Profeet en Leraar (b), wat aan ons die verborge raad en wil van God aangaande ons verlossing ten volle bekend gemaak het (c); tot ons enigste Hoëpriester (d), wat ons met die enige offer van sy liggaam verlos het (e) en met sy voorbidding gedurigdeur by die Vader vir ons intree (f); tot ons ewige Koning, wat ons met sy Woord en Gees regeer en ons by die verlossing wat verwerf is, beskerm en bewaar (g).

(a) Ps 45:8; Heb 1:9; Jes 61:1; Luk 4:18. (b) Deut 18:15; Hand 3:22; 7:37; Jes 55:4. (c) Joh 1:18; 15:15. (d) Ps 110:4. (e) Heb 10:12, 14; 9:12, 14, 28. (f) Rom 8:34; Heb 9:24; 1 Joh 2:1; Rom 5:9, l0. (g) Ps 2:6; Sag 9:9; Matt 1:5; Luk l:33; Matt 28:18; Joh 10:28 Op 12:10, 11.

Dordtse Leerreëls 1.1.1-4

Hoofstuk 1: GODDELIKE UITVERKIESING EN VERWERPING

1. Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Rom 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23).

2. Die liefde van God is egter hierin geopenbaar dat Hy sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (1 Joh 4:9; Joh 3:16).

3. Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde, want: Hoe kan hulle in Hom glo van Wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom 10:14,15).

4. Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met ‘n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16).

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor jou enigste troos in lewe en sterwe.

Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14

Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. Ondertussen sien ons daarna uit dat die wonderlike hoop wat ons koester, ’n werklikheid sal word en dat die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, sigbaar sal word. Hy het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde sodat ons sy volk kan wees wat net aan Hom behoort, entoesiasties om die goeie te doen. (NLV)

1. God se genade/goedheid is bedoel vir ons verlossing.  Dit voed ons op om twee goed af te lê: die goddelose leefstyl van hierdie wêreld en die begeertes wat vir die wêreld belangrik is. Wat sê Paulus hier vir jou oor jou eie leefstyl en begeertes?

2.God se genade voed ons ook op om drie goed op te neem: om selfbeheers (gebalanseerd), regverdig (volgens God se wil) en vroom (toegewyd aan Hom) te leef. Dit is die drie basiese gedragspatrone van kinders van die Here: teenoor onsself, teenoor ander, en teenoor God. Wat wil die Here vir jou hierdeur prakties leer?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jy in die leerskool van Christus is. Hy koop ons nie net los van die sondes nie, maar reinig ons van alle sonde, sodat ons kan leef soos God dit wil.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Titus 2 sowel as my bydrae daaroor: Titus 2:1-15 – Gesonde leer.

Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21

Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (NLV)

1. Paulus sit in die tronk met die skryf van hierdie brief. Een passie dryf hom, om in alles die Here alleen te verheerlik. Hy wil nooit enigiets doen waaroor hy hom sal hoef te skaam voor God nie. Hoe help dit jou om anders oor jou eie uitdagings en geloofstryd te dink?

2. Paulus kan die onsekerheid van sy omstandighede – of hy bly leef en of hy moet sterf – hanteer, omdat die lewe vir hom Christus is, net soos wat die sterwe vir hom Christus is. Sterwe is dus wins. Hoe kan jy dit self meer en meer regkry?  

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat die Here Jesus Christus die sentrum van jou lewe en daarmee ook van jou sterwe is.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Filippense 1 sowel as my bydrae daaroor: Filippense 1:12-2:4 – Wees eensgesind na buite en na binne.

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…